Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 38] [p. 38] VIII. Roelof, in ervaring reeds geryp en ouer in jare as Martjie, het van sy aankoms af die aansien en die agting reeds gewin van almal in die dorp. Maar Martjie moet sig wel beken dat nie juis daarin nie die rede lê dat sy in hom 'n ander en 'n meerder sien as in die ander jonkmans om haar heen. Onagsaam deur 'n jonge man te word verby gegaan, wat wêrd is dat sy hom haar agting of ten minst' haar aandag gee, word deur geen jongnooi goedskiks ooit verdra. [pagina 39] [p. 39] Wyl 't haar gelyk het van begin of Roelf eenvoudig net vir haar beskou as een soos pa en ma, moes Martjie ondervind, nie weinig tot haar eie verbasing, dat sy haar oorstelp gevoel het deur 'n bang v'rontrusting, nee, deur wanhoop, sou sy byna sê. Die dwaasheid daarvan het sy toe haarself wel voor-geredeneer, sig vraend waaroor sy tog wel te wanhoop had; en kwaad, dat so'n beroering haar, so helder van verstand, so'n dwase kyk op mense en dinge gee. Maar nou dat alles weer verby is en dat Roelf, d'onskuldige oorsaak, daar nog altyd staan so vas en kalm-onwetend soos 'n rots wat bo die golwe ongedeer hom nog vertoon, nou moet sy nogmaals ondervind dat die verhouding nog maar nie vir haar bevredig nie. Dis swaar vir haar om hom met rus te laat, met moeite moet sy haar bewaak, bedwing, om in haar plaery nie al te ver te gaan; [pagina 40] [p. 40] te meer omdat sy altyd merk hoe hy, in weerwraak op haar grappies, hom die selfdwang oplê, waar sy nie die rede van deurgrond nie, wat hom altyd noop om òm te draai as hom sy jonge bloed tot naad'ring wil beweë. Selde of ooit sal hy uit eie beweging ook met haar 'n plaery begin; en baie maal het sy reeds opgemerk hoe hy, as ma en pa teënwoordig is, hom meerder vryheid gun met haar dan as hy hom met haar alleen bevind. So bly nog hul verhouding steeds 'n bron van onrus en van twyfel, tot daar iets gebeur wat plots'ling nuwe lig ontsteek vir haar, en onmiskenbaar is: Vorige Volgende