Die kwaaie huishoudster
(1918)–Melt Brink– Auteursrecht onbekend
[pagina 8]
| |
Doris.
(Val in). Vererg jou, nie waar nie?... Waarom jaag jij hom nie weg nie, en huur 'n goeie meid?
Klaas.
Als ek maar 'n goeie kon krij; daar sit die kwaad.
(Roep). Hans!... Hans!!... bring koffie vir baas Doris en mij.
Hans.
(Agter die skerm). Dadelik meneer! Ek soek na die vuurhoutjies; wag hier het ek dit al.
Klaas.
So gaan dit nou, daar is nooit iets bij die hand nie. Is dit nie verlore nie, dan is dit gebreek.
Hans.
(Kom in met 'n dosie vuurhoutjies). Ek kan geen enkel ene aan die brand krij nie.
Klaas.
Jou oliekoek!... het ek jou nie gesê nie, toe jij dit gister gaan koop het, probeer dit eers of dit goed is?
Hans.
(Toon hom die dosie). Ek het dit gedoen! Kijk, meneer kan self sien, ek het ieder stokkie eers afgetrek en almaal het gebrand.
Klaas.
Het jij nou ooit so'n stomme bobejaan gesien?... Hij het jou jandorie al die vuurhoutjies eers aan brand getrek en toe weer in die dosie gestop! | |
[pagina 9]
| |
Doris.
(Lag, en gee Hans 'n dosie wat hij uit sijn sak haal). Dáár oliekoek!... Dit sal seker brand.
(Hans af).
Klaas.
Dit is nie meer om uit te hou nie. Doris, jij is gelukkig om so 'n goeie vrouw te besit, als jouw Annie! Ag, kon ek dit ook sê!
Doris.
Ja, mijn Annie is 'n liewe, sagsinnige en sorgsame vrouw, en sij maak mij daardoor gelukkig;... maar seg tog vir mij, Klaas, hoe lang is dit nou al dat jij van jouw vrouw af is?
Klaas.
(Dink). Laat mij sien!... dis nou ruim sewe jaar geleë dat ek van haar weggeloop is.
Doris.
Ek kan mij nog nie verbeel nie hoe 'n man als jij so laf kan wees om vir 'n vrouw op die loop te gaan.
Klaas.
Arrie, Doris!... Hoe kan jij so praat? So 'n skepsel leef daar nie nog op die wêreld nie. Ek wil wed dat die duiwel selwers vir haar op die loop sou gaan!
Doris.
Maar man, dit is volstrek nog geen bewijs, want die duiwel gaan vir elke goeie en vrome mens op die vlug. | |
[pagina 10]
| |
Klaas.
Dit is seker waar; maar als hij vir 'n kwaaie op die vlug gaan, dan moet die tog nòg boser wees als hij self is. Wil jij glo dat sij in die drie jare dat ek met haar getrouw was, meer als dertig koffiekanne en trekpotjies op mij stukkend gegooi het! buiten nog al die dosijne kommetjies, glase en ander goed!
Doris.
Was sij dan so opvlieënd van humeur?
Klaas.
Moenie praat nie man!... Dinamiet en kruit kan bij haar nie kom nie, want daar moet jij nog eers vuur bij bring vóór dit ontplof; maar sij het 'n hele vuurspuwende berg in haar liggaam gehad, en haar mond was die krater!
Doris.
Nou, Klaas!... Nou skiet jij ook met spek hoor!
Klaas.
Volstrek nie... als sij jou eers vir veertien dae onder haar klouwe gehad het, sal jij anders praat.
(Hans bring koffie in twee oue kommetjies, set dit op tafel, en verwijder hom weer).
Doris.
Was jij misskien ook self nie te opvlieënd nie? Wie weet als jij haar met goedheid gepaai had, of sij nie anders sou gewees het nie. | |
[pagina 11]
| |
Klaas.
Mijn liewe vrind, jij praat nou soos 'n blinde oor kleure; ek het dit genoeg geprobeer; maar jij kan ewe goed probeer om 'n woedende leeuw met 'n klontjie suiker te paai of mak te maak, als vir haar...
(Drink sijn koffie). Foei!... hoe akelig en sleg smaak die koffie!
Doris.
(Proef ook). Bah!... Ja, dit smaak vuil en naar!
Klaas.
(Roep). Hans! Hans!! Kom hier!
Hans.
Ja meneer, hier is ek.
Klaas.
Wat het jij met die koffie gemaak? Hoekom smaak dit so sleg?
Hans.
(Met onnosel gesig). Ek weet nie meneer! Ek het dit tog goed laat trek!
Klaas.
Waarin het jij dit gemaak?
Hans.
In die oue koffiekan. Maar die sak was stukkend en toe het ek een van meneer se kouse uit die wasgoedmandjie geneem, en die koffie daarin laat trek. | |
[pagina 12]
| |
Klaas.
(Woedend). Jou morsige vark! Maak dat jij hier uit kom!... Wat vang 'n mens tog aan met so'n vent?
(Sodra Hans wil uitgaan, seg hij). Kom hier uilskuiken! Loop dadelik na die stasie, daar sal 'n juffrouw met die trein kom, juffrouw Hartlap is haar naam, neem die kruiwaantjie mee, en bring haar met al haar goed dadelik hier.
(Hans af).
|
|