Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 32] [p. 32] Ons twee. Dit was 'n dag in bloeimaand blij toen ik jou sag en jij v'r mij; en kijk, alsof v'r kwaad bedug het onse oo'e mekaar ontvlug; maar toen ik opkijk nog 'n keer vang ik jou oog in mijne weer! O' skone dag in bloeimaand blij toen ik jou sag en jij v'r mij! Dit was 'n klare somernag, die sterre bó in stille prag, en of alom in tower-taal geheime deur die lower dwaal, toen ik gewaar 'n kleine hand meteens in mijne was beland! Hoe het hul so mekaar gekrij, had ik die skuld, of was 't jij?! Dit was 'n huisie klein en skoon, O, ver van grootheids weg en woon, die dak was laag, die dis was skraal, die duitjes min en suur behaal; maar ons pondokkie was paleis en onse korsie koningspijs, want wie d'r ook gebrek mog lij, ik had v'r jou en jij v'r mij! [pagina 33] [p. 33] Dit was 'n dag van skeiding wreed, ‘Te pêrd, te wapen’ was die kreet, maar bij die stille weemoeds-traan het in jou oog die woord gestaan: ‘sal liefde krag en kroon behou,’ ‘paar manne-moed aan manne-trouw!’ En veld nog see'e kon ons skei want ik had jou en jij had mij! Dit was die bose in lig-gewaad, dit was verleidings soete raad: ‘die skat en skoonheid wat ik bied' is onbewaak, geniet! geniet!’ Maar ons had skat van groter prijs en het hem saam die deur gewijs, tevree met wat ons had gekrij: net ik v'r jou en jij v'r mij! Dit was 'n woordje met 'n punt - geplaagde luim se kleine munt - so gouw gelos deur die wat weet: ach, netnou is 't weer vergeet! Geen wolkie wat ons hemel dek of onse son het hem gewek, O, onse son wat altijd blij, want ik het jou en jij het mij! Vorige Volgende