| |
| |
| |
IV.
En so vroeg al in die môre?
Ja, dit is die afgesproke teken,
Martjie staan al lang daarop te wag.
sy 's lank al aangekleed en klaar.
'n vrolik jongspan wag haar daar
Twee jonkmans spring daar van die relings af
en storrem op die hekkie toe
wie of die eerste daar sal wees!
Martjie staan al by die voordeur klaar
met kappie helderwit, en toegestrik
| |
| |
Glimlaggend knik sy met haar hoof
op daardie twee se môre-groet
en buiing, speels-oordrewe.
Sy wys hul daar 'n mandjie, by die deur,
Gejuig begroet haar by die wa.
Haar twee geleiers maak, aan d'agterkant,
'n trappie waar sy op kan staan,
en die wat op die wa is, neem haar hand;
en vooroor val sy byna in die wa,
'n Juigkreet is die laaste groet
aan Uitkyks woning, half geborge nog
in skaad'wees van die nag, -
en verder gaan die piekniek-wa.
Tweekeer word die volkslied nog gehoor,
voor wonings wat nog slaap,
om die te wek wat mee moet gaan.
Die span is nou voltallig, en die trek
Hul 's op die bult, en plots'ling word hul oog
getroffe deur die môre-son,
oor verre vlakte-soom net opgeduik, -
| |
| |
met drie hoera's begroet;
en kyk, dis net of hy vir hul
Die bok-wa gooi sy skaad'wee lang-gerek
En lieflik lag die vlakte na omhoog,
as gedra op weerklank van
Uitgespan is reeds die wa
as Martjie eers van Roelf 'n môre-groet
Hy was nie een van daardie twee gewees
wat haar kom haal het by die deur:
en toe hy op die wa sy sitplek neem
van ver, so tussen al die ander uit,
het hy maar net na haar geknik;
genoeg'lik met die nooi gesels
In bonte ry sit almal op die gras,
| |
| |
Naas Roelof is 'n plekkie oop,
en kies 'n plekkie aan die ander kant.
Is 't wraak, of moedwil, in die snelle blik
Hoe 't ook mag wees, op hom is 't glad verloor:
hy 's bésig met 'n bottel oop te maak,
die meisie naas hom te bedien;
as Martjie nog bewys moet hê
dat hy haar moedwil glad nie het gemerk,
want, kyk, daar spring hy op
en, op haar skouer tikkend,
laat ek jou glasie vir jou vul.’
Sy blik is openhartig, reguit kyk
en bruisend tintel net alleen
die piekniekdag se vreug daarin
‘en netnou kom ek vir jou haal, ou sus,
ons twee is maters by die meule-spel.’
kan sy wel nie anders nie
as met 'n glimlag toegee aan sy wens.
Hy 's weg alweer van haar,
na oorkant van die kring,
| |
| |
om nog 'n leë glasie vol te skink.
‘Stilte daar! 'n voordrag word gegee.’
Die voordraer het al pos gevat
en hoor nie hoe hy reeds die naam
Maar Martjie het die naam gevang, en weet
dat daardie vers 'n spotgediggie is
op een wat sig belaglik maak.
Is 't Martjie alleen wat merk hoe Roelof nou
meteens verby die voordraer loop
'n woordjie fluister in sy oor?
sonderling in alles wat sy doen,
in elke trekkie kom sy haas ooreen
met daardie noointjie in die vers beskrewe,
en Sarie is vandag ook hier.
Roelf, onseker of die voordraer wel
die versie sal laat staan,
is snel na Sarie toe gestap
soos ander reeds al doen -
| |
| |
Daar 's stilte nou, en Roelof hoor van ver
dat hy, wat voor sal dra,
'n ander versie noem as d'eerste keer;
en, Sarie opmerksaam makend,
en eers met hom die voordrag aan te hoor.
Onafgebroke is Martjies oog op hom,
bewond'ring lê daar in die blik,
- beleefdheids-diens aan Sarie Drost betoon,
deur Sarie-self en deur die gaste ook
'n heldedaad van d' allergrootste is.
en almal word weer tuis gebring.
stap Roelf by Uitkyk van die wa.
Ná ete sal hy dorp toe stap, alleen,
van-aand die laaste keer,
want môre, eind'lik, is die dag gekom
dat hy op Uitkyk intrek neem,
na sy belofte aan oom Koot gedaan. -
| |
| |
Sy buitekamer staan al klaar,
die nag hang swaar in digte eike-lower,
breë stamme eenkant net verlig
waar lamplig uit die rame stroom;
en uit die ope voordeur gly oor stoep
vèr-strekkend oor die werf se gras, tot waar
die swarte donker dit verswelg.
Oom Kootjie sit voor ope raam te lees,
die bybel-blaaie hel verlig,
en volgend met sy vinger elke reël:
met vrome aandag nog 'n keer die woord,
die skone woord herhalend wat hom flus
getref het toe hy vir almal saam,
die aand-diens het gelei.
En by die tafel ook, met hoof gebuie
in stilte, oor die handwerk wat sy doen,
Onvermoeid nog na die dag se tog
kuier Martjie en Roelf op stoep,
hy nader sig aan haar wil voel
maar ná 'n rukkie, plots'ling,
| |
| |
En al te goed het sy gemerk
dat hy die plan ekspres maar het bedag
In stilte vra sy aan haarselwe:
en oor die ronding van die boom se stam
Fluist'rend praat die twee, om ou oom Koot
sy stotend lese nie te steur.
Dit word vir Roelof tyd, -
verbygaand by die voordeur stap hy in
om aan tant' Mieta en oom Koot
‘Tot môre, Roelfie,’ sê oom Koot,
‘dan is jy eind'lik onse huisgenoot.’
Martjie stap met hom die treedjies af
tot aan die hekkie van die werf.
Sy het van-aand maar min gepraat,
werktuig'lik antwoord géwend as hy so,
by kuier heen en weer op stoep,
haar iets gesê het of gevra;
en droomverlore stap sy nou ook nog
| |
| |
Hul 's by die hekkie voor sy weet;
en as hy haar 'n hand tot afskeid gee
dan hou sy in haar handjie nog
sy vingers vas 'n oënblik....
en sê gejaag, met laggie baie verleë:
is ek dan mal om so meteens te dink
en môre kom j' eers regtig....’
‘Martjie, Martjie!’ antwoord Roelf
gemaak-bestraffend; - en dan is hy weg,
'n vrolik deuntjie fluitend op sy gang.
Glansend-wit, 'n oënblik,
vertoon sig in die lamplig voor die deur
die slanke beeld van Martjie,
die treedjies opstap en oor stoep
die voordeur sluitend vir die nag.
In sware mantel duik die nag
gewieg as op die naklank, sterwend-ver,
| |
| |
van bybelwoorde flus gehoor,
van kikkers in die slote al-omheen.
En hoor, dis net of uit die sfere bo
'n fluist'ring van die sterre ruis,
sig mengend met die koorgesang beneë,
tot lied van vrede en rus....
en met haarselwe ontevree;
met hand-ruk driftig-snel
het sy haar tjalie op 'n stoel gegooi
en stap haar kamer op en neer:
Wáarom het sy haar ge-èrg gevoel
en watter reg had sy om te verwag
dat hy nou juis naas haar
'n plekkie op die bok-wa in sou neem?
Nee, had hy dit wèl gedaan
ge-èrg om so 'n handeling, daar,
voor oë van die hele piekniek-skaar,
want maklik word so iets verkeerd bedui.
soos ander dae haar wou groet,
dat hy vir altyd afskeid neem,
| |
| |
en so sy hand in hare vas te hou!
O, foei, en wat gedagte het hy wel
Sy, in die huishou so bekend,
Vanwaar dan die vergissing so meteens?
Martjie vind op al die vrae
en opgewonde van verwarring nog
lê sy haar eind'lik op haar bed te rus.
Maar éen ding staan by haar nou vas:
sy sal hom môre daad'lik goed laat merk
dat daardie handdruk van van-aand
en tog volstrek geen plan
om hom tot naad'ring te beweeg.
|
|