| |
| |
| |
XIII.
Op Soetlands-vlei is bruilof.
Stoffies trek omhoog in al die paaie,
dis karre wat op weg is na die fees.
Uitkyks kapkar is ook een daarvan.
Die beste perde van die stal
en tuie blinkend in die son.
word karre en perde oor en weer herken.
En doeke by die raampies uitgewuif
bring groete reeds vooruit
van vrinde, aan vrinde langtyd nie gesien.
En daar waar paaie uitloop in mekaar
om soene met mekaar te wissel eers
dan gaan die reis weer verder aan.
| |
| |
Tafels staan gedek op Soetlands-vlei
alles van die beste is daar op
wat d'Afrikaanse huisvrou kan berei,
gebakke, vrugte en blomme
Maar seker is die skoonste nog van al:
die blosend-lief gesiggies,
tawwertjies, soos blomme self
al tussen-deur die swarte drom
laggies hupp'lend deur die praatgebrom,
wat help om rond te dien.
Die vrolik-gulle lag van Roelf
Hy maak of hy die korswil nie verstaan
wat doel op hom en Martjie.
Wag, die ergste kry hy nog te hoor:
In d'eetsaal is die gaste
| |
| |
vir iemand wat 'n woord wil praat.
Die sprekers woorde is maar baie gewoon:
en bruid en bruidegom geluk,
maar laat dan daarop volge:
dis wel waarlik te verstaan
dat so baie mooi gesiggies
wel maklik menig jonkman kan beweeg
om ook 'n plan te maak....
en 'k dink ek kan jul wel
dat ons nie al te lang meer hoef te wag
om nogmaals so'n fees te vier’....
Gelag gaan op, en onderbreek
wyl ieders oog op Roelof is gerig
en hande-kloppies op sy skouer val.
'n Oënblik staan hy glad verbluf
al-eer hy 'n laggie op kan wek
maar klankloos is die laggie,
is Martjie, op die sprekers woord,
| |
| |
vergeefs dat hoofde en oë sig nou beur
En in die kamer bly sy tot
die uur van huistoe-gaan.
Op t'rugreis na die plaas,
is 't wel opmerklik stil van-aand
En twee wat op die agterbankie sit
is Roelofs swye vir oom Koot,
hy draai hom om na agter toe:
‘maar wat is 't dan met julle twee van-aand?’
Roelf probeer aanhoudend sig te red
maar 't wil van-aand nie vlot nie.
Na 'n rukkie sê oom Kootjie weer:
‘my skepsels! maar het julle twee
dan rusie met mekaar gemaak?’
‘Ma, so waar die kêrel sit 'n slaap,
| |
| |
Of sit hul in die donker stil te vry?
Roelf is agter uit gespring
en loop na vore om die hek
Hy sluit dit weer en roep van ver
terwyl hy na sy kamer stap.
Die plaasvolk is geroep deur Jaftas blaf
en kom reeds nader om die kar
En nog een het haar kamer gou gesoek,
maar nie om rus of slaap te vind,
al het sy haar ook haastig uitgekleed,
en op haar bed haar uitgestrek.
O, 't klop so in haar hoof
| |
| |
die blou-wit maanlig straal die venster in
Sy's op, en voor haar tafel nou;
Haelwit oor die waenhuis-géwel gly
Tuingereedskap staan in klompies
as rustend na die arbeid van die dag.
En op die hard gelykte, breed en leeg,
twee jonge boompies naas mekaar,
elk éne by sy ronde skaad'wee-kol,
In Martjies oë lyk dit alles tog
of niemand mee-gevoelend.
Saggies en werktuiglik open sy
die binnedeur wat uit haar kamer lei,
en sluip op blote voete in die gang,
nie wetend waar sy heen wil gaan.
Gevoelloos is ook alles daar
in skeem'ring stil-geheimsinnig.
| |
| |
staar die deure-knoppe haar
net of hul vra: ‘wat soek jy hier’.
die maanlig op haar witte nag-gewaad,
haar hande om die katel-knop geklem,
haar voorhoof op haar hande neergebuig.
En fluist'rend in die stilte van die nag,
ontval haar lippe 'n klag, verwytend half:
‘O, wáarom tog nie, Heer, O, wáarom nie?!’
|
|