Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 57] [p. 57] Die veldwindje. O, hoor die gesang van die eeuwe op hul gang, o'er die rande se hang kom 't geswewe, o'er die veld ver en vaal op die windje wat dwaal, onbestem, onbepaal, - suggies deurwewe. Sonder stuur, sonder toom, middag-louw, middag-loom...... So's die skim van 'n droom - sterwe noch lewe......... Vorige Volgende