Martjie(1920)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 10] [p. 10] II. Roelof is 'n seun van Freed'rik Prins, Oom Kootjies boesemvrind, - skoolmaats was die twee gewees, en vrinde, tot die dood hul het geskei, vrinde aan mekaar geheg so onbaatsugtig trou as selde in die lewe word gesien. Freed'rik was dit ook wat hom met beurs en raad gehelp het toe tekort en skande gedreig het voor sy deur. Nadàt hul was getroud, het wêrelds loop die vrinde van mekaar geskei en vèr was hulle van mekaar gaan woon. Freed'riks dogters was al almal weg, getroud, verspreid; en Roelf, die een'ge seun, was weg op studie toe sy pa meteens gestorwe is. [pagina 11] [p. 11] En nou, met hulp en invloed van oom Koot, is Roelof in die dorpie daar geplaas, waar Uitkyk, ou oom Koot se plaas, nie al te ver vandaan is. Begryp'lik dus dat hy die deur vir hom daar altyd ope vind en gou op Uitkyk hom moes tuis gevoel. En elke dag ook vind oom Koot dat Roelf sy hart al meer en meer gewonne het, veral dewyl hy in maniere en aard die ou-man so herinner aan sy vrind, aan Freek, sy boesemvrind, wat hy nooit sal vergeet. Sy kinders, boëndien, is almal uit die huis, net Martjie allénig het nog oorgebly. Dit alles, en begeerte nog daarby om aan die seun die liefde-skuld weer goed te maak, het d'ou-man tot besluit gebring dat Roelf by hom 'n nuwe tuis moes vinde. Oom Kootjie en tant' Mieta het wel stil gedagtes by hulself gemaak dat wellig, as die jonkman daar sou kom, verhoudings tussen hom en Martjie kan ontstaan - in jonge harte maklik opgewek - maar vir hulle maak dit sorg nog vrees, [pagina 12] [p. 12] soos hul hom nou al ken; ja, nou en dan, en sonder woord te praat, verwissel die twee oudjies ongemerk 'n laggie met mekaar, en albei dink daarby aan wat die toekoms sou kan bring. Maar dit is al, geen woord of teken meer wat aan hul teed're wense uiting gee; want dis hul goed en lang genoeg bekend dat Martjie 'n wil, 'n koppie van haar eie het en haar gevoelens nie laat lei. In buurte en dorp is Martjie baie gesien, in meisies-kringe ook gesog, hoewel sy in maniere en aard haar onderskei deur iets aparts - vir hoogmoed of verbeelding aangesien deur die wat haar nie ken. Maar duid'lik is 't vir elkeen, van begin, dat agter daardie grys-blou oë-paar 'n siel woon wat sig op sy plek gevoel, vol erns en diepte, maar daarby 'n sonneskyntjie bêre, gemak'lik tot 'n tint'ling op te wek, wat baiemaal [pagina 13] [p. 13] ondeuënd uit die raaksiende oë straal - tot wanhoop, ag, van menig jonkman wat alreeds om Uitkyks noointjie het gedraai: dis duid'lik, sy is almal skoon die baas, en lyk of sy aan trou nie dink. Vorige Volgende