Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekend
[pagina 178]
| |
Hoofstuk VI.
| |
[pagina 179]
| |
die eintlike koeranteweseGa naar voetnoot1) word verslae en kritieke veel reëlmatiger - selfs die Kaapsche Courant versondig hom weer 'n paar keer daaraan. Hierdie periode sien besondere bloei. Dit sien ook die eerste bestryding van toneel, met sy dood uiteindelik as gevolg daarvan. Reeds die kindertoneel het in die twintiger jare proteste uitgelok op ‘sedelike’ gronde. In die later dertiger jare word dit 'n stryd op lewe en dood tussen die toneel en wassende dweepsugtige Metodisme, waarby die Metodisme oorwin. Intussen het die toneelskrywery 'n goeie aandeel gehad in die stryd teen oordrewe Metodistiese filantropie. Ek bedoel Boniface met De Temperantisten in 1832. Uit hierdie sukses is selfs grotendeels die hernude bedrywigheid van Boniface - en Boniface staan vir 'n aansienlike deel Hollandse tooneel - te verklaar. As die Afrikaanse Skouburg egter in 1839 verkoop en vir filantropiese doeleindes ingerig word, sien ons die volledige weerwraak van die Metodisme op die toneel. |
|