Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 14] [p. 14] III. Dit was 'n aand gewees toe Roelof, ná sy vaders dood, op Uitkyk kom die eerste keer. By lamplig, in die huisgang, het hul hom die aand ontvang en welkom aangebode. En Martjie het hy ook die eerste keer toe daar ontmoet en hand gegee. Van bo het sy die lamplig neer sien vai op voorhoof breed en welwend; en uit die winkbrou-skaad'wee had 'n oë-paar haar aangekyk so durwend en so reguit in haar eie, soos sy nog nooit by jonkmans het gewaar. Die handdruk, ook, was ferm daarby. En, net soos ene half verslae, het sy 'n stappie toe terug getree. [pagina 15] [p. 15] En sittend by haar bed die aand het sy só lang met oë starend-wyd die kêrsvlam aangekyk, of sy 't nog nooit tot nou toe het gesien; en het nou iemand haar gevra: hoekom? dan het sy 't selwe nie geweet: Gemak'lik-ordeloos, van bande ontslae, kan ons gedagtes so aan dwale raak, in towerlande swaar te ontvlug. So was dit ook met haar die aand; maar elke keer het sy gemerk hoe steeds die beelde, vlottend om haar heen, om éne punt wou draai; en elke keer sien sy dan daar 'n voorhoof van 'n ronding hoog en edel en durwend daardie oë, op haar gerig. En 't was of sy in daardie blik 'n aanval sien, of sy tot stryd word uitgedaag. Meteens opspringend van haar stoel, het sy haar hofie trots na bo gewip: ‘wat of hy hom wel sou verbeel, die baas-skap sal sy hom wel gou ontleer....’ en hard-op het sy toe gelag. Twee maande is nou verby ná daardie aand van Roelofs koms, [pagina 16] [p. 16] maar hy 't vir haar dieselfde nog gebly: eerbied bowe mate, soos sy dit by ander jonkmans sien, betoon hy nooit aan haar; maar kyk, alreeds na d'eerste dag of drie kon sy haar daaroor nie meer erger nie. Vorige Volgende