Tweede toneel.
(Loop op en neer).
Nee! So kan dit nie langer gaan nie, dit is hier kompleet 'n huishouding van Jan Steen geworde. Die Hans breek alles wat hij met sijn hande aanraak en alles is ewe vuil hier. Ek is maar blij dat ek op die gedagte gekom het om 'n huishoudster aan te skaf.
(Haal 'n brief uit sijn sak).
Neef Karel Konkelaar skrijf vir mij uit Kaapstad, dat hij mij 'n juweeltjie van 'n huishoudster send; sij skijn suinig, oppassend, sindelik en sorgsaam te wees; juis wat ek vir mijn huishouding nodig het; en als sij nou daarbij goed en sag van humeur is en 'n hart vol liefde het, wie weet wat dan nog gebeur!... Mijn Sabina, die oue Xantippe is tog dood, als dit tenminste waar is wat neef Frekie Kapel mij voor anderhalf jaar geskrijwe het, en ek moet dit gelowe, want in die laaste twee jare het ek niks van haar gehoor nie; ek is nog nie te oud om weer te trouw nie;... maar nee!... laat dit maar blijwe, ek krij nog hoendervel oor mijn hele lijf als ek aan Sabina dink; en ek sal elke mens afraai om te trouw, want mijn lijde en ellende was àl te groot.
(Sien die brief in).
Sij sal met die tien-uur trein vanoggend hier wees. Ek sal strakkies vir Hans na die stasie stuur om haar met haar goed hier te bring.