| |
'n Snuifie vir Dr. Rutherford Harris.
(Na sij redevoering gehou op Newport, Engeland, op 25 Januarie 1899, oorgedruk in die Cape Times van 16 Februarie 1899).
Dokter Harris!... og man, waarom lieg jij so veel,
En bedrieg so jouw broertjies daar ginder?...
Die Jingo's, wat altijd die baas maar wil speel,
Die wêreld net onder hul selwe wil deel,
En wat hul nie het, nog van ander wil steel,
Als niemand hul daarin verhinder.
| |
| |
Jij weet mos, so goed als ons selwers, hoe fel
Jij die hals hul daar vol het geloge!
Als iedere kluit, wat jij daar het vertel,
Jou net maar een duim in die dikte laat swel,
Dan het jij daar seker gebars uit jouw vel,
En nooit weer die mense bedroge.
'n Man, wat, als jij, soveel kwaad het gedaan,
Of seg, het jij dit soms vergete?....
Is die bijnaam van Cactus jou heelmaal ontgaan,
Het die trommel van Grey, voor jou glad geen bestaan,
Of het Doornkopse moord nooit jouw hart nog doen slaan,
Of wil jij daarvan niks meer wete?
Jij het met die man, wat die plan het bedag,
Jouw kop in een mus toe gestoke,
En het same met hom al die regte verkrag,
Het same geknoei, en gewerk, en getrag,
Transvaal te vernietig, net so met een slag,
Maar dis jul daar suur opgebroke.
En nou durf jij daar so brutaal te gaan staan,
En loutere leuens vertelle?
Om elk, wat die naam draag van Suidafrikaan,
Wat trouw aan sij plig, op sij regte blij staan,
En nie met jul Jingo-troep mee wil het gaan,
Deur laster so bitter te kwelle?
Jij verdraai al die sake wat hier is geskied,
Moedswillig en sonder te blose:
Jul is mos hier meesters, en wat jul gebied
Dat moet ons maar doen, of dit reg is of niet,
En wie daar dan klaag, of geen goed daarin siet,
Die skel jul maar uit vir trouwlose.
| |
| |
Dit baat ons net niks, dat ons nou al een eeuw
Aan Engeland trouw is geblewe;
Al was ons gedrag so blank als die sneeuw,
Tog hou jul maar aan met jul uilegeskreeuw,
Dat ons dis-loyaal is, vol haat vir die Leeuw,
En trag om naar vrijheid te strewe.
Ons Jan, onse Leidsman, so edel en goed,
Wat nooit die geringst' het misdrewe,
Sij plig het gedaan met 'n eerlik gemoed,
Wat, - hoe ook gesard deur die jingo-gebroed, -
Steeds Engelands vlag als sij vlag het begroet,
En naar éénheid bij alle blij strewe.
Ook hom het jouw tong, wat vir lastersug gloei,
So min als die Bond, wille spare,
Selfs 'n Leraar der kerk liet jij nie ongemoei,
Want die waarheid wat hier van sij lippe gevloei,
Werd skandelik deur jou daar verdraai en verknoei,
Om lof bij jouw hoorders te gare.
Wat gee jij daarom, dat jij harte verwond,
Wie se trouw altijd klaar is gebleke?
Dat jij tweedrag nou kweek, waar eers eenheid bestond.
Dat jij skeuring verwek in die band wat ons bond;
En haatsug hier teel, wat eens Afrika's grond,
Met trane en bloed sal doorweke?
Wat raak dit jou alles,... so lang als jij maar
Die gebied van jouw baas kan vergrote?
Al bestaat daar geen grond vir die minste gevaar,
Tog roep jij, en skreeuw jij, en maak 'n misbaar;
Of dit reg is of onreg, daar vraag jij nie naar,
Want vir reg is jouw hart mos geslote.
| |
| |
Waarom?.... Og, die rede ken ons al te goed,
Ik sal dit jou reguit maar segge:
Dit is haat, om die bron, wat jouw beurs het gevoed
Nie hoor aan jou self, maar is andermans goed,
Wat dit suur het gekoop, meer als eens met sij bloed,
En dit nie aan jouw voete wil legge.
Nou doen jij jouw bes, - waar jij kan, - in ons land
Die vuur van die twis te ontsteke,
Wat gaan dit jou aan, als dit eers is ontbrand?
Jij sit mos so veilig en wel aan jouw kant.
En lag nog misskien om 'n daad, waar met skand
Die nageslag eens van sal spreke.
|
|