Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 39] [p. 39] Afrikaner-troos. (Histories.) So eenkeer elke sestien jaar kom daar 'n tijd, jul weet dit wel, dat al die sterre, hot en haar, so's vuurwerk deur die hemel snel. So was ik eenkeer op die pad, - d'is lange jare al verbij, - ik kom die a'end op Seekoegat, Daar gee hul toen 'n bed v'r mij. En kijk, daar kom toen in die nag so 'n sterre-re'en op ons neer; geen mens had aan so wat gedag, - en dat 't erg was kan ik sweer; die hele huis raak in rumoer, die honde blaf, die hoenders kraai; maar, moeg van heeldag rij en roer, slaap ik so deur die heel lawaai; [pagina 40] [p. 40] daar voel ik iemand stoot mij aan, ik roep: ‘wie's daar,’ en draai mij kop, die goeie tante sien ik staan, en saggies sê sij: ‘neef, staat op.’ Ik sien sij lijk so bleek en naar, dus vra ik gou: ‘wat skort d'r aan?’ Sij sê: ‘die laaste dag is daar, en netnou sal die wer'ld vergaan; kom sit bij ons daar binne nou, - Ach, neef, hoe kan j'aan slaap nog denk? Die tijd is kort, kom laat ik jou tog eers 'n koppie koffie skenk!’ Vorige Volgende