| |
| |
| |
XII.
Sy voel haar weer vanmôre heeltemal
en byna onverskillig teënoor Roelf.
Sy kan haarselwe nie verstaan,
gedenkend die beroering van gist'r-aand:
Die weelde is dit, van selfgenoegsaamheid,
versekerd van besitting groot en ryk
- bo alle twyfel nou ge-openbaar -
van liefde so oorstelpend
selfs hy, vir-eers, die oorsaak van die vlam
Te groot is in haar bors die skat,
oormoedig gun sy sig die rykaards spel,
wat speels sy rykdom van hom stoot
| |
| |
in heerlik-onbestemd besef,
dat hy in tydgenoegsaamheid kan wag
op groter vreug, wat so gebêre bly
Dis waar en onmiskenbaar nog, helaas,
dat Roelf geen roering voel soos sy.
had sy haar mee laat sleur
en op sigselwe waar en salig was
van elke roering, selfs die edelste,
van elke drif of hoë gevoel;
en nugter loer die werk'likheid weer in
of dat ten uitvoer is te bring.
| |
| |
van Roelofs daëliks doen, dieselfde nog
moet vir haar weer elke keer
terugvoer tot haar twyfel,
van wanhoops donker afgrond;
huiwerend ontruk sy aan die aanblik
en voel of in haar are al haar bloed
terugstroom na haar hart.
Met stil-weemoedig laggie dink sy nou
toe hul mekaar leer ken het,
die soet geheim ontdek het
Aldag in die sonnetjie te sit
daarby nog die gunsteling van pa
- daar's menig jonkman wat dit Roelf beny.
| |
| |
om nie die praatjies te verstaan
en nie die laggies raak te sien
wat oweral, en min of meer bedek,
'n teer verhouding onderstel
wat tussen hom en Martjie sou bestaan.
Ja, baie minder sou voldoende wees
die sakie klaar beklonke is.
Martjie is nie minder, in die kring
en onoortuiënd is haar woord
Geskok voel sy haar eers deur al die praatjies,
onheilig rakend aan haar hartsgeheim,
dog oorsaak dat haar oog allengs
en sy die vraag haarselwe durf te stel,
‘sal ooit my liefde word beantwoord,
die vrou van Roelf, of nooit?!’
Is ergens in die buurt of dorp
| |
| |
waar elke jonkman word verwag
'n noointjie mee te bring,
dan is daar nooit 'n ander een
Dikwels dink sy by haarself dat hy
uit pligbesef vir haar maar altyd neem
En welverstaanbaar is dit ook
dat so'n gereëld samegaan met haar
dat hul verhouding so is as
en tog, helaas, so ver van waarheid is.
Pynlik is 't vir haar, en hinderlik;
haar weer kom vra om mee te gaan,
verstout sy haar die wedervraag te doen,
of hy nie 'n ander sou wil neem -
hoewel sy lank al het gemerk
gehegtheid het betoon aan een
van al die nooiens wat hy ken.
‘Wat?’ seg hy, ‘en dink jy dan dat ek
my noointjie somaar in die steek laat staan,
haar weghaal voor my neus?’
lughartig sig weer daarvan af,
| |
| |
soos altyd sy manier maar is.
Die woordjies so gedagteloos
en lossies uitgebring deur hom: ‘my nooi’,
vertoon die afstand juis aan haar,
die peilloos diepe kloof wat hulle skei.
|
|