Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 37] [p. 37] Trouw. Ter gedagtenis aan - Ik hou van 'n man wat sij man kan staan; ik hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan, 'n oog wat nie wijk, wat 'n bars kan kijk en 'n wil wat so vas so's 'n klipsteen staan! vas so's 'n berg van grouw graniet op vaderlands-grond, sij hartsgebied, aan haar getrouw so's aan kind en vrouw, en wat in haar eere ook sijne siet. Ik hou van 'n man wat sij moeder eer in die taal uit haar vrome mond geleer, en die bastergeslag in sij siel verag wat, haar verstotend, hulself kleineer. Die oog wil ik sien wat 'n traan nog ween v'r 'n helde-geslag, in hul rus daarheen, maar 'n blits van trouw in die traan van rouw, wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen. [pagina 38] [p. 38] V'r mij d'Afrikaner van durf en daad wat Mammons eer en loon versmaad, sij hoofd en sij hand v'r sij volk en sij land en 'n trap van sij voet v'r laag verraad! O, ik hou van 'n man wat sij man kan staan; ik hou van 'n daad wat so's donder slaan, 'n oog wat nie wijk wat 'n bars kan kijk, en 'n wil wat so vas so's 'n klipsteen staan! Vorige Volgende