| |
| |
| |
XI.
Nie elke awend, na die awendmaal,
bly Roelof in die huiselike kring:
hy trek hom baie-maal terug
om rustig in sy kamer hom te wy
aan skryfwerk, mee na huis gebring,
en nie beseffend, blykbaar, hoe hy dan
'n leegheid nalaat in die kleine kring
Dan kom die wens by Martjie somtyds op
- sy weet nie waarom nie -
| |
| |
staan deure en rame, bundels lamplig strooiend
tot diep in d'eike-blare.
'n Ligbaan val daar ook uit Roelofs venster,
die muurtjie van die tuin,
die rose-struike treffend daar,
en as gevange eind'gend in
'n rose-tros, ferwélig donker-rooi,
warmgloeiend teën die donker van die nag.
In skaad'wee van die roseboompies,
agter in die tuinpad, staan 'n bank;
daar 's iets daarop wat roer....
vroeg in d'awend reeds had sy
Maar swaar en stikkend was die lug,
asem soekend in die tuin.
Màg sy, mag sy deur die struike heen
na Roelofs kamer, oor die werf?
Ag, waarom nie? die raam en deur is wyd
en sy hoor haar ma is daar,
hoewel sy haar nie daarvandaan gewaar:
| |
| |
iefd'ryk-sorgend bring tant' Mieta so
vir Roelof baie-maal 'n koppie melk,
en bly 'n rukkie in sy kamer dan
nie minder as vir Martjie, haar eie kind.
Die plaasvolk kom na huistoe uit die dorp,
'n deuntjie singend by die hees geluid
en as hul oor die baan van lamplig tree,
wat val uit Roelofs kamer,
draai die hoofde 'n oënblik om
en word hul groet gehoor:
Sonder op te kyk het Roelf
steunend op sy hand-palm rus sy hoof,
sy oog gebonde in aandag op die vloer,
wyl ou tant' Mieta iets vertel. -
Aan éen kant, op sy hoof en skouer, straal
Martjie stoot die takkies van die rose
verslind sy hom in stilte met haar oog.
| |
| |
Weeklaënd-hees ‘ha-ha’ die konsertina
en begelei die krekie-sang
dat sy alleen is, heeltemal,
omslote in die donker, en vergeet -
O, heerlik met die saligheid alleen,
wat opbruis in haar boesem,
sterker golwend elke oënblik nou.
Sy kan nie meer bly sit nie,
spring meteens oorend en wandel snel
tot bowe by die ou prieel,
haar wange koelend teen die druiwe-loof,
en drink, met lippe ope wyd,
Sy voel 'n drukking, pynlik, op haar bors;
haar oë na die sterre bo, -
en magteloos, half biddend,
gevange in die krag-greep van 'n reus,
ontbéwe aan haar lippe net die woorde:
| |
| |
‘God,.... 'k het lief!’....
Dis laat!.... Hoe lang sou 't wel kan wees
dat sy daar in die paadjie sit, alleen?
strykend met haar handjie oor haar voorhoof
en voel so kalm en rustig as
en alles slaap op Uitkyk reeds.
Sy stap die paadjie af, die tuinhek uit,
die sware skaad'wee van die eike deur,
en bereik haar kamers buitedeur.
|
|