Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 28] [p. 28] V. Oom Kootjie, jeugdig nog van hart, en elke dag aan Roelof meer geheg, het lank al reeds gesê: ‘kyk Roelfie, op die dag, as ek jou eind'lik hier op Uitkyk het, haal ek 'n bottel ou-wyn uit en drink ons jou gesondheid almal saam.’ Oom Kootjie wil sy woord nou hou, en 't tref ook net vandag dat ou neef Kasper en sy vrou op Uitkyk aan sal ry, - vir ou tant' Mieta nog 'n rede meer die glans van hulle fesie te verhoog met tert en koeke vars en geurend uit die oond. 'n Tafeltjie staan buite reeds gedek, neef Kasper en sy vrou word daar ontvang. Wat sou 't met Martjie wees? [pagina 29] [p. 29] Sy staan gekleed en klaar om uit te gaan, en sal vandag nie daar wees by die klompie nie: Ja, gist'r-awend het sy nie in slaap geval eer sy 'n middel had bedag om haar besluit teen Roelf gevolg te gee: in plaas van ook sy welkoms-fees met vrolik-lief gesiggie by te woon, sal sy verklaar op boodskap te moet gaan wat nie meer uitgestel kan word. Maar nou sy reeds het opgemerk hoe hy vir haar dieselfde is as elke dag, en daardie handdruk van gist'r-aand vergete het of heelt'mal nie beskou as blyk van soet geheim wat sy aan hom in stilte het vertrou, nou voel sy grote lus, haar plan van uitgaan te laat vaar en daar te bly, by hom. Sou 't blydskap wees omdat sy haar in hom vergis het; of sou dit wees dat sy maar net gevoel: natuurdrang van haar meisieshart [pagina 30] [p. 30] gerus 'n vryer teuël te kan gee waar geen gevaar bestaan dat hy die hele hand sal neem as net 'n vinger hom word aangebied? Maar dis al tyd dat sy moet gaan, haar klein komedie moet sy nou ten einde speel. Dis ander dae nooit gebruik by haar 'n hand te gee, as sy so heen en weer op boodskap gaan, maar, vir 'n grap sou sy dit net vandag wil doen, ja, skynbaar vir 'n grap maar eintlik wel om Roelof ook 'n beurt te gee haar hand in syne vas te hou. Plots'ling kry hy nou gedagte weer aan Martjies groet gist'r-aand, en op sy beurt hou hy haar hand in syne nou gevang terwyl hy laggend sê: ‘Nee wag, jy 's al te haastig, laat ek hul nou eers vertel: Tante, pas maar op vir Martjie, hoor, wat sy makeer gaan bowe my verstand, daar 's muis-nes in haar kop....’ En daar word die hele storie van gist'r-aand vertel. [pagina 31] [p. 31] Sy ruk haar handjie los uit syne en haas haar stap om weg te kom. Ja, soet geheim, voorwaar! Hoe kon sy tog van hom ooit so iets dink? Dáar word dit aan die laglus prys gegee van almal saam! Sy voel dat haar gewete suiwer is, maar waarom dan voel sy soos een wat heelt'mal is verslae? ‘Dis duid'lik,’ sê sy by haarselwe, ‘hier moet anders word te werk gegaan....’ Te werk gegaan!? Hoe kom sy tog aan so'n gedagte; wat is dan haar doel waar sy na streef, of syne, wat sy moet verydel? Nee, sy vind op al die vrae geen antwoord nie; en elke dag word sy haarselwe nou tot raadsel, meer en meer. Hoe klugtig was haar swaar bewapening, waar nooit 'n aanval was te vrees .... en moontlik ook geen vrees sou wek! Vorige Volgende