Eerste toneel.
Klaas, Hans.
(Sit bij die tafel die koerant te lees, terwijl Hans met 'n ou stomp van 'n besem die kamer veeg en met 'n ou stuk lap die stof van die stoele slaan).
Hans! Is daar geen beter besem in die huis nie?... Jij doen niks als op die vloer stamp met die oue stomp!... Verlede week het ek 'n nuwe gekoop... wáár is dit?
Dit is dieselfde, wat nou al so afgeslijt is; ek moet alles daarmee veeg: die huis, die agterplaas, die stal, die hoenderhok.
(Terwijl Hans 'n tafelkleed vol skeure en gate oor die tafel sprei).
Is daar geen beter tafelkleed als dit nie?
Nee meneer! ek het die ander ene gister uitgewas, en toe is die ou bok-ooi van baas Piet gekom, het dit van die heining afgeruk en amper heeltemaal opgevreet.