Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 34] [p. 34] Sauvabelin. (bij Lausanne). In die bosse woon die Here deur die blare ruis Sij stem. O, was mijn die guns en eere met uw Samuel sou ik fluister: ‘Vader spreek, Uw dienstkneg luister, openbaar Uw boodskap hem.’ Maar mij kleinte is verlore in die donk're suile-skaar, slegs 'n weerklank tref mij oore, van 'n vo'ellied van verre, van 'n krekelsang verbêre, - en ik kan nie sê van waar. Nogtans, Vader, voel ik veilig in Uw tempel waar ik dwaal, of in sonnestraal geheilig ook 'n stil belofte daal dat die stem van d' stil gewete en die traan om plig vergete Uw genades guns behaal. [pagina 35] [p. 35] Dwalend wag ik in vertrouwe, en die boodskap mij ontseg baar mij siele vrees noch rouwe op mij wond're lewensweg. Gaarn' ontvlug ik hier die skare waar als onder dorre blare mense-eer begrawe leg; waar die tempel-welwe bowe nog die wierook-walm onthou en die altaar, tans gedowe, van der vaad're vroomheids-trouw, toen hul hier deemoedig nader aan Uw troon getree het, Vader, so-als ik, aanbiddend, nou. Vorige Volgende