Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 36] [p. 36] Bloeimaand. Daar's 'n roering van ontwake in die aardes moeder-skoot, wonderwerkend opgestege in elk dro'e stam en loot. Elke twijgie van die vije dra 'n pluimpie in die son, - vreugde-kersies aangestoke nou herlewings feest begon. En in duisend duisendtalle kom daar bruidjes, fijn en mooi, - uit die dorre hout gebore, ha'elblank en rose-rooi. Elke tuin het hul verower - voorjaars-vreug moet o'eral weer - elke hartje vol van liefde, elke boom 'n bruilofs-fees. Dwelmend dwaal in louwe geure jonge lewes drang en gloed om herskeppend weer te gewe lewe uit lewes owervloed. Vorige Volgende