Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 35] [p. 35] VII. Smôrens is oom Koot van almal in die huis die eerste op, gebruik sy koffie en sy brood en hou al vroeg die opsig by die werk. En met tant' Mieta ook is 't baie maal nie anders nie. En so is 't al die reël elke dag dat Roelof aan die tafel smôrens net vir Martjie nog ontmoet, om hom by d'ete te bedien. Die plig laat sy haar welgeval as vir 'n broer, want as 'n kind van hul gesin word Roelf behandel. Bekoring het so'n broerskap wel vir haar, sy kan nie stry nie, nee, sy kan heelt'mal nie ontveins dat daardie klein kwartiertjie elke dag, [pagina 36] [p. 36] aan d'oggend-dis met hom, die skoonste oënblik is van d'hele dag, verlangend sien sy daarna uit, te meer omdat sy nou genoeg besef dat nooit welvoeglikheid se heiligdom van hom gevaar te dugte het, as hul sig spelend op die rande waag van hartstog en gevoelens steeds aan jonge harte eie. Skud die Wysheid met sy hoof as hy so'n spel aanskou? Wel moontlik, ja, maar sonder 'n glimlag op sy lippe seker nooit. ‘Martjie, 'n stukkie brood,’ vra Roelf Sy skuif die bakkie aan. Hy sê al dankie, want hy het gedink 'n snytjie te kan neem. Maar al-meteens trek sy dit weer terug, en gryp hy met sy hand die tafeldoek. En as die bakkie stadig nog 'n keer word aangeskuiwe gryp hy snel haar blanke pols, dat sy hom nie 'n twede keer kan fop, - sy vingers drukkend in haar weke vlees - maar plots'ling laat hy los, [pagina 37] [p. 37] hoewel daar niemand is wat kyk en vestig op sy bord sy oë weer asof hy iets gedaan het wat hy nie mog doen nie. Haar môre-kleed is rose-rooi van kleur, nie knellend om haar lede nie, maar volgend tog die ronding - vol en buigsaam; mollig, en tot d'elleboog ontbloot, haar arme, in die moue wyd en oop. Op d'adem van die rose, fris bedoud, kom deur die ope venster uit die tuin die skone môre; maar dis net of slegs aan haar die môre sy aroma het ontleen wat d'hele kamer vul, en ná-geur nog as sy dit lank al het verlaat. Vorige Volgende