| |
| |
| |
Hoofstuk XII.
Kentering.
Toe Ampie, om die snymasien te beredder, in Booysen se groot stoor, hom op 'n baal tefgras neervly, is die snymasien al uit sy gedagte uit. - Hy loer rond of iemand hom kan sien, en gerusgestel, gryp hy 'n pakkie sigrets uit sy sak en begin te rook. - Gister het hy 'n pompoen so ongemerk opgetel, en optelgoed is almal se goed, het hy omtrent geredeneer. Daarvoor kon hy toe 'n pakkie sigrets ruil by die winkel. - Hy sal vir oom Kasper ook geld vra vir sy voorslae. Oom Flip het al die voorslae al afgeslaan. Hy is 'n renewasie op 'n sweep. As hy sy gebreide bokvel mooi aan voorslae sny, kan hy nog baie geld uit oom Kasper uithaal. Sy sweep is ook verniel. Oom Flip het hom klaar stukkend geslaan gister, maar hy sal hom moet uitbetaal, as Hester vir haar aanstel teen hom! ...
Die huiskat spring hier op sy bene, en knoor al skurend heen en weer sy lyf onder Ampie se lui hande, wat werktuiglik oor die ferwelige rug gly; wyl hy luier teen die bale, wat hier langs en agter hom opstapel tot bo die balke van die stoor uit. Maar sy aandag word wakker, toe die kat hom opraap na drie-vier bale hoër en vandaar onhoorbaar opspring tot heel bo, waar hy roofgierig, plat oor die bale met sy lenige lyf wegsluip langs die rand van die stapeling. Ampie vergeet nou om te rook, en skaars knip hy sy oë, wat lewe van lus
| |
| |
om die laaste beweging te volg van die skelmagtige bekruip daarbo. So fyntjies, amper onmerkbaar, tas die treetjies vorentoe, tot op die uiterste rand, vanwaar die kat sy spring sal moet neem om sy prooi op die muur te gryp.
Toe word die kat 'n deel van die posiesie, soos hy dit skielik omvat. Sy gees sien alles en sien verder, die gehele geval logies klaar. - Jy trap so ewe versigtig vorentoe oor die bale, en jy loer net vir die muis! Netnou-maar sal jy 'n grap sien; die voorste baal lê skramps en jy kruip reguit soontoe. En Ampie hou sy asem op, terwyl sy oë tintel van verwagting. As daardie kat nou spring, dan duiwel hy met baal en al daaraf ... Met hunkerende vreugde deurspeel die kans sy denke, en sy liggaam bly roerloos in die spanning. Net in sy oë gloei die smeulende genot, oor wat hy netnou moet geware. Die kat druk plat en platter steeds sy kop en lyf om lekker daardie muis presies met een spring te bemeester, en die kop vol roofsug suig die muis daar op die muur vas. 'n Afgebreekte streep, 'n dof gerommel, 'n stofwolk, alles blits hom verby en deurtril soos 'n senuskok Ampie se lyf. Dit was tog onverwag en hy skrik; maar net vir een sekonde. Toe bars die vrolikheid los in 'n histeriese lagbui vir die komieklike gebolmakiesie van die baal en die kat, gevolg deur die wild verwarde wegvlug deur die stoor, of daar honderd windhonde agter hom aanja. So mal en vinnig, verbouererd omtrent die koers, en met die komieklikste springe het hy nog nooit 'n kat sien wegvlug nie. En op die bale krul hy inmekaar van die lag terwyl hy broksgewys vir homself vertel: ‘Hy dog ... hy het die muis ... maar min het hy geweet ... dat ... hy daarbo ... sou afduiwel!’
Booysen kry vir Ampie in die toestand.
‘Niks uitgevoer nie nê Ampie?’
| |
| |
‘Omie, die kat!’ ...
‘Lag klaar en doen jou werk, netnou sal ek weer kom!’ Booysen dwing homself om bars te kyk en streng te praat. Hy sien die bale in wanorde lê en vermoed die hele voorval en hy kan Ampie verstaan; maar Ampie voel of sy gelag hom nou wil seermaak; dit skryn hier binnekant, as sy hartslag opruk en dis of sy keel wil aan die brand slaan. Sy vrees vir Booysen het die vrolikheid verdring.
Hy pluk sy baadjie uit, en gooi hom eenkant op die bale, en weldra is sy ganse aandag by sy werk hier aan die snymasien. - Die gevolg is vuilsmeer van Ampie; maar dit traak hom niks nie. Hy voel betreklik gelukkig daaronder die masien, waar hy krul en skuif op sy rug en sy, oor die stoffige grondvloer, om al die ongemaklike moere by te kom, wat uit amper verborge plekke vir hom loer. Hy sukkel steun-steun, in moeilike houdinge, wyl hy hom soetjies uiter: ‘Dis 'n verkeerde moer hierdie! Vervlakste kind! Ek moet jou van die anderkant bydam!’ Hy veeg met sy beoliede hande die sweet van sy gesig af, en 'n donker oliestreep daarop. Die geweldige kuif van hom, wat hy onder geen omstandigheid wou mis nie, val telkens weerbarstig oor sy oë. En daardie kuif dwing net om vir Ampie ongeduldig te maak. Hy rol so skraps-skraps onder die masien deur, dat die stof oral aan hom vashou, en sy hempsmou aan een van die baie haakplekke, waar 'n lap agterbly. Dis ook 'n weinig brandstof op die vuurtjie van sy drif. Hy slaan die flenter van sy hemp, wat loshang soos 'n gedermte, om sy boarm, en druk die orige punt weg in sy armholte. - Met 'n swaar slag slaan hy nou die skuifhamer op sy plek. Sy kuif is alweer in sy oë.
‘Vervlakste kind! ... Jy soek my nê? Ek sny jou af sowaar! ... Ek sal jou die slag wys!’ Die laatste is
| |
| |
vir die moer bedoel. - Kort-kort vorder hy 'n half draaitjie soos hy dink. Hy word moeg van die gesukkel, en met elke probeerslag driftiger. Hy vorder niks nie.
‘Die verbrande ding het die ewige omdraai! Jy dink verniet jy sal vir my wen! Ek kap jou kop af met die koubeitel, netnou! netnou!’ Hy kyk kwaai na die temptasie, so koud en onnosel daar in die masien se hoek.
‘Verduiwelde moer! ... Ek sal solank hierdie een perbeer, hy is òper om by te kom! ... Dis ook 'n taai duiwel!’
Hy steun en sug, en die sweet tap hom af, die oliekolle oorvlek sy gesig, en sy kuif het hy al wou uitruk, as dit nie so seer was nie; maar toe die skroefhamer glips en hy sy kneukels teen die harde koue ysfer stamp, toe raak die woede hom baas. Hy slaan die dooie ding hier bo hom met die hamer bont. - Dit traak hom nie, waar hy slaan nie. Hy wil hom wreek, hoe, kan hom niks meer skeel nie. Hy wil maar slaan en slaan in sy wrede woede, wat hy met elke hou opsweep tot 'n waansinnige gemoker; tot hy naderhand magteloos, doodstil op sy rug bly lê, wyl sy oë rol soos die van 'n ongedierte, deur sy vyande vasgekeer.
Sy wrok woel met sy sinne soos met speelgoed. Hy wil hom wreek! Maar alles is gevoelloos, dood, net Ampie self is lewendig en vyandig teen homself. Met stille woede kruip hy toe onder die masien uit en -
‘Ek wil my dood maak! Uit die pad uit! Ek wil vrek! vrek!’
‘Dis nie nodig nie Ampie!’ klink die swaar stem van Booysen, wat soos 'n teëgif al sy kwaaiheid dood, en hom 'n ding maak, wat 'n mens kan rondstoot, optel of wegsmyt.
‘Ek sê dis nie nodig dat jy jouself moet doodmaak
| |
| |
nie, Ampie, kom maar hier-na-toe.’ En Booysen het sy knipmes uitgehaal en oor sy skoen 'n paar slae heen en weer geslyp.
‘Kom lê maar jong! Ek sal jou keel afsny!’
Toe voel Ampie hom so nietig as 'n wurm en teësinnige trane spring in sy oë, deur 'n gemengde gevoel van hartseer, magteloosheid en verset ...
'n Goeie ruk later slenter hy besluiteloos af na die vrugteboord. Dis etenstyd, maar hy voel te nukkerig vir kos. Virwat moes oom Kasper hom daar by die masien betrap? Oom Kasper kan hom maar liewerster 'n goeie pak gee, maar hy moet daardie stil maniere van hom laat staan. - Hulle wag seker nou vir hom met die ete. Hulle kan hulle kos maar hou. Hy sal hulle wys, hy sal nie eet nie! Sy plan is om na sy ou maat toe te stap. Hy het ou-lakob in twee dae nie gesien nie, en sy hart voel baie beswaar. Die vrugtebome bloei al enkelt in die boord; maar die totale indruk is nog pure winter. Ampie kan maklik deur die bome, vèr teen die bulte sien, en uit die koers van Vlakplaas, geware hy iemand, wat daadlik sy belangstelling oproep. Dis Bart, sowaar! Hy voel weer lewe, en lus om te rook. Dis darem lekker as 'n mens sigrets kan koop, wanneer hy wil. Booysen sal so'n paar ou pompoenijies nooit mis nie! ... Bart kom speel-speel op sy mondfluitjie nader en sou reguit na die huis toe verby gaan, toe Ampie hom roep.
‘Haai jong, kom hier-na-toe! Jy loop verkeerd!’
Vol vrolikheid neem Bart sy neef van top tot tone op.
‘Jy lyk nou soos 'n sirkusman Ampie, jou gesig is net so kollerig. Net jou hare is in die fessing! Gee vir my ook 'n sigret jong!’ Ampie trek sy beoliede gesig in 'n breë lag, terwyl hy een oorhandig.
‘Jong, waar kry jy hulle?’
‘Ha boetie! Ek is nie vandag se kêrel nie! Dis vir my
| |
| |
om te weet en vir jou om uit te vind!’ Maar daadlik ernstiger vra hy:
‘Jong en wat gesels Annekie?’
Bart vat nou vrolik ook sy kans en sê:
‘Dis vir my om te weet en vir jou om uit te vind!’
‘Moenie vir jou mal hou nie jong!’ sê Ampie ergerlik.
‘Gee vir my nog 'n sigret, dan sal ek vir jou iets gee wat Annekie vir jou gestuur het. - Ek het vèr geloop om dit vir jou te bring!’
Bart handig hom 'n geel koevert oor, terwyl hy die sigret van Ampie neem.
Binnekant kry Ampie 'n baie presiese, klein opgevoude briefte, wat hy haastig oopmaak, en daarin tot sy ontsteltenis die ring herken, wat hy vier dae gelede vir Annekie gegee het; maar nou sonder 'n enkele steentjie. - 'n Benoude voorgevoel klim in sy hartslag op, hy probeer dit afsluk, wyl hy bangerig die brief regvou, om te lees. 'n Groot letter skrif, soos van 'n standerd drie skoolkind, wat skoonskrif skryf:
Liewe en nooit vergetene Ampie! Ek sit my neder om u te melde, dat dit met ons allen nog seer wel gaan, deur die Heere se goedheid, en ek stuur jou die kafferring terug en ek wil nie 'n jongetjie hê nie wat so laag van 'n meisie dink al die steentjies het die twede dag al uitgeval en ek wil nie meer dat jy na my vry nie. - Hopende die selfde van u te hoor u nooit vergetende nig
Annekie.
'n Wrede gloed as van 'n ongedierte het Ampie se oë wild gemaak, sodat Bart hom skraal hou, asof hy 'n bevlieging van Ampie verwag. Die neef het mos almelewe die onverwagte nukke.
| |
| |
‘Jou suster is somar vuilgoed!’ raas hy gedagteloos blindweg. ‘Sy is totaal bevoeterl Sê jy vir haar, sy kan na die hoenders gaan met ring en al! Ek gee g'n flenter om nie! Sy dink glo nou om my te vermaak hê? Dis bog! Sy 's laat jong! Ou Bart jong, sê vir haar, sy ken nog nie vir Ampie nie! Wat traak dit my met Annekie? Dis nie 'n handvol nie, dis 'n landvol! Dis nie geplant nie dis gesaai! Kyk hier ou-Bart en sê vir Annekie wat jy hierdie heden sien!’
Hy skeur die brief in skulfertjies en trap die ring onkenbaar in die gruis, so driftig of 'n bose hom besiel, en in sy binnenste heers 'n brute moed om alles te onderneem. Bart voel benoud, dit lyk of Ampie hom kan aanvlieg, as of hy Annekie is, en hy beding goedmoedig:
‘Annekie is somar mal Ampie, sy weet nie wat is wat nie, haar kop is deurmekaar van nonsens!’
‘Bart, jy praat somar deur jou keel! sê jy vir haar: Ek, Ampie sê, dis net vir my 'n kits en ek het aan elke vinger van my hand 'n nooi, sê vir haar, hier is Hester Staander, ek kan maar net my bek oopmaak en ek het die jawoord. En Grieta Booysen, ryk en goedgeaard, dis net vir my so'n paar draaie, en ek trou nog met 'n ryk jong nooi. - Ek gee g'n flenter om nie, Bart. Dis alkant selfkant! Dis pure twak met Annekie! Bart sê vir haar sy kan na die hel gaan!’
En toe het Ampie soos 'n besetene weggeloop en Bart daar in die vrugteboord gelaat ...
As 'n besetene stryk Ampie die bomerye deur en toe die veld in, onwillekeurig na die kamp toe, waarin ou-Jakob wei. - En onderweg het in sy sterkoorspanne hart 'n reaksie ingetree, wat breed en vol sy hart en denke oormeester, en die teer gevoel wat onder die mal woordgeraas, ondeurdag oor sy lippe uitgeborrel, gesluimer het, bedou die hitte van sy drif. - Die onver- | |
| |
wagte sekerheid, dat hy en Annekie nou uitmekaar uit is, groei in sy binnenste tot 'n groot smart. Niks in die wêreld sal hom nou kan troos nie. Hy wil maar liewerste wegvlug van die werwe, en net allenig daar in die kamp by sy ou maat vertoef, en treur langs ou-Jakob, wat stom en liefdevol vir hom sal luister, en verstaan die opbruisinge hier binnekant in sy hart, wat die mense nooit sal begryp nie. - Die esel het vir Ampie al bespeur, sy neusgate sper wyd oop, en in die groot droewige oë begin die blydskap oor sy koms te glans. Dis of hy vra, ‘Waar was jy al die tyd dan, Ampie?’
Sy nuwe lewe vol emosies het hom aan sy maat onttrek. Vandag druk die smart hom plat. Hy het vir Annekie verloor! En heel sy toekoms was vir hom en Annekie en ou-Jakob. - ‘Ag my ou maat, die wêreld slaan my hou vir hou. Dit smaak vir my of ek en jy uit hierdie wêreld sal moet trap. Ons twee kry g'n genade by die mensdom nie! Ja ou-Jakob, wie kon dit ooit gedink het nê? Sy sal nie meer aankomende jaar saam met ons boer nie. En ons sal Vlakplaas nooit weer sien nie ou-Jakob. Ja jong, die nooi het vir my afgesê,’ halffluister Ampie innig vir die groue, troue kop, waarteen hy leun, met sy arm om die ruie nek. En sy smart word verhewe, deur die troostende gevoel dat sy maat die swaar ook dra en stil hom wil opbeur, met sy bereidheid om nimmer moedeloos, saam met hom koers te vat. - Somber staan die twee lank roerloos; maar die stil leedgevoel verbree, soos olie op 'n waterplas, oor die skone simpatie, wat in die sombere kombinasie lewe.
Eindelik sug Ampie diep. 'n Droewige gemymer het sy gees so teer gemaak, as van 'n moeder, wat vol herinnering aan die graffie van haar kindjie kniel. En mymerend fluister hy maar verder. ‘Sy was ook baie gek na jou ou-Jakob. - Onthou jy nog die ander dag
| |
| |
op Vlakplaas? Jy het so naby ons gewei, toe ons twee, sy en ek daar in die dekgras saam gevry het en ons planne mooi agtermekaar afgespreek het. - Wie kon dit dink ou-Jakob dat dit die laaste same was van ons drie. Ek en Annekie en jy! Daar sal nou ander mense op Vlakplaas vir Annekie kom kuier ...’ Ampie se houding word nou vaster, regop, en hy staan voor die donkiekop, wat omhoog ruk as van verwondering oor die skielike gemoedsverandering van sy maat. Die groot ore, regop, vang nou die laaste woord van Ampie op. - ‘En Annekie sal netnou sekerlik 'n ander jongetjie kry ...!’ Hy gru van die moontlikheid en sy gees, sy ganse innerlikheid kom in verset daarteen.
‘Nee! wragtie nie ou-Jakob. Ons ry na al die slamse van die dorp, en laat die swernoot toor, wat dit durf waag om na Annekie te vry ... Ons sal haar voorlê, net diskant die plaat dekgras, langs die pad, so ongemerk, dat sy niks kan geware nie; ... en dan gryp ek vir haar en jy hou jou lyf reg vir ons twee saam. Dan pyl jy bosveld toe ou-Jakob, en ek sal haar bo jou vashou, vashou, vas in my arms, vas teen my lyf!’ ...
Gedurende die agtermiddag het Ampie met 'n stil nukkerigheid gewerk. Teen melktyd wou hy, ongewas en sy gesig vol oliekolle, sy hande swart nog van die vuil werk met die snymasien, die melkemmers wegvat uit die kombuis. Maar hier het Mevr. Booysen hom driftig gekeer en haastig, gedagteloos laat uitrol:
‘Mens kan somar sien, dat jy weer met jou mense deurmekaar was vandag!’
‘Tannie?’ vra hy oorbluf, en Mevr. Booysen voel daadlik, dat sy te veel gesê het.
‘Ek meen Ampie, dat jy nie terug moet gaan na jou ou gewoontes nie. Kyk hoe lyk jy! Loop gaan was jou eers!... En hoekom hè-jy dan nie vandag geëet nie hê?’
‘My kop was seer Tannie! Hy wil nou nog bars!’
| |
| |
‘Onthou dat ek vir jou vanaand, voor jy gaan slaap, iets daarvoor gee. Gehoor?’
Nukkerig het hy daar uitgestap.
Hulle moet vir hom laat staan. Die neulery gedurig, is hy nou moeg. Dit wil net heeldag was; 'n mens sou sweer dat hy die vuilsiekte het. Virwat is hulle dan so danig? Hy is mos g'n babatjie, wat heeldag opgepas moet word nie! Dis mos skoon vuilgoed, en hulle sal nie doodgaan daarvan nie.
Hy voel uiters onverdraagsaam. 'n Opgekropte gevoel gloei in sy binnenste, en die geringste wat hom nou sal hinder, gaan dit tref; mits dat dit swakker of weerloser is as Ampie. - Die ou gevoel, asof die ganse wêreld hom wil pynig en verniel, het sy gemurmureer af gebreek, en hy sal nou net luister na wat die wraaksug wil.
Die beeste stap langsaam op hulle verslapte winterpole, tam oor die plaaspad kraal-toe. - Glad te stadig nou vir Ampie, wat ongeduldig en sonder rede, haastig is.
‘Jaag aan, jou an-die-slaap!’ brul hy vir die kaffertjie, so kleinlik daar heel agter en daarby bulder hy die ruuste vloeke na hom toe, wat tot in Booysen se woonkamer deurdring.
‘Ou vrou, vandag sien ons Ampie in 'n ander lig. Ek sal my moet bemoei, met daardie wilde natuur. Dit gaan te erg!’
Die kaffertjie brom 'n antwoord uit, wat onverstaanbaar bly vir Ampie, maar net sy drif wakker maak, en sy bose verbeelding sterker. Dit wil hom voorkom, of die parmantige klein vabond hom gevloek het. Waar kom hy aan die reg om vir 'n witmens so te vloek? Hy sal geen kaffer hom laat vloek nie, al was dit wie! ...
‘Die duiwel sal jou ty as ek jou in die hande kry vanaand!’ Die dreigemont, bekragtig deur die vloek- | |
| |
taal uit die weer uit, laat die beeswagtertjie hengel daar agter sy sorg.
Ampie vlieg nou self onder die swak geboude winterbeeste in, en dryf hulle onbarmhartig vinnig opmekaar tot voor die kraalhek, waar hulle nou moet deurpars, verskrik en verbouereerd, sodat die deurgaan in die kraal baie vertraag word daardeur. Asof die stomme vee nou daarvoor kan, jaag Ampie die agterstes hier by hom vorentoe, met sy spantou en klippe, en vloekerige opgedryf, tot voor die hekopening een verwilderde massa beeste opmekaar bondel. Booysen staan van ver die strawwe doening en aanskou.
‘Basse jy sal die beeste verongeluk!’ sê die wagtertjie op eerbiedige afstand van Ampie.
‘Jy moet jou bek van my afhou, kaffer!’ Sy wraaklus is nou van die beeste afgelei en die kleinjong sny uit voor, na die woonhouis toe en skree uit angs: ‘Ou-baas! ou-baas!’
Toe verskyn vir Ampie, daar voor hom op die werf, Kasper Booysen, breed en groot, soos 'n stil mag om sy onbesuisde woede te verniel; en hy poseer daar in die vallende skemer, soos 'n regter om die barbaarse gees met vrees te vervul. Ampie jaag nie meer nie. Hy skree 'n bedreiging die kaffertjie agterna, dat hy moet kom help die beeste aankeer, terwyl hy op sy spore omdraai en brom-brom kraal toe sluip, soos 'n hond, wat weggejaag word van 'n vir die honde-instink, verkeerde plek. Hy voel dat Booysen hom volg en hoor hom sê: ‘Kaffertjie loop haal maar jou kos by die nooi, ek sal vir baas Ampie help.’ 'n Skelm vrees bekruip hom, en hy keer ywrig die beeste, wat onderwyl die werf vol uitmekaar gedwaal het. Booysen help hom aankeer. Stemmig stap die vee geduldig in die nagverblyf, en hulle twee sluit saam die kraalhek met die sluitbalk af. - Geen enkel woord praat oom Kasper nie, en
| |
| |
Ampie voel 'n groot bestraffing in sy stil baas se houding. Hy vrees, want die omstandigheid van heden, is vir hom vreemd. Hy kan die geheimsinnigheid nie vat nie, waarlangs hy ongestraf, amper ongemerk, oor die werf stap. Sy pa sou hom so half verwurg het maar hy sou in die geval nooit so langs sy pa gestap het nie; agter hom aan, ja, en by die minsverdagte beweging, sou hy skoonveld gewees het. Hoe kan hy nou hier weghol, terwyl oom Kasper glad g'n rede daarvoor wys nie? ... Hy slink hier soos 'n nietigheid, 'n slaaf, wat Booysen op die nek sal vastrap in die aarde, en hy sal berustend buk en stil bly. - Ja, hy sal bly wees amper, as oom Kasper dit wil doen. - Hy voel 'n aandrang om te flikflooi, om tog die aandag van Booysen ter herwin ... As oom Kasper maar net praat, dan is die wêreld reg ...
‘Het Omie opgelet? Blommetjie maak uier!’
‘Dit kan bes moontlik wees,’ sê Booysen en toe bestraf hy Ampie, soos 'n vader wat sy kind se hart wil raak, en Ampie lyk gedwee, boetvaardig. Maar Ampie voel soos iemand wat g'n hart of gedagte meer het nie, en Booysen praat verniel. Sy gevoelvolle teregwysing en tere bestraffing, kan op die growwe gemoed nie inwerk nie. - Hy kon net sowel vir 'n stuk yster sedepreek. Al wat hy teweeggebring het is die gevoel van voldaanheid en rus, omdat die vreemde stilte opgehou het.
Toe Ampie die aand wil uitgaan om te slaap, toef hy in die kombuis, en roep vir Grieta Booysen.
‘Nig Grieta, sê bietjie vir jou pa, ek roep hom!’
‘Ja Ampie?’ vra Booysen, half denkend, dat die seun 'n woord van spyt sal uiter.
‘Ek wou vir Omie net 'n bietjie gesien het asseblief!’
‘Ja?’
‘Het Omie nie altemit 'n los sikpens nie? Ek wou vir
| |
| |
ons twee voorslae by die koelie koop, want ons voorslag het oom Flip afgeslaan en ons kan nie sonder voorslag bly nie, dit sal die osse te veel verniel, want ek wil nie Oom se osse stukkend laat slaan met 'n stomp sweep nie. Oom se Kasper, ek verdra dit glad nie, dat 'n mens 'n os moet stukkend slaan nie.
|
|