Die vlakte en andere gedigte
(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend
[pagina 3]
| |
Inleiding tot Jan Celliers.Die Leser Heil!
Met die aanbieding van hierdie verse-bundel, laat die digter - om van die voorou'ers 'n trek-beeld te leen - die voor-os juk val, na die morè-skof van die twede trek! - Só is mijn gedagte. Die eerste trek is vóorheen door ánder gedrijf en gelei. Maar dis dit láaste skof wat die wereld heelmaal laat verander 't. - O'er 'n kalahari-kaalte kronkel die ou sukkel-spoor, teen 'n skòtige opdra'ende uit, tot 't metéens, o'er die laaste knop, vandaag s'n uitspanning bereik, bô-op die hogeveldse vlakte, wat grenseloos wegblouw vóren-toe, vérder, baje verder als die koeltes daarop van trekkende wolk-skaduwe......... Laat 't mij vergun wees, bij 'n inleiding tot die werk en voorstelling van die nieuwe koers, ook 'n enkele woord van waardéring te wij aan die ou tog-gangers van die eerste trek, en die algemene leser te mag wijs op 'n paar van die voornaamste veranderinge in die uitsig en omgewende landskap! Dat ik graag met erkentelikheid gewaag van die werk van die eerste Afrikaanse digters, is uit waardéring vooral van die kóers, wat hul gevat 't, hoe dof en dun hul voet-paadje ook; en dat ik mij verheug in die verskijning van hierdie werk, is om die vórdering wat 't aandui, op dieselfde regte koers, in wat ons voor goed en waar hou. Dié wat in die morè-lemier van hul nasie leef, voel die polsslag van 'n eige lewe klop, hoger en mooier als dié wat hul lewens-lig aanskouw eers met die ondergangs-son van dégenerasie en verval. Dáarom droom ons van 'n eige mooie taal, 'n eige groot letterkunde, 'n eige hoge beskawing; en werk ons in 'n onbegrensde geloof aan die lange dag wat kom, we- | |
[pagina 4]
| |
tende dat daar tijd is om 't klaar te maak, vóordat, ‘naar die éwige hernieuwings-gebod’, agteruitgang en ouderdom die nasie aangrijp, wanneer 't vergeefs is om die kragte in te span, vergeefs om siele-vrede en bestaan voor die vaderland op te offer. En dáarom juis is ons poge bajemaal ánders als die van ánder, wat ons só dikwils nie wil verstaan nie. Vóordat die digkuns van 'n nasie só hoog opgeskiet is, bôkant die stille luwte van eige lang-leegtes en koppe uit, dat 't méedein in die ruimere kuns-koers van 'n wijere wereld-beweging, warrel 't saam nog met ontwikkelings-gang sowel als lotswisseling van die nasie. Is die nasionale ontwikkeling self eenmaal bôkant die omgewende topografie uit, dan bloei of kwijn die nasionale poësie in simpathie alleen met die opkoms of verval van die nasie. Laat elders ánder theorië heers, o'er kuns en kuns-gevoel, gebore uit die skeppings-werk van betrekkelik ongeletterde; hiér bij óns is die agterlike nasionale opvoeding oorsaak gewees van 'n agterlike digkuns. Sonder kennis van die taal, sonder só'n beheersing daarvan, wat 't bruikbaar kan maak voor uitbeelding van die rag-fijnste nuance van klank, kleur en lijn, kàn daar g'n digkuns groot word nie. Dis nie te së dat iemand sender taal-kennis oog noch oor sal hê voor die skoonheid van natuur of lewe nie! Als musikus of skilder sou hij buitendien ook sònder taal instaat wees om, in toon of kleur, aan ander weer te gé wat hij daarvan voel of siet. Maar sonder kennis van die geskrewe woord is 'n uitbeelding van dié gewaarwordinge door die digkuns, ondenkbaar. Ontbreek aan die ander kant die siel, die gevoel en vatbaarheid voor wat mooi, skoon en goed is, dan baat die kennis ook niks. Want eers moet die waargenome tot skoonheids-ontroering voer, in 'n daarvoor ontvankelike gemoed die besef laat ontstaan dat 't skoon en goed is; dan die begeerte opkom om 't weer te gé, en eindelik die vermoge aanwesig wees om dit te doen. Van die suiwerheid van áldrie hang die bevredigende of onbevredigende van die uit- | |
[pagina 5]
| |
slag af: die Suid Afrikaanse oer-nomaad siet 'n springbok voor hem uit galpeer, en o'er die bulte pronk; hij ondergaat die gewaarwording dat 't mooi is, en, in sijn grot of onder sijn krans teruggekeer, beweeg hem die lus om daar weer-te-gé wat hij gesien 't; daartoe roep hij sig die pronkende springbok opnieuw voor die gees, en gaat aan 't afbeelde daarvan, met die primitiewe hulpmiddele wat hem tedienste staan. Nie alleen aan sijn kuns-vaardigheid nie, maar ook aan skoonheids-gevoel en verbeeldings-krag sal 't geskeel 't, dat sijn springbok op die klip ónbevredigend is. Dit leer ons ook nog die geskiedenis van ons eige digkuns - hoe kort en klein dié ook mag wees. En dié agterlike nasionale ontwikkeling, wat só lang in die weg gestaan 't aan 'n hogere vlug van die Afrikaanse letterkunde, kan eigelik niemand verwonder bij 't handje-vol mense, wat die helfte van hul lewe deur moes bakklei om te bestaan. Wàar moes die tijd en geleendheid voor taal-kennis en kunsontwikkeling vandaan kom? In die ou-Kolonie, sal miskien gesê word, het ons stam-verwante lang genoeg stil en rustig gewoon. Daargelate egter dat 'n paar honderd jaar in die lewe van 'n volk voor só weinig staan, is 't ook net so waar dat die o'erheerser dáar nog ál die tijd aan die gang was om die volk te har-war op die stuk van nasionaliteit en taal; terwijl dié wat in arren moede hul toevlug geneem 't tot Nederlands, dáar sowel als hier, beleef 't dat dit húlle, Afrikaners, totaal omnagtig laat. En die manne van die eerste Afrikaanse taalbeweging weer, het hulself kort gekniehalter-span door te denk en te doen of hul wonders kon tower uit ons mondje-vol kwalik geskrewe woorde, sonder Hollands. Dit was 'n fatale fout, wat van baje vandaag nog die gewillige pen verlam, en toentertijd uitgedraai 't op 'n tengerige, treurig kroeserige strengetje verse. En só simpel-eenvoudig is ons taal-toestand tog, dat 'n mens sig moet verwonder o'er die koerante-vol wijsheid wat daar nog voortdurend uitgekraam word o'er ons taal! Afrikaans is | |
[pagina 6]
| |
voor ons méer dan Hollands, omdat 't Afrikaans is plus Hollands: Hollands verrijk met die Afrikaanse woorde-skat, en sagter en buigsamer gemaak in 'n Afrikaanse vorm-leer. Dis ál. Maar laat 't vér van mij wees om gering-agtend te gewaag van dié vroege vrugte van ons taal-strijd, sonder dankbare erkenning tewens, van die goeie wil, wat 't voortgebreng 't, of sonder eerbied voor die volharding wat 'n verdere ontwikkeling môlik gemaak 't. Hoog en heg moet inderdaad die o'ertuiging gesetel wees, wat sterk genoeg is om dié dwase vooroordeel te o'erwin, wat Afrikaners skaam laat voel voor hul Moedertaal, of dié massale onkunde te trotseer, wat die antipathie van vreemde kenmerk! Die herdruk, 'n paar jaar gelede, van 'n volledige versameling ‘Afrikaanse gedigte’, o'er die voorafgaande dertig jaar in druk verskijn, is 'n passende afsluiting gewees van die aanvangs-tijdperk van ons Afrikaanse digterlike letterkunde, waarvan Reitz s'n ‘Sestig uitgesogte gedigte’ 'n bloemlesing is. Die oudste versies in die bundel dagtéken uit die begin van die '75 beweging, en die laaste eindig met die Engelse oorlog. Die Afrikaanse taalbeweging, waarvan dit die voornaamste resultaat was, het haar oorsprong gehad in die begeerte om op vaster grond te kom in die strijd teen Engels, en het saamgeval met 'n tijdperk van kwijning en agteruitgang in die letterkunde van Holland. Hieraan is miskien tewijte dat die Nederlandse digters uit die tijd: Bilderdijk, Tollens, da Costa, blijkbaar g'n invloed op óns skrijwers laat gelde het nie, ofskoon dit wèl opmerkelik is dat ook uit die vóorafgaande, luisterrijke periode van die Nederlandse digkuns, Vondel voorniet voor hulle geleef had, terwijl Cats s'n invloed op hul werk só ontwijfelbaar is. In hul godsdienstige ontboeseminge egter, is, door sijn gesange miskien, en kinder-gediggies, ook spore van die stigtelike van Alphen te bespeure, en in hul vaderlandse verse gloei daar iets, altemit, van Bellamy. Cats het in ons taal- | |
[pagina 7]
| |
strijd diens gedaan als tegehanger van Burns, wat door die Skotse predikante van sir Harry Smith saamgebreng werd. Van Engelse kant het ook Cowper sig laat gelde, door sijn dweperiggodsdienstige versies, nog vóor die vertaling van ‘Joh Gilpin’. In aansluiting, o'er die algemeen, bij die burgerlike didaktiek van Holland, ken ons eerste rijmpies nog g'n skerpe onderskeid tussen prosa en poësie nie, en dikwils word daar in 'n digterlike vorm gehuld die meest prosasiese stof. Vanself is dié grens reeds vaag, en die o'ergang van een in die ander só ongemerk-geleidelik, als 'n o'ergang van die natuur; maar die bedoeling is dat ons eerste skrijwers voor 'n groot deel òp dié grens-skeidigng geblij 't, terwijl hul in geen van beide uitingsvorme enige voorname voorbeeld nagelaat 't nie. Ons spraakgebruik help buitendien ook nog om die onderskeid tussen prosa en poësie onduidelik te maak, door van énige werk van 'n verhewe verbeelding als ‘poëties’ te gewaag, ongeag die vorm waarin 't sig voordoet. Om ewenwel die mooiigheid, die toweragtige van die digkuns te waardeer, is 't nodig dat men sig 'n duideliker voorstelling maak van een en ander. Die digter skrijf in vers-maat, of ‘gebonde’ stijl, dit is 'n kunstige woordskikking, wat door plastiese klank-beelde, die uiting van sijn gees, voornamelik tot die verbeelding spreek. Rijm - die terugkeer van gelijkluidende beklemde lettergrepe - kàn van sijn werk 'n versiersel wees; maar maat - die reëlmatige afwisseling van lange en korte, beklemde en nie beklemde lettergrepe - is 'n onmisbare eigenskap van álle poësie. Prosadaarenteen, is die uitdrukking van verstand en wetenskap, rig sig in die eerste plek tot die verstand; en het dus, wanneer 't tot lering strek, g'n behoefte aan dié vorme waarin die poësie sig, in haar strewe naar 'n verwesenliking van die skone, voordoet. Laat 't sig egter ken door kunstige sinbouw, beelde-rijkdom of woordekeus, dan krijg 'n mens ook 'n ‘digterlike prosa’, - vandaar weer dat geen van beide eigelik van die vorm afhankelik is nie, en die o'ergang bajemaal so vaag is. In hoof- | |
[pagina 8]
| |
saak moet 'n mens egter onderskei, dat die poësie op gemoed en verbeelding werk, en dat prosa sig tot begrip en rede wend; die éen wil, door veraanskouweliking van edele gewaarwordings, in besielde, skone taal, die mens roer en meesleep; die ander wil hem, door verkondiging van feite en waarhede, o'ertuig en o'errede. En door dikwils die digterlike vorm te besig voor onskone voorstellings en redenérings, het die eerste digterlike voortbrengsels van ons taal dié onderskeid voor ons onsekerder help maak. Die leiers van die taalbeweging was tegelijkertijd ook die voornaamste digters; en die sterkste aandrif was om iets tevoorskijn te breng, - ‘'n boek te maak’, so's onlangs nog weer aangespoor werd; inhoud en vorm was bijsake. Die berge was in barensnood, en iets móes daar uit kom! Baje het versies gemaak, wat g'n flauwe besef van poësie had nie. - Laat ons dankbaar wees dat 't in elk geval sóveel o'ereenkoms had met die ontwikkelings-gang van ons volk, dat 't niemand afgestoot 't nie! Veel het 't ons egter ook nie gebaat nie; die digkuns is g'n handwerk nie, waarin die eerste die beste maar kan meebeusel; die uitkoms leer ons dat die kuns nie door die veelheid van versies-makers bloei nie. Op nasionaal sowel als letterkundig gebied was 't voor dié Afrikaners 'n tijdperk van soeke en rondtastende onbewustheid. Aanvankelik bestaan daar g'n letterkundige tijdskrifte nie, en die politieke pers, geheel en al beheers door wat voor die ogenblik raadsaam geag word, is op s'n beste maar 'n brose middel om leiding te gé aan sóiets. Nou en dan egter, gons daar 'n skelle volks-liriek op uit die werk van dié tijd, bôkant die woorde geping-pong van iedere dag s'n rijmelarij uit; of daar dreun 'n vaderlandse ontboeseming dwars o'er die ordinaire gebasel heen, wat aantoon dat hul koers krij, en dat daar ook gevoel bij kom, en verbeelding, wat die skrijwers als stuw-krag dien. Twee jaar nadat die beweging vaste vorm aangeneem 't, | |
[pagina 9]
| |
is die Republiek geannekseer; en in die jare van ‘lijdelike verser’, wat daarop gevolg 't, kom dit patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n o'erkropte gemoed stort sig dikwils uit in bittere versugtinge, of die digter verdiep sig in blije bespiegelinge van 'n mooier morè-skemer, éendag. En 't lij nie die minste twijfel meer nie, dat in Kaapland die gánse nasionale herlewing sijn aansijn dáaraan dank, en dat dieselfde beweging ook in die republieke nieuwe geesdrif aangewakker 't voor die volk-saak. Grote, alleenstaande feite uit die geskiedenis, wat 'n nieuwe sukkel-moet slaan op die gelittékende pioniers-ras, het nooit nagelaat om 'n hele koerante-uitstorting teweeg te breng, van rijmelaars, wat die aandrif van 'n hogere ingewing voel, maar daarop los-deun, skril en fel-fals bajemaal, dat 't so kannie-meer nie. Die einde van die Vrijheids-oorlog het die aansijn geskenk aan 'n eerbiedwekkende aantal rijm-reëls, latere sowel als vroegere inboorling-oorloge het nog ánder in geringer mate geinspireer, en die Jameson-strooptog het lug verskaf aan 'n berijmde nasionale verontwaardiging, wat letterlik die spuigate uitborrel - maar tog sahara-dor blij van alle digterlike verheffing,... nietteenstaande ‘oom Jan’ s'n juigkreet uit 'n nog vroeger tijdperk: Wie het kon denk dat Afrika
ooit soveel digters had?
Gedigte kom nog daagliks aan:
hier's weer 'n volle blad!
Maar gemis aan dié digter, wat die taal sou maak en grootwerk lewer, werd tog ook gevoel: dieselfde Afrikaanse maagd, wat beweer van die Hollandse sussie .........wat uit Holland kom,
die hou voorniet haar groot,
ons lug is alte skerp v'r haar,
sij is al amper dood,
| |
[pagina 10]
| |
en waarneem van die ‘Engelse niggie, met haar stijwe nek’, hoe baje jonkmans loop haar na -
sij denk hier baas te sijn -.
die konstateer tog ook maar als die awend-uurtje kom,
dan is die klomp bij mij!
En dieselfde Afrikaanse maagd wag ook nog: Als ik maar eers mijn vrijer het.
- 'n digter vol van moed,
een wat mij om mijself bemin,
en nie maar om mij goed -.
om hém Koning te maak!
Vaderland en Moedertaal was van die begin af twee rijkelik berijmde onderwerpe. Die meest besielende vers daarop, wat miskien ook die meeste ingang gevind 't onder die volk, is die breë: Waar Tafelbaai begint, tot vér in die Transvaal,
woon éen verénig volk, met 'n algemene taal'ns.
Jammer is dat in die versameling van Reitz, sowel als in die latere uitgawe van die digterlike oes van dié dage, so weinig aandag bestee is aan die digters self. Oorspronkelik is die verse òf onder 'n aangenome naam, òf heelmaal sonder naam uitgegé, sodat 't voor oningewijde vandaag moeilik is om 'n gegewe vers op die skrijwer thuis te breng. Dis egter bekend dat die meeste van die gedigte wat later herdruk is, voortgekom 't uit die kern van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’, waarvan S.J. du Toit, F.W. Reitz, N. Hoogenhout, D.F. du Toit, Lion Cachet en A. Pannevis die voornaamste werkers was. Van eersgenoemde is ongetwijfeld 'n paar van die beste patriottiese verse, b.v. op die Kleinfonteinse volks-bijeenkoms nabij Pretoria, 1878: | |
[pagina 11]
| |
Ons hijs nou weer die vaders' vlag, -
verpletter ons deur julle mag,
breng julle dwinglandij tot stand,
verbreek, verskeur ons vrijheids-band, -
óns hijs nou weer ons vaders' vlag!
Vermorsel ons deur julle mag, -
ons reg sal áltoos lewend blij, -
die hemel self voor ons baklei,
en ons gaan voor die nakroos strij:
heel Afrika word éens nog vrij!
Van dieselfde genre is daar verskeie uit dié tijd, wat door forse, ronde taal, als 'n openbaring van iets nieuws op die nasie neergebonk 't, en 'n blijwende plekkie verdien bij die nasionale poësie. Die ‘Transvaalse Vrijheidslied’, van dieselfde skrijwer, is 'n vers wat ingeslaan 't onder die volk, en vandaag nog op die musiek van Villiers gesing wordt: Die vierkleur van ons dierbaar land
die waai weer o'er Transvaal,
en wee dié godvergete hand
wat dit weer neer wil haal!
Waai hoog nou in ons held're lug
Transvaalse vrijheids-vlag,
Ons vijande is weggevlug,
nou blink 'n blijer dag.
Maar, hoe groot die verleiding ook, ik moet weerstand bied aan die lus om hier 'n bloemlesing te gé! O'er Piet Retief, en verskillende slage uit die Vrijheids-oorlog bestaan daar gedigte van epiese omvang en opvatting, wat ook nie geheel ontbloot is van 'n sekere digterlike inhoud nie. In die intiemste kringe van die jong-mense skuil daar, skugter- | |
[pagina 12]
| |
skamerig, 'n volks- of minneliedje, waarvan nou 'n enkele in dr. Mansvelt s'n ‘Liederbundel’ 'n meer blijwende gedaante gekrij 't. In die meeste gevalle egter is 't onskuldig aan alle digterlike verheffing, en gevoel voor maat en rithmus, sodat 't onder die massa van die volk g'n bisondere weerklank wek nie. Waar die taal-gevoel tè sterk is om die blote rijmlus bot te vier, daar neem die gedig meestal 'n ‘grapperige’ vorm aan, nie selde op die trant van die Middel-nederlandse: Hoort toe mannen en wijven
of Wie wil hooren singhen // Een druckelijc niew liet
waarin die liefde, die politiek of die godsdiens verheerlik word, - meestal seer gebrekkig en onbeholpe in vorm, tref 't tog nog 'n enkele keer door vrome eenvoud, of 'n kinderlik-grote geloof. Rijm, - wat opsigself tog niks anders als 'n handigheid is nie, wat iedere mens min of meer kan aanleer, en bij die digter net 'n kuns-middel, nooit die kuns self kan wees nie, - rijm was die kuns waar iedere poëtaster naar gestreef 't; en só'n twede natuur is dié rijm-soekerij geword, dat 'n nare ontwrigting van die werkwoord en bijwoord, wat die waarmerk was en onmisbare end-rijm tegelijk van 'n enorme aantal digreëls, sig amper reeds aan die gewone taal opgedring 't, en baje mense nou nog reken dat dít juis Afrikaans is van die eerste water! Ik bedoel dié geweldadige omkering, ten einde die werkwoord aan die end van 'n rijm-reël te krij: ‘aan het gekom’, ‘af het gegaan’, ‘om het gedraai’, ‘seer het gemaak’, ens. ens., ad nauseam. Dit ontsier, naar mij beskeie oordeel, veel van Melt Brink s'n beste werk, - wat ik o'erigens, uit die aard daarvan, in hierdie beskouwing tot dié van die vorige geslag reken. Tog is onder eersgenoemde versies reeds meer dan éen, wat | |
[pagina 13]
| |
tegemoet kom aan die begeerte, die behoefte aan 'n nasionale sang, en uiting verleen aan 'n kinderlike eenvoud van gevoel, wat volkome wàar is van die nasie. Veel is daar wat die bewijs lewer van 'n gestadige vordering, en - helaas! - naderhand ook al weer van dekadensie, toen van die twee-ledige sinspreuk: ‘voor vaderland en moedertaal’, die váderland door enkele versaak werd! Op hooghartige toon is daar kort gelede nog beweer dat 't ‘elk verstandig man voorbarig voorkomt om nu al te gaan spreken van soiets als een Afrikaanse Letterkunde.’ Maar hoe subjektief 'n mens ook al mag staan teeno'er die Afrikaanse taalstrijd en sijn werke, en welke betrekking daar ook mag bestaan tussen die gesamelike skriftelike voortbrengsels van 'n taal en die begrip ‘letterkunde’, dít staat vas, dat verstandige Afrikaners dankbaar denk aan wàt daar bestaat als die éige letterkunde van 'n éige taal, die wording en ontwikkeling van wat verband hou nie alleen met hul staatkundige lotswisseling nie, maar ook met gemoed en gees van die nasie, so's 't sig openbaar in die voorstelling van hul maatskappelike eigendommelikhede en eigenaardige beskawing, en in die ontstaan van 'n éige skriftelike spraakgebruik.
Na die Vrijheids-oorlog breek ook benoorde Vaalrivier 'n tijdje van betrekkelike rus aan, en van intellektuéle vooruitgang, onderbroke alleen door 'n reeks van die ‘biksbeduidende kafferoorloge’, waarvan, volgensdie nieuwe meesters, ons geskiedenis aanmekaar geset is. Twintig jaar van koorsige opbouw, organisasie en ontwikkeling, met die beroeringe van 1895-6 tussen-in, en...... tóen spook die ganse nasie al weer voor die vrijdom! In die oorlogs-jare wat daarop volg, is die vaderlands-liefde in lewendige ligte uitgelaai. Op die oorlogs-veld en in die vreemde kom besinning en inkeer tot ménige Afrikaner. En na Veréniging is 't oopgegaan, saggies-seer, en beginne drup-drup, so's bloed-trane uit die geheuge drup: | |
[pagina 14]
| |
Als die soek-lig van die wagskip
op mijn tent skijn in die nag,
peins ik droef o'er huis en makkers,
en die speel-tijd van weleer, -
skijn daar op die tent-doek beelde,
wat mijn denke t'rug-voer vér naar
ruigend veld in sonneweelde,
waar eenmaal só mooi gestaan 't
dié ou haardstee, dié ou thuiste,...
en dan breek daar, of 't 'n hart is,
snikkend déur mij siele-pijn -
als die soeklig van die wagskip
in die nag-uur op m'n tent-doek skijn!
In die plek van die rijm, wat vroeger álles o'erduister het is dáar 'n hoger attribuut van die ware poësie gekom. Druppels-gewijs tap 't nog, - omdat 't iets heelmaal anders is als die begeerte om ‘'n boek te skrijf’: O! land van son-lig en van sterre,
van onbegrensde, wije velde -
O! wilde wereld van natuur,
o, dierb're grond van Afrika,
waar twee geweldige oseane,
hul branders op die rotse donder,
en langs die breedgerekte kuste
die witte see-sand bruis en sketter!
Of 't droef ons inniger tege: Morè pluk ons bloeme - morè! -
Als die reen en mis eers o'er is,
als die modder opgedroog is,
als die son ons toe-lag, morè!
Die digters is mij onbekend; ik neem 't uit die koerant o'er menende dat 't hier wel 'n blijwende plekkie mag vinde. | |
[pagina 15]
| |
‘Die Winternag’ van Eugène Marais - een van die skoonste brokkies gevoels-taal, wat ons gehad 't - sal die meeste nog ken. Te hope is dat dit, saam met nog veel ander werk van dieselfde talent, bijmekaar gemaak en uitgegé sal worde. Met onderstaande aanhaling van 'n makliker glijdende versifikasie volsta ik: Daar rijs soms stemme in die nag,
wat fluister, - eers gesmoor en bang,
maar luider straks, skoon áltijd sag:
‘hoe lang?’
Hoe-lang moet ons nog swerf en strij,
en stil-swaar worstel met die dwang,
en hoon en smaad en skimp-taal lij,
‘hoe lang?’
Hoe lang verdra' ons nog en wag,
en tel die trane op ons wang,
en duld en lij en treur en smag:
‘hoe lang?’
Als volk, hoe lang sal ons nog kijf,
eer ons deurgrond die dúre drang
tot vrij-wees, wat ons álmal drijf:
‘hoe lang?’
Vanwaar die lafaards wat daar meen,
en ongestraf, met dom gebaar
durf sê dat álles ijdel was voorheen?
Vanwaar die arme siele kom
wat in g'n eige toekoms staar,
en ons wil oplos in 'n vreemde drom?
Hoe lang sal ons nog spook en doen,
en dwarstrek, alger blind en bang,
en koers soek op die heldre noen?
Daar is ook ánder verse van nà die tijd, waarin die digter 'n opgewekter toon aanslaat; ik haal bowenstaande aan om 't | |
[pagina 16]
| |
te vergelijk met die werk van 'n vroegere geslag, en meen dat daar nie alleen 'n inniger, egter emosie uit sing nie, maar ook blijk dat die taal smeebaarder geword 't, makliker en met meer effekt aangewend word om dit uit te beelde. Ik haal 't ook aan als voorbeelde uit die voorbodes van 'n vérder gevorderde nasionale kuns-gevoel, en 'n téderer liriek, wat nou verwesenlik word in hierdie verse-bundel van Jan Celliers.Ga naar voetnoot1) Nie alleen is sijn liriek van 'n heelmaal ánder, 'n veel subtieler, inniger gevoel en skildering nie, ook sijn oorlogs-siklus, sijn vaderlandse sang, is vrij van dié oppervlakkige uiterlikhede, wat dieselfde genre van 'n vroegere generasie gekenmerk 't. Dit, - sijn sang van die slagveld en die konsentrasie-kamp, - beskouw ik als 'n historiese noodwendigheid. Wat hij hier uitsing is maar net 'n weerklank van wat daar in hie hart van die nasie omgaat; en 't sou wonderlik wees als 'n reeks van gebeurtenisse wat só diep ingegrijp 't in die nasionale lewe, nie door 'n digter van die nasie besing werd nie. Dit sou onvergeeflik gewees 't, en ik verwag dat só'n onuitputtelike bron van inspirasie voor die ontsaglikste aandoenings aan die menselike gemoed eige, ook in die toekoms nog lang 'n thema sal blijf voor die nasionale digter. | |
[pagina 17]
| |
In ons tijd vervul die digkuns haar roeping en word gevier alleen wanneer dié wat die lier ter hand neem, gedraag word door gevoel en verbeelding, en ook kinders is van hul tijd, op die hoogte van dié s'n ontwikkeling, en vervuld met wat die tijd in beweging breng. Alleen dié is waaragtige kunstenaar, wat die mag besit om ons diep en kragtig in die siel te vat, en te laat meé-voel en sien die lewe so's hul dit sien en voel. Jan Celliers is 'n digter wat volkome deurdronge is van ons lewenswaarheid; - voor ons Afrikaners, wat die lewe leef wat hij hier in woord en gedagte uitbeeld, en wat instaat is om nà te voel hoe waar en getrouw dit is, voor óns behoort hij 'n dankbare verskijning te wees. Ons behoort blij te wees dat ons Jan Celliers gekrij 't! Selfs dáar waar hij, in aansluiting bij veel wat voorafgegaan is, miskien met g'n ander doel als om 'n geleidelike o'ergang te bevorder, terug-sak in die ou Dorts-Afrikaanse digskool, selfs dáar spring nog 'n heelmaal ánder opvatting van sijn kuns in die oog. Daar's 'n kinder-versie op bls. 48, een van die geringste. Dieselfde stof is al bajemaal in ander tale door groot kunstenaars afgemaal. Maar nergens kan 't voor ons só'n simpathieke openbaring wees van 'n verwante lewenswaarneming als juis hier, in hiérdie vers, - omdat 't óns lewe is, uitgebeeld in ónse taal, so's alleen 'n digter uit óns volk instaat is om 't voor ons te doen! - Daar is ‘Die Vlakte’. In sijn ‘Iris’ het Jacques Perk, en in sijn ‘Cloud’ Shelley verwante onderwerpe in besielde taal besing. Maar - niks in die wereld belet ons om die ánder te bewonder, met 'n beskeie eerbied, maar - óns reenboog en óns wolke is tòg nog ánders! Een daar die hogeveldse vlakte is óns s'n, ons herken dit in iedere skilderende strofe, ons voel dit uit iedere tékenende beeld. En dan nog: die wetenskappelike ontwikkeling van ons tijd spreek daaruit.
Jan Celliers is die seun van die eerste ‘Volkstem’ redakteur en latere Volksraadslid. Sijn opleiding ontving hij aan die | |
[pagina 18]
| |
hand van dié Transvaalse onderwijs doyen, ‘Ou Don’, meester Louis, 'n man aan wie nog baje Transvalers dankbaar terugdenk. Op die Europese vasteland het hij sijn studie voltooi, en is hier als landmeter teruggekeer. Jarelang vóor die oorlog het hij ewenwel sijn land gedien als bibliothekaris van die Staatsbibliotheek Pretoria. Die laaste oorlog het hij dwarsdeur bakklei, tot die end toe, die bittere einde! Die skepping van sijn oorlogsverse, wat door hul afwesigheid so'n onvergoedbare leegte sou gelaat 't, in ons litératuur, dank ons aan sijn persoonlike waarneming en meegesukkel in dié jare van strijd. Moeg en teleurgestel, verhuis hij na Veréniging... Europa toe, waar hij, bevrijd van die slommer en sorg wat hier na dié tijd die bestaan van nagenoeg iedereen gekenmerk 't, verskeie jare rustig kon wij aan verdere letterkundige studies. Sijn volksleesboek, 'n werk wat hij vrij aan sijn volk gegé 't, dagtéken uit dié tijd. Van veel leed in die vreemde, getuig ons enkele verse in hierdie bundel, met 'n Switserse atmosfeer. Dáar, in die republiek, bereik hem eindelik die roepstem uit sijn vaderland: ‘kom o'er en help ons!’ Hij is gekom, en hier is 'n verdere bewijs van sijn werkdadige hulp. Neem dit, geagte leser, dankbaar aan, blij met mij dat ons Jan Celliers het!
GUSTAV S. PRELLER.
‘Volkstem’-kantoor, Pretoria, Sept., 1908. |
|