Liefde en plig
(1909)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekendEerste Toneel.BEREND, JAPIE BRITS.
BEREND:
(Alleen bij die vuur, 'n o'enblik later Japie Brits).
Is die wagte uit?
JAPIE:
Ja, veldkornet.
BEREND:
Dit moet tog seker maar 'n praatje wees
Dat kakie's vrinde nou al hier spioen
Bij Westlandspoort. Hoe gaat 't t'huis, ou maat?
JAPIE:
So, so, dit gaat maar swaar 'n groot gesin
So an hul lot allenig o'er te laat.
Mijn moeder, so's jij weet, woon ook bij mij,
En sewe kinders! - d'is nie maklik nie.
BEREND:
Laat jij hul onversorg so agterblij?
| |
[pagina 24]
| |
JAPIE:
Maar Veldk'net, wie s'n bloed word dan nie warm
Als dwing'landij en onreg jou verdruk?
Die vent noem ik 'n lawwe meid wat so
Kan stilsit als 'n ander baas wil speel
In onse huis en haard; 'n man, sê ik,
Die vat hem bij s'n nek en smijt hem uit.
(Bêrend kijk beskaam op sij. - Stilte).
Nee, Veldkornet, 'n man laat alles staan
Die liefste wat jij op die aarde het.
Swa'er Jacob wou ook saam kom, Veldkornet.
Maar kijk, nou het hij net so'n klomp so's ik,
Sijn vrouw, daarbij, nog altijd siek in bed;
Toen, Veldkornet, het ons akkoord gemaak,
Dat om die beurt, van ons twee één sal blij
Om die twee huishou'ens in sijn sorg te neem.
Maar kijk, toen ons moes loot, wie t'huis sal blij
En hij die kortste trek, geloo mij vrij,
Toen huil die kêrel so 's 'n kleine kind
En sê hij sou geen man meer aan durf kijk
Omdat hij bij die vrouwens t'huis moet blij.
En ik moes sweer nie 'n dag te laat te kom
Om hem daar af te los........
Maar 'k sit m'n tijd verpraat, - ik moet op wag.
(Hij gaat).
BEREND:
(Alleen, hoofd in hand).
So vol van sorge en so trouw, so trouw......
En nou gaan ik hul in hul nood verlaat.
Hoe sal IK ooit weer ene aan durf kijk?
(Hij spring meteens o'erend. Beslis).
So nooit, so nooit! Magreet, vergewe mij
Maar bij mijn volk staan ik tot in die dood!
Nee, nee Magreet, dit is nie selfsug nie:
Mijn manne-eer, is dit nie joue ook?
| |
[pagina 25]
| |
Wat blijf daar o'er van mij als 'k dit verloor?
'n Lege huls, so sonder siel en lewe!
Sou 't nog die selfde Bêrend wees wat jij
Jou liefde het geskenk? Mijn liefste, nee!
Dit sou bedrog, dit sou berowing wees,
Verraad aan onse liefde. Gaat, Magreet;
Ik soek jou na die strijd, so help mij God!
JAPIE:
(Snel opkomend).
Veldkornet, daar kom 'n kar aan in die pad!
BEREND:
Roep al die kêrels bijmekaar, ik kom.
JAPIE:
Hul is op hul pos, Veldkornet, - daar hou die voorste wag hem al staande. (Hij gaat naar agter).
BEREND:
Wat sal 't nou afgee?......
(Hij kijk stip in die donker. Rumoer).
Vier pêrde in die kar...... 'n Ou man en 'n vrouwmens stap d'r uit...... | |
Twede Toneel.BEREND, P. v.d. GAART, MAGREET, JAPIE, WAGTE.
(Die Wagte kom aan met Petrus v.d. Gaart en Magreet. Bêrend siet hul kom en stap 'n paar tree agteruit. Versla'e:). P.v.d.G.:
Waar is jul hoofdman, wat moet dit bedui
Dat ons hier in die pad word aangehou!?
| |
[pagina 26]
| |
BEREND:
Oom Piet! Magreet! Wat sien ik!?
MAGREET:
Bêrend!
P.v.d.G.:
So, so, verraaier, dus is dit jou spel?
BEREND:
Oom Pieter, op mijn woord......
P.v.d.G.:
Als eerlik man het 'k op jou woord gewag
En dit 's jou antwoord......!
BEREND:
Oom Pieter, laat mij praat....hoe kon ik weet....
P.v.d.G.:
Ach man, blij stil, ons twee ken nou mekaar.
BEREND:
Dit spijt mij oom, die reis moet weer terug,
Dit is m'n orders wat ik uit moet voer
(P.v.d.G. maak 'n beweging).
Oom Pieter, laat mij praat........
(P.v.d.G. maak 'n heftige beweging van afkeer, dat hij niks wil hoor nie. Bêrend bedui die wag met sijn hand dat hul die prisonier terug moet neem naar die kar. P.v.d.G. kijk Bêrend sprakeloos aan en stap vort met die wag).
MAGREET:
Bêrend, hoe kom jij hier?
BEREND:
Magreet, Magreet, dat mij die lot moet tref!
Ik moes die wag hier plaas. - O, kon ik weet....
| |
[pagina 27]
| |
MAGREET:
Bêrend, wat jou plig jou sê is wet,
Vergeef mijn swakheid dat ik jou dorst vra
Bij mij te blij terwijl jou manneplig,
Jou vaderland in nood, jou kragte vra.
Dit was die noodkreet van 'n angstig hart
Wat tog so lief het, Bêrend......
BEREND:
O, meen jij dit, laat jij mij vrij, Magreet?
MAGREET:
So's ik m'n Bêrend ken so moet hij blij.
BEREND:
Magreet, jij staal mijn arm, jij gee mij moed.
Ik wou jou sê, ik kon nie anders nie;
O, 'k het geweet jij het 't nie gemeen.
MAGREET:
Ik het jou 'n brief gelaat, want jij was weg.
BEREND:
Hoe kom jul hier, jul sou eers more gaan,
En suidwaarts met die trein?......
MAGREET:
't Was Pa wat skielik so beslote het.
Ik weet nie waarom nie, maar ik moes mee.
Ik wou nie meegaan Bêrend, 'k is so blij
Dat alles uit is en ons t'huis moet blijwe.
BEREND:
Kom, kom, die kêrels wag ons bij die kar.
'n Perde-wag gaat mee. Ik breng jul self.
(Gordijn).
|
|