27. ‘Die treurende minnaar’.
Hierdie minneliedjie wat die afskeid besing van 'n minnaar, van sy geliefde ‘sielsjuweel’ is wel miskien 'n volksliedjie, en seker ook 'n Afrikaanse minnaarsliedjie (vgl. Dr. L.v. Niekerk, t.a.p. bl. 179), maar dit het in woordvorme en in woordkeus 'n sekere mate van onafrikaanse sentimentaliteit, wat laat dink dat dit die subjektiewe ontboeseming kan gewees het van 'n indiwiduele digter. Die blomme in ‘bos en dal’ is beslis onafrikaans en konvensioneel.