Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 61] [p. 61] More-mal. O, hoor, kom hoor hoe 'n jonkvrouw flus v'r mij uit mij sluimer het wakker gekus! O'er mij vensterbank het sij binne geklim, en haar hare was los in die more se glim. Van blouwe kristal was die kelk in haar hand en sij skink 't so vol dat 't bruis o'er die rand, die drank daarin so's die goud wat leef, wat die more-son deur die wolkies weef. Uit rose-fijn vingertjes neem ik 't aan, en net in éen teug is 't na binne geslaan; en ik hoor so 'n laggie als tintel-kristal, so's 'n watertje klink wat deur klippertjes val. En kijk, in 'n wip is sij o'er mij gebuk met haar douw-frisse lippe op mijne gedruk! Ik lê nog verbluf, sonder woord of geluid, toen sweef sij meteens bij die venster weer uit! Ik is op en na buite met spoed met spoed! en die more se drank woel so's vuur in mij bloed. Gee pad vandag v'r Kerdoes en v'r mij: net jaag-gelop, jaag-gelop wil ons rij; laat praat wie wil en laat keer wie kan ‘Kerdoes ou maat, wat sê j' daarvan’? [pagina 62] [p. 62] En ik gee hem 'n raps met die plat van die hand waar hij staat en van ongeduld klouw in die sand; en hij gooi met sij kop om te sê: ‘ja, ja!’ van ergernis vol dat die baas nog vra. Ik is op in die sa'el met 'n spring en 'n swaai, en ons gaan aan die haal dat die klonte so waai. ‘Die basie, die basie,’ sê outata Bop, en hij keer v'r die polle wat waai om sij kop. Die more se bode, die nooi van mij droom, is mij voor naar die Wes', o'er die vlakte se soom, o'er die leegte se vaal, o'er die krom van die bult, waar haar kleed met sij sleepsel die gras het verguld. ‘Kerdoessie bedaar, d'is te vinnig ou maat, hul roep al vervas dat ons wereld uit gaat. Maar wag, daar rij Gert, wat op Nooitgedag vrij; kom ons wijs hem vandag, kom ons druk hem verbij! Ai Gertje, haal uit nou ou Kolbooi se staal,’ - en ik gee die ou perd o'er sij boude 'n haal - ‘al praat jij so baing wat ou Kolbooi kan doen ik gee Sannie van more voor jou nog 'n soen.’ Op die raps gee ou Kolbooi 'n bokspring naar voor dat Gertje so amper sij sitplek verloor. ‘Maaifoelie,’ skree Gert, en sij hoed druk hij vas, en ‘doef’ gaan sij hakke op Kolbooi se bas. [pagina 63] [p. 63] Deur stowwe wat dwarrel en kluite wat spat hoor j' net hoe dit klipper-de-klap o'er die pad; die wind suis verbij en mij hoed is verloor, maar Kolbooi blij agter en Doessie blij voor! ‘Dag Gertje, ou maat, julle asem is koud,’ en ik sien hem verdwijn in die stowwe se goud, ‘Kerdoes ik wil sien wie v'r ons twee kan vang,’ - en hij snuif nog vol moed, en hij skud met sij stang. Bij die plaas kijk tant' Betta en oom o'er die deur, en van verre al lok mij die koffie se geur. Dat ik Sannie wou soen was maar korswil van mij, want geen noitje so trouw aan haar vrijer als sij. Maar ik word als gedrijf tot 'n streek of 'n grap, en daar gee ik ou tanta 'n soen dat dit klap! Oom Kotie en Sannie bars uit van die lach, en tant' Bet wil mij vang en skree: ‘vagebond, wag!’ Ik is op weer, en weg, en 'n lach is mij groet, so's 'n wilde basuinstoot omstuimig van moed, want die lug van die more stroom vol in mij bors - naar vrijheid en blijheid onlesbaar mij dors! Vorige Volgende