Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 44] [p. 44] Brand-vrij? (Histories.) Ik sê, v'r mij is dit ook mooi als kinders leersaam is en soet. Maar toen nou eendag onse skool meteens vergaat in vlam en gloed, was menig knapie regtig blij, - geloof v'r mij. ‘Maar ach, wat help dit,’ roep daar een ‘die meester is nie saam verbrand, en net-nou staat daar, kant-en-klaar een nieuwe skool weer in die land.’ En regtig rijs toen weer 'n gebouw, - ach, al te gouw! Van dorp en plaas kom mense aan, daar's groot geloop en groot gerij, jij siet net swart-manel en kijl, - die nieuwe skool word ingewij. Ge-eet word daar, gepreek, gepraat, - tot 's middags laat. [pagina 45] [p. 45] Maar wat ik daarvan wou vertel is hoe toen daar 'n groot meneer v'r ons 'n aanspraak het gemaak, - - hij was bo almal slim geleer -; 'k onthou sij spiets, al was ik nog - 'n kleine bog. Sij hand tik so sij voorkop aan terwijl hij sê: ‘kijk, leer van mij, wat julle hierso het geberg gaat bowe aardse stof en klei, is te'en roof en vuur bestand, - kan nooit verbrand.’ Nie lang daarna, daar hoor ons dat die goeie man op sterwe leg, die wijse mond v'r altijd toe, die krag v'r staat en mensdom weg, en uitgebrand die rijke brein - met brandewijn! Vorige Volgende