[Woord vooraf]
L.S.
Die voorberig waarmee mijn vrind die Heer Preller mijn werk vereer het laat ik aan die beoordeling van die leser o'er. Ik wil alleen maar 'n paar aantekeninge daar bij voeg met betrekking tot taal en spelling deur mij gebruik.
Die leser sal opmerk dat ik somtijds inkonsekwent gewees is. Bij gebonde stijl kom dit dikwils voor, omdat klank, ritme en rijm daar eerste vereiste is. In ongebonde stijl b.v. zou ik als besittelike vornaamwoorde sijn en mijn gebruik om nie te veel van Hollands af te wijk nie, maar in gebonde stijl gee ik die voorkeur aan ons Afrikaanse mij, sij, se, omdat mijn en sijn mij hier te veel hinder. Ik het die onvolm. verl. tijd van die werkwoord ingevoer; ons kan sonder dit nie klaar kom nie. In o'ereenstemming met baje skrijwers en met onse Afrikaanse manier van vertel het ik dikwils onvolm. verl. tijd en tegenw. tijd deurmekaar gebruik.
Die ch vervang ik deur g waar dit enigsins kan sonder begripsverwarring. Die ch moet in sommige woorde behou word b.v. in lach om dit te onderskei van lag (het gelê).
Ons het maar éen lidwoord: die; ik het 't dikwils afgekort tot d' waar die klank of maat dit vorder. Ik sou denk dat die afkorting goed voorsiet in die behoefte van mense wat nog gewend is aan die onsijdig lidword het, en die nog 'n beetje hard vind, want als hul nie wil sê die water nie kan hul d' water sê en skrijwe, in uitspraak verskil dit tog niks van 't water.
DIE SKRIJWER.