Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 32] [p. 32] VI. Dis oggend, en die ete staan al klaar, - die aand tevore, laat, is Roelof ingetrek nadàt hy in die middag eers die welkomsfees had bygewoon. - Oom Koot sien almal om die dis hul plekke neem en vryf sy hande op mekaar van skoon plesier: ‘Ja, Roelfie, so wou ek dit altyd hê, en kyk, die plekkie wat jy daar aan tafel het is joue vir altyd nou.’ En moederlik-geneë is die laggie wat daar straal van ou tant' Mieta haar gelaat. En vrindlik ook knik Martjie met haar hofie. ‘Kom,’ sê oom Koot, en buig [pagina 33] [p. 33] sy hoof voor-ower op sy hand. Almal volg hom na daarin; en niks versteur die plegtig woord van d' ou-man se gebed as net die vooltjies, kwett'rend voor die raam, en, by die eikeboom, die hoef-gestamp van Roelofs ryperd, opgesaal en klaar om hom na dorp te neem. 'n Oënblik van erns en stilte volg op d' ‘amen’ van oom Kootjie se gebed, want hy het daarin ook 'n woord gewy aan sy getroue vrind, en aan sy seun - hul huisgenoot van nou af aan. Dis net of daar met Roelofs koms 'n windjie is ingewaai van nuut-fris lewe op die kleine kring aan tafel: Met kennis toegerus van veel wat vreemd is aan die lewe op die plaas is hy 'n bron van nuw' gedagtes. Oom Koot is op sy stukke: ywerig deur Martjie bygestaan bespaar hy aan die jonkman nie sy kleine plaëry en strikvrae, fyn gespan. ‘Ag kom, wat sou die Johnnie daarvan weet?’ dis baie maal oom Kootjies woord: [pagina 34] [p. 34] en Roelof, ongewoon en links in plaasgebruike, bly die mikpunt so van hulle skerts. Maar ou tant' Mieta is sy bondgenoot by die skermutselings; en baie maal steun sy hom fluks met woorde goed van pas, wat aan die teëparty 'n neerlaag kos. En raak hy hulle self, met voorslag goed gemik, dan knik sy hom goedkeurend toe. - So baie plesier het sy in jare nie gehad! ‘Maar wag maar, ons twee sal die Johnnie sout, hoor Martjie!’ dis dikwels dan oom Kootjies laaste skot. Vorige Volgende