| |
| |
| |
X.
Lyk dit of die lot of noodlot soms
nog dralend rond-tas na die plan
is eenkeer d'eerste stoot gegee,
dan volg die twede dikwels gou daarná:
‘Maar wat is dit met julle twee van-aand?’
Dis ou tant' Mieta wat dit vra
want Martjie en Sannie is van-aand
Martjie voel 'n opgewondenheid
wat prikk'lend haar van hoek tot kante jaag:
opbruisend woel 'n lewe in haar bloed
soos sy nog nooit geken het nie,
om alles met haar hande aan te gryp
- te frommel deur mekaar,
| |
| |
die bande af te gooi van selfbedwang.
Hul fluister met mekaar ondeuënd, die twee,
en nou en dan kom uit die ver kombuis
dat iets gebrou word wat met sorg
Die awend-ete staan op tafel klaar
Martjie deel die pannekoeke uit
en gee die borde rond aan tafel.
Sy en Sannie kan met moeite
- dis anders wel gewoonte, as die twee
Roelof, nes die ander, het alreeds
'n stukkie afgesny en opgehap;
maar 't lyk of hy nie vorder nie:
en skuif die happie met sy tong
Hy buk sy hoof, om op sy bord
sy pannekoek noukeurig te beskou.
En, nes 'n stortvloed wat 'n dam verbreek,
wat nie meer uit kan hou nie,
| |
| |
bars nou Martjie en Sannie al-meteens
in tomeloos geskater los:
in Roelofs pannekoek het hul
'n ronde lap van linne ingebak!
Hy lag met hulle hart'lik saam
dat hul hom goed het beet geneem.
Oom Kootjie sê: ‘Maar hoor,
jul jonkmans van vandag is darem swak,
in my dae moes 'n nooi dit tog probeer
om my so'n streek te speel, -
so waar het sy 'n soen gekry!’
Van menigeen, wat aars'lend nog ontbeer,
maak so'n woord meteens 'n held:
Gevaarlik is die lig wat plotseling
aan Roelofs oog ontskiet,
maar voordat iemand regtig weet
is hy reeds agter Sannies stoel,
sy arm geslae om haar hoof,
en op haar wang gee hy 'n ferme soen!
en na die deur slaan sy op vlug!
Maar ou oom Koot is klaar, en met sy arm
'n oënblik nog, en Roelf het haar gepak,
haar arme in sy sterke greep geklem
| |
| |
en op haar frisse lippe, rood en vol,
Albei het die slagveld nou ontvlug
- oor eie kordaatheid baie verbaas,
bedremmeld en terneergeslae
bemerk hoe ver hy is gegaan.
Goedkeurend klop oom Kootjie op sy skouer:
‘Roelfie, 't het my altyd maar gelyk
maar nou het ek gesien dat jy
gesny is uit die ou soort hout -
As Martjie weer die ander môre vroeg
vind sy vir Roelf reeds daar
en teken iets met potlood daarop aan,
so besig dat hy selfs nie merk
hoe sy die kamer binnekom,
- of sou hy maar so maak?
| |
| |
Dis net of sy 'n skok gevoel
sinds wat daar gister het gebeur,
so gansegaar en niks verander nie?!
‘Môre ou sus,’ sê hy meteens,
maar van sy skrywe kyk hy nog nie op
en bly nog so 'n rukkie spraak'loos sit.
en kyk haar in haar oë aan:
‘Ou sus, maar waarom kry ek dan
van-môre glad geen koppie koffie nie?’
Martjie voel 'n rukkie in haar asem,
snel-verleë is haar laggie
en dis vir haar 'n baie groot verligting
dat hy met brood en boter
| |
| |
wat op haar wange vlugtig vlam; -
maar half het sy 'n gedagte dat hy dit
Hoewel hy openhartig is en vrolik
hoofskuddend, by homselwe,
of pratend, as daar niemand by is nie,
en somtyds stil in diep gepeins.
meestetyds vóor iemand iets kan merk.
Martjie is haarself nie meer,
sy voel haar op 'n weg gestoot
waar sy nie meer op kan terugkeer nie.
Vergeefs is elke dag haar moeite
vir Roelf dieselfde weer te wees soos vroeër.
Ja, maar as sy aan haar selwe vra
op watter tyd die ‘vroeër’ terug moet sien
want duid'lik is dit tog vir haar
| |
| |
dat reeds die eerste keer
Maar nou moet sy daarby nog ondervind
hoe sy ook tot haar ouers en haar vrinde
en tot haar werk geworde is
Wonderlik is in ons lewe, ja,
die kérings-punte, as ons moet gewaar
dat so meteens 'n nuwe siel
van al ons dinke en gevoel,
en ons op duiselhoogte het geplaas
vanwaar ons oog sig plots'ling kan verbeel
in d'afgrond van die smart te kyk.
|
|