| |
| |
| |
IX.
'n spruitjie is die grens; aan d'owerkant
Die oudste dogter van die huis is Sannie,
Martjies skoolkam'raad uit vroeër dae;
'n middag of 'n aand na Uitkyk oor
Sannie is al lang 'n goeie vriendin
Menigmaal met Martjie saam,
of ook allénig, het hy haar gaan haal
Dis weer so'n Sondagmiddag op die plaas
Roelf en Martjie was die middag daar
| |
| |
Sannie is op Martjies wenk
en kom terug, met kappie op haar hoof,
Weldra is die drie op pad
die ene agter d'ander in die paadjie
Soos altyd as die twee mekaar ontmoet
is Martjie en Sannie nou teen Roelf
'n bondgenootskap weer verbind
Sprank'lend huppel, langs die ry,
heen en t'rug-gekaats van d'een na d'ander,
stootlaggies sonnig-helder tussenin,
- geming met woorde en grappies.
So, mekander volgend, stap hul aan,
die sonne-kolle, wat die blare bo
Roelof voel hom teen die twee
stingels pluk hy van die lange gras,
asgaaie-worpe mikkend dan daarmee
op rugge en arme - roserooi en sag
deur witte somerkleedjies skeem'rend.
| |
| |
‘Sannie kyk,’ sê Martjie, ‘hier het hy
die ander middag amper ingeval,’ -
en met haar handjie wys sy op 'n plek
waar Roelf se voet het uitgegly,
Die brug is net 'n boomstam oor die spruit,
aan weersy in 'n mikhout vas-gelê,
en raaklings oor die water gaande, -
breed en ondiep is die spruitjie hier.
‘Nou kyk,’ sê Martjie aan Sannie,
‘hier, waar hy nie reg-op kon bly staan,
my drie keer in die rondte draai.’
En, met haar arme uitgesprei,
voeg sy die daad ook by die woord....
alkant grypend om haar heen,
en het haar om haar middel vas
kan hy ook homself nie staande hou,
met snel beraad gryp hy dit aan:
| |
| |
Daar staan hy in die water nou met haar,
tot aan sy knieë in die stroom,
droog, en veilig in sy arme nog
- haar arme om sy skouer vasgeklem.
En Sannie lag dat sy so kannie-meer
tot sy ook amper van die steg af val!
Stadig oor die klippe nou
stap Roelf met Martjie kant toe,
dat niks te vrees is nie.
En Sannetjies uitbundig-luid geskater
werk op die twee aansteeklik
Die water stoot teën Roelofs bene op,
versigtig oor die klippe set hy goed
Sou 't wees dat nou die skrik
begin op Martjie ná te werk?
want gouer gaan haar asem, gouer steeds
al nader vorder na die kant;
en aan sy bors kan hy ook voel
hoe, altyd meer, haar laggie hygend word
Sannie sit al oorkant op die gras
en kan nie meer van die lag.
| |
| |
Roelf is uit die water nou,
en set vir Martjie op haar voete neer,
Sy lag is nie meer vrolik-ongedwonge
Meteens is tans die vrolikheid
by Sannie, as by Roelf, verstom,
want plots'ling eindig Martjies hik'rig laggie
so luid en pynlik-skokkend
asof selfs die vrolik sonnetjie
Maar gou-gou het sy haar herstel,
nog voor die ander angstig haar kan vra
En laggend, naas mekaar, stap hul na huis.
Roelf is na sy kamer afgedraai
om droë klere aan te trek.
Deur Sannie word die voorval by die huis
met geur en kleur vertel.
Martjie het sig op 'n stoel laat val,
gejaag gaan altyd nog haar bors;
en van haar ma af draai haar oë weg,
en bo haar asem is haar stem,
‘O, ma, ek het tog so geskrik!’
|
|