Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 28] [p. 28] Wondere. Met klein Koos Blaasop had ik laas' 'n woordestrijd: O'er wondere het ons so gepraat, en Kosie sê: ‘die kuns, ou maat, het ons liew'n Heer glad afgeleer; en alles gaat nou dood-gewoon in onse tijd; die praatjes kom maar almal neer op ja en nee; maar kom en wijs nou eers v'r mijn die water wat daar word tot wijn; dat dit gewis 'n wonder is sal ik die eerste en beste wees om toe te gee!’ ‘Nou vrind,’ seg ik, ‘lê mij dan uit die wonderkrag wat grond en water same breng en in haar aarde vat dit meng [pagina 29] [p. 29] met sonneskijn tot druif en wijn; Is hierdie wonder minder groot, als 'k vrage mag? So is ons doof en blind v'r wat die Heer ons toon; so's kinders sien ons Sij Natuur, en gou-gou bind ons, dom-sekuur, aan jaar of dag Sij wet en mag en duisend wond're wat ons sien word...... ‘dood-gewoon.’ Vorige Volgende