wat in die ou dae in Suidafrika, veral in die Kaap-Kolonie, by bruilofsgeleenthede gesing werd: -
‘Schoonste dame vol van waarde,
Zie toch eens uw minnaar aan,
Want gij alleen zijt maar op aarde,
Die mijn smart genezen kan.’ (Vgl. Schonken, bl. 20).
Maar hierdie liedjie, wat ons uit mondelinge oorlewering in Potchefstroom opgeteken het, was nie 'n bruilofslied nie, maar 'n ‘koudleilied’.
Na die half-Hollandse taalvorme, die ongewone woorde ‘page’ en ‘rontern’, en die geheimsinnige gees van die geheel, beoordeeld, wil dit ons voorkom of ons hier te doen het met 'n Hollands-Afrikaanse minneliedjie van Hollandse oorsprong wat baie ooreenstemming vertoon met die middeleeuse Europese geheimsinnige ballades. (Vgl. b.v. die Engels-Skotse ballades ‘Clark Colven’ en ‘The Lass of Lochroyan’, e.a.)
Wat ook heel eienaardig is van hierdie liedjie is dat die wysie dié is van die Engelse piekniekliedjie: ‘We are jolly good fellows!’ wat ook al in Afrikaans gesing word as: ‘Want ons is lekker kêrels!’
Daar was 'n mei-sie van waar-de, My ron-my ron-de ron-
tern. Daar was 'n mei-sie van waar-de, Sy
kyk by die ven-ster uit; Sy kyk by die ven-