| |
| |
| |
Eerste bedrijf.
(TUIN van P. VAN DER GAART:
Van die linkerkant kom 'n goed toegegroeide prieel tot op die middel van die toneel. Voor die prieel, op die voorgrond, staan 'n tuintafel, 'n tuinbank, en tuinstoele. Agter die prieel, op die agtergrond, is die tuin afgesluit met bome en traliewerk. O'er die tralies is in die verte die landskap te sien. Dit word veronderstel, dat die woonhuis links agter die skerme is, op die voorgrond).
| |
Eerste Toneel.
MAGREET. Later: BEREND.
(Alleen - Hartstogtelik).
‘Bemin te wees en te bemin, O God,
Geen gawe nog so heerlik, groot en skoon;
O, in die bors so'n hemel te voel lewe,
Te groot, te magtig v'r so klein bestek!
Dit klop, dit swel, of 't die band sou breek
Als nie met ruime hand en volle maat
Die rijkdoms owervloed word uitgestrooi
En meegedeel aan almal om ons heen.
Te kort die dag, te klein die spanne tijds
Om soveel heils te bêre en te verlewe;
Maar skaars het 's nags die vaak uit medelij
Die soete pijn se woeling stil gemaak,
Of d'eerste more-straal, vol sorge ook
Dat so'n besit te lang vergeet sal blij,
| |
| |
Kom haastig weer om d'ooglee op te lig,
Jaloers om d'eerste glimlach op te vang
Wat nieuw besef van blij besit weer breng.
En op die jonge loof se more-asem,
En op die voorjaarsdag se bloesem-geur,
Kom so die rijke vloed in golf op golwe
Tot hijgend so mijn bors die gloed ontstraal.
Hoe skijn 'n son wat nie v'r hem mag lig nie?
Die windje swijg wat nie van hem mag praat;
Maar O, dan swel die stilte vol van blijheid
En strooi haar o'ervloed uit o'er veld en rande
En verf die awendwolkies rooi en goud
En vul die nag s'n wije stergewemel......
Is 't ik, is 't ik wat soveel skats ontvang?!
So vraag mijn hart en kan 't haast nie g'lowe.
Te veel! Te veel! En om die owerwig
Weer goed te maak moet soms 'n tranevloed
Verlossing breng en nieuwe kragte gewe.
Die goue ring en steentje is van hem.
O, 'k breng 't aan m'n lippe duisendmaal;
'n Hart so trouw als goud het ik gevonde
So sal geluk m'n lewe trouw ook blij.
(Bêrend kom binne).
(Hulle omhels mekaar).
Wat is 't Bêrend, wat makeer?!
Wat sou makeer als jij bij mij is, Greta?
| |
| |
Nee, mij kan jij nie fop nie, Bêrend, praat!
Hoe skerp of jij tog siet; hoe swaar, hoe swaar
Om jou nou seer te maak..........
Die oorlog, Bêrend!? O, ik het geweet!
Magreet, die oorlog staat ons voor die deur.
(Swijgend, hande voor haar oge. Sij neem hem bij s'n hand en lei hem naar die bank waarop sij naas hem gaat sit. Wanhopig, hartstogtelik:)
Tog nooit, tog nooit sal Bêrend mij verlaat!
Tog nooit sijn bruidje in verdriet kan stort!
Magreet, mijn plig, mijn Afrikanerplig!
(Bars meteens in trane uit. Luid:)
O, God, ik sien hem lê, verskeur, vermink!
En in s'n bloed, allenig op die veld!
| |
| |
(Stilte van enige minute. Sij loop als versuf enige passe weg en sink neer op 'n stoel. Hij volg haar, neem haar hand en wend s'n hoofd af. Sij omklem meteens sijn arm en druk haar gelaat daarle'en.)
O, Bêrend, dan trek Pa sijn woord terug.
O, blij, O blij bij mij......
(Met sijn hand voor s'n hoofd, tersij:)
O God, dit hou g'n man. Wat sal ik doen?
(Geluid, agter die skerme, van iemands aankoms. Magreet en Bêrend laat mekaar los en gaan naar die agtergrond.)
| |
Twede Toneel.
Die vorige, PETRUS VAN DER GAART.
Ha, ha, ha, ha! Nou sal die bluffers bars,
Nou sal ons sien waar al die grootpraat blij.
Die dom gespuis, wat hul so waar verbeel
Dat hul aan Eng'lands mag die hoofd kan bied.
Maar so is 't goed, voor hul die les nie leer
Sal 'n man hier nooit in rus en vree kan lewe.
So, so, sit jul weer daar? En is 't die nieuws
Wat jul so stil en so neerslagtig maak?
Neef Bêrend, maat, d'is goed dat ik jou sien,
En als ik jou ons planne nou vertel,
Dan lach jij sommer weer. Is dit nou 'n man
(Slaat hem op s'n skouer en skud hem)
Wat sommer van die staanplek kop laat hang
En bleek word als g'n enk'le roer nog praat.
Ha, ha! En ons twee moet dan voortouw neem
Als d'eerste skot daar op die grense val.
| |
| |
Wat mij betref, Oom Piet........
Kom 'k speul maar maat, so dom is ons twee nie.
Wat sê jij dáárvan, kijk........
(Hij haal papiere uit s'n sak en gee 't aan Bêrend)
(Verbluf).
Drie kaarte v'r die stoomboot! Maar Oom Piet....
(Slaat Bêrend vertrouwelik op s'n skouer).
Nou weet jij Bêrend, maat, hoekom ik so
Die laaste tijd mijn vee verhandel het;
Ik het die ding sien kom, nou is ons los.
Die som sal ons plesiertje net mooi dek,
Die ander geld lê vas in ei'endom
En goed versorg, wat rusie ook mag woel;
Swa'er Koos bewoon die huis tot ons weer kom,
D'is alles al van more klaar gepraat.
(Kom nader, met sijn hand vooruit).
G'n tijd v'r praatjes neef, g'n dankie nou.
Loop huistoe gou, en pak jou koffer in.
O'ermore a'end is ons drie aan die Kaap.
Jij lei jou bruidje voor die predekant,
En op die see, en in Europa, ver,
Lach ons die gekke uit wat hul verbeel
Dat harspan klowe so plesierig is.
En wat sê jij daarvan, Magreet?......
(Haastig, beslis).
Oom Pieter, plig gebied mij hier te blij......
| |
| |
En bij mijn volk te staan in hulle nood.
Oom Pieter, d'is mij erns.
(Kijk hem 'n paar minute sprakeloos aan).
Bêrend, ik het lang geweet dat jij
Jou steun gegee het aan die dwase klomp
Wat hul verbeel die mag te kan weerstaan
Wat voorbestem is in ons land te heers,
'n Reus, waarbij jul maar 'n miertje is.
Oom Pieter, daar 's 'n krag wat miertjes drijf
En manne roer om v'r hul reg te strij.
Wat ‘reg,’ wat voorreg sou jij meer verlang
Dan onderdaan te wees van d' grootste rijk?
'n Man, Oom Pieter, wil in eige huis
Geen baas erken, wat naam of mach hij voer.
Sou 'k dan in eige huis g'n baas meer wees?
Oom Piet verstaat mij nie.
Kijk, Bêrend, 'k het jou altijd aangesien
V'r 'n jonkman wat jou kopstuk goed gebruik.
| |
| |
En jij, dat jij nie beter weet als om
Die onrus-stokers in hul kwaad te sterk
Deur domheids wanbestuur jou steun te gee
En bij beskawings - haters jou te voeg, -
Bij 'n man so 's jij is het dit mij verbaas.
Maar dat jij om die dwase rusie nou
So waar jou bruid en jou fortuin laat vaar
Gaat bowe mijn verstand. Kom kêr'l, gaat saam;
En na 'n maand twee-drie is alles o'er;
Jij kom terug en vind die lug gesuiwer.
Oom Pieter, 't sou 'n laagheid wees van mij,
Waar ander lij m'n eige vel te spaar.
'n Laagheid! Dus van mij ook wou jij sê!
Kijk neef, d'is klaar gepraat, jou keus is vrij:
V'r jou en Greta, daar is na mijn dood
Die plaas en huis bestem, so was mijn woord,
Sij het jou lief, 't was om haar geluk.
Ik dagt die tijd sou jou wel wijsheid leer
Om met ons same in die kring te leef
Van wat ik ‘mense’ noem, nie ‘osse’ nie;
Dit is die kring en omgang wat haar pas,
En 'k lewe met mijn huis ook daarin mee.
V'r haar geluk noch mijne kan 't wees
Als jij haar tot die laagte weer wil breng
Of met jou stijwe kop ons naam bederwe.
Bedenk jou nog; tot more het jij tijd;
Ga j' met ons mee dan blijf m'n woord m'n woord
Of anders...... klaar gepraat. Jou keus is vrij.
(Hij wijs naar die tuinhek).
| |
| |
(Meer en meer gedurende die gesprek het sij Bêrend met bewondering aangesien en is tot ander sienswijse gekom. Nader komend).
O, Bêrend, hoor mij eers, 't was......
(Bêrend gaat weg en Magreet sak neer op 'n stoel).
(Na 'n stilte).
Come, don't be foolish dear, go 'n pack your trunks.
(Hij gaat weg).
| |
Derde Toneel.
MAGREET; later FREEK TERBLANS.
(Sit lang met hoofd in hande. Hartstogtelik).
Mijn held, mijn Bêrend! Hoe kon ik tog denk
Dat hij, dat hij sijn pligte nie sou ken,
Bij mij sou blij in lamme rus en weelde,
Die strijdperk sou ontvlug waar broeders lij?
Ken ik hem dan so min? Ach nee, ach nee:
Die noodkreet van m'n hart was dit alleen
Wat tog so lief het, O, en bijna sterf van angs
Als net maar die gevaar van verre dreig.
Die oog vol vuur en moed is mijne, mijne!
Die lippe vol veragting so geplooi
V'r al wat laag en klein en kruipend is.
| |
| |
So rijk is ik, so rijk, so rijk, - en 'k sou
Die kroon nie van sijn voorhoofd weg kan steel
Al sou die dood........ Wat sê 'k, die dood, die dood!
(Die hek maak 'n geluid op die agtergrond, sij herstel sig gouw).
(Freek Terblans kom binne).
Meneer Terblans! Kom nader,
(Sij gaat anderkant die tafel sit).
Uw vader...... ja, maar niggie waarom so......
Ik gaan hem roep, Meneer Terblans.
(Sij gaat, haastig).
(Alleen)
Nog altijd so afstotend, wat ik ook
Mag aanwen om mij aangenaam te maak.
Ik weet, ik weet d'is Bêrend voor en na
En in Oom Piet s'n guns staat hij ook hoog.
Maar 'k gee die strijd nie op nie, 'k ken die ou
En ik ken Bêrend ook; en 'k gee mijn kop
Als hulle vriendskap hierdie tijd deurstaat.
Mijn kans staat beter nou die roering kom,
Dit kom d'r net op aan om slim te wees.
| |
Vierde Toneel.
FREEK, P. VAN DER GAART.
(P.v.d. Gaart kom in).
Ah, n'aend Oom Piet, hoe staat die lewe nog?
| |
| |
O, midd'ling, midd'ling, but I'm glad old man
To see you yet, we're going to leave, you know.
I have no stomach for this beastly row.
(Haal stoombootkaarte uit sijn sak).
Kijk daar ou neef, - d'is klaar.
Drie kaarte; dus gaat Bêrend mee, Oom Piet?
D'is nog die vraag - I bade him choose, you know,
Once and for all between that lot and me.
Wag, hul roep mij daar, 'k kom net nou weer -
(Hij gaat links af, die huis in).
(Alleen).
Die drie gaan trek! So nooit of nimmer hoor,
Of mijn naam is nie langer Freek Terblans.
Laat mij prakseer...... 'k het al 'n halwe plan.
(Hij loop enige minute op en neer).
So, so, dus is daar woorde al gewees,
Net so's ik ook gedenk het, mooi so, mooi......
Maar nou, maar nou...... wag, daar's hij, kant en klaar:
Ha, ha! ik stuur Oom Pieter, op m'n woord,
Waar 'k hem wil hê, en Bêrend gaat hem vang!
(Haastig terug).
Ekskuus neef Freek, daar 's baje te bestel.
| |
| |
Ik moet jou in geheim iets sê, Oom Piet,
Toevallig is 't mij ter oor gekom.
Daar is geheime orders uitgevaardig
Om more bij die grens die trein te stop.
En almals name word daar opgeskrijf
En almal word gedwing om t'rug te kom.
Daar is verdenking van verraad ontstaan.
Wat ik jou raai, Oom Pieter, blijf nog more,
Span te'en die a'end jou vier rooiskimmels in
En rij die nag deur tot aan Westlandspoort.
Jul 's daar o'ermore voor die dag nog breek,
Van daardie kant word geen gevaar verwag;
Bo'endien is nergens wagte nog op pos, -
Daar gaat nog wel 'n week of twee mee heen.
D'is waar, ga j' daar die grense o'er, Oom Piet,
Dan moet jij t'rug tot aan die trein se spoor.
Maar veil'gheidshalwe is 't jou beste plan.
En tijd, in elk geval, moe' j' nie verloor......
Mach, kêr'l, d'is goed da' j' mij dit het vertel,
Hoe was ik anders in die val geloop!
Oom Pieter, kijk, ik weet jij 't baje te doen
(Opstaande. Met 'n knip-ogie).
En drukke sake wag daar ook op mij.
Ik sien jul voor jul more a'end vertrek.
En hoe is dit met jou, gaat jij nie trap nie?
Ik weet die boel kan jou maar weinig skeel.
Daar's sake wat mij hier hou, maar
Ik hou mij ko'elvrij, oom.
| |
| |
(Slaat hem op skouer).
Ik volg die lot en doen mijn burgerplig
(knipogend)
Tot ik die kat mooi uit die boom kan kijk.
Was almal maar so wijs. Maar Freek, ou seun,
Hoe word jij in die laaste tijd so ma'er?
Het Sannie van Oom Gert jou afgesê?
Oom Pieter, moe nie-spot nie, Oompie weet
Daar 's net één nooi wat ik bo almal stel.
Hard lines old chap, maar Freek jij moet onthou
(Hul druk mekaar die hand met verstandhouding. P. v.d. Gaart kijk op sijn oorlosie, maak 'n beweging van haast en loop die huis se kant toe, links bij die tafel verbij).
| |
Vijfde Toneel.
BEREND, later JAPIE BRITS.
(Binnekomend, weifelend).
D'is laat.... hul is al binne.... sal ik klop?
Is mijn besluit nou vas......?
(Hij gaat bij die tafel sit, peinsend, wanhopend).
Die tijd is kort, die keuse is aan mij,
Hier staan ik op die tweesprong van mijn lewe:
Daar lê die weg van ere, steil en lang,
Wat mo'elik tot 'n vroege dood mij voer
| |
| |
Of tot die oue dag berg-opwaarts lei, -
En daar die tuin van o'ervloeds rus en weelde
Met ope hek, wat lok om in te tree;
En voor m'n oge hang die rijpe vrug,
V'r mij, v'r mij, als ik maar net wil neem.
Wat wag ik nog, wat vra ik van die lewe?
Die beetje eer, wat is 't hier tog wêrd?
Die lewe is kort, en ons, wat is ons meer
Als 'n handvol stof wat in die graf verdwijn
En wat na weinig tijds vergete is......
Wie ken die name nog, wie praat van die,
Wat al die eeuwe ons daar is voorgegaan,
Wie denk hier om te prijs, en wie blameer
Waar deug als skuld in selfde nag verdwijn?
En is die diens van eere groot en skoon
En rijk die loon, aan krag en sielevrede,
Is dit nie selfsug wat die loon begeer
Als smart van ander harte dit betaal?
En 'k sou die liefste wat ik het verskeur......
Vergewing, Margareet! Ik kom, ik kom!
(geluid van iemand wat kom).
(Japie Brits, in kommando-drag, kom binne).
Veldkornet, ik was bij jou huis, maar hul het mij hier bedui, ik kom van die kommedant.
Daar is geheim berig ontvang, Veldkornet, dat d'r onraad is bij Westlandspoort.
| |
| |
Dit kan natuurlik nog nie die vijand wees nie, Veldkornet. Die saak is dit: Die geheim berig sê dat daar sekere persone is wat die omgewing daar opneem, persone in ons land wat met die vijand in verstandhouding is. En die orders is dat U dadelik met 'n wag van 20 man daarheen moet gaan, van nag nog, en dat U elkeen moet arresteer wat daar kom of die poort sou wil deurgaan.
Is al bijmekaar, Veldkornet, ik het hul al opgeroep op order van die kommedant; hulle wag voor die hek, daar is geen tijd te verlies nie.
(Half weifelend).
'n O'enblik Japie,...... ik moet net 'n briefie skrijwe...... en mij nog klaar gaan maak.
Ik kom in 'n o'enblik weer, Veldkornet.
(Hij gaat uit).
Hoe sal ik maak? Daar roep die burgerplig,
Op mij weet Kom'dant Nel kan hij vertrouw,
Hoe krij ik 't reg hem daarin te beskaam?
Ik het 'n plan.... 'n briefie aan Magreet
Dat hul mij wag in Kaapstad, ik kom gouw
Van Westlandspoort terug en vind hul daar.
(Hij skrijwe, Japie kom weer binne).
| |
| |
'k Is klaar, ou maat, nou moet ik eers naar huis.
(Hij leg die briefie op die tafel).
Kom saam met mij, ik moet mij net verklee.
(Albei weg).
(Gordijn.)
|
|