Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 21] [p. 21] Die vlakte. Ik slaap in die rus van die eeuwe gesus, ongesien, ongehoor, en dof en loom in mij sonne-droom, ongewek, ongestoor. Tot die ijl-blouwe bande der ver-verre rande skuif mij breedte uit, wijd-kringend aan d' puur alomwelwend asuur dat mij swijgend omsluit. Die aarde was jong toen mij bodem sig wrong uit die diep van d' meer; en die waa'tre o'erswewend kwam lewenskrag gewend die gees van die Heer. Uit die woelende nag van haar jeugdige krag brag die aarde voort Lewiatansgeslagte, geweldig van kragte, - storm-ontruk aan haar skoot. Diep in mij gesteente berg ik hul gebeente d'geheim van hul lewe en lot; maar gewek uit die sode herleef uit die dode, naar d'eeuwig hernieuwingsgebod, die stof van d' verlede in vorme van d' heden, in eindeloos kome en gaan; wat die dood mij vertrouwt, ik bewaar 't als goud, en geen grein die 'k verlore laat gaan. [pagina 22] [p. 22] Als die son o'er mij vloer in die more kom loer en die douw van mij lippe kus, dan draai ik mij stom met 'n glimlag om en lê maar weer stil in mij rus. Hoog bowe die kim op sij troon geklim, is hij heer van lewe en dood; naar wil en luim geef hij, skraal of ruim, verderf of lewensbrood. Uit gloeiende sfeer brand hij wreed op mij neer tot mij naaktheid kraak en skroei, en mij koorsige asem in bewende wasem al hijgend mij bors ontvloei. In sij skaduwtje rond-om sij stam op die grond staat 'n eensame dorenboom, so's die Stilte op haar troon, met doorne gekroon, wat roerloos die eeuwe verdroom. Geen drop v'r die dors aan mij stofdroge bors, mij kinders versmag en beswijk, en die stowwe staan so's hul trek en gaan om mij skrale dis te ontwijk. So's 'n vlokkie skuim uit die sfeere se ruim kom 'n wolkie aangesweef, maar hij groei in die blouw tot 'n stapelbouw van marmer wat krul en leef, - kolossaai monument op sij swart fondament, waar die bliksem in brul en beef. En O, met mij is die windjes blij, hul spring uit die stof o'erend, en wals en draai in dwarrelswaai o'er mij vloer, van end tot end; die gras skud hul wakker om same te jakker tot hij opspring uit sij kooi. [pagina 23] [p. 23] en so's mane en sterde van ja'ende perde sij stengels golf en gooi. Met dof-sware plof, so's ko'els in die stof, kom die eerste druppels neer, tot 't ruis alom so deur die gebrom en gekraak van die donderweer. Met klouwe vooruit om te grijp en buit jaag 'n ha'elwolk langs verbij, so's 'n perde-kommande wat dreun o'er die lande vertrap en geesel hij, - en sij lijke-kleed sien ik ver en breed in die awendson gesprei. Stil in die duister lê 'k so 'n luister hoe die spruite gesels en lach; maar bowe die pak van mij wolke-dak het die maan al lang gewag; nou breek en skeur hij 'n baan daardeur om te deel in mij vreug benede, hij sprei die waas van sij romig-blouw gaas, - en ik lach so stil-tevrede. Plek op plek, so's die wolke trek, sweef die skaduwe onder mee, so's eilande wijd o'er die waat're verspreid op die boesem der grote see. Met 'n afskeidskus gaat die maan ook ter rus en ik wag op die dageraad, so skoon en so mooi so's 'n fris jong nooi wat lach in haar bruidsgewaad. O'er die bulte se rug slaat die gloed in die lug van brande wat ver-weg kwijn, [pagina 24] [p. 24] en doornbome fluister in die rooi skemerduister van gevare wat kom of verdwijn. Uit slote en plas, uit die geurende gras, stijg 'n danklied op ten hemel, en 't is of ik hoor hoe die krekies se koor weergalm uit die sterregewemel; waar werelde gaan op hul stille baan tot die ende van ruimte en tijd; so, groots en klaar, staat Gods tempel daar, wijd - in sij majesteit. Vorige Volgende