23. ‘Die besem, die besem.’
a. Lied en Spel: -
Alleen bij wijse van spesiale guns kan ons ‘die besem’ ook 'n plek gee op die piekniek-program. Hij kom daar in die werkelikheid ook soms op voor, heel selde egter, en waarskijnlik net onder hollandse invloed.
‘Hoewel het lied ook in Holland algemeen bekend is, zou het wel van Duitse oorsprong kunnen zijn,’ sê Schonken (O.K.-H.V. p. 64).
Die spelers sit (staan) in 'n kring, en word verdeel in vier seksies, wat na mekaar op die beurt bij die begin van die vier reëls inval, terwijl almaal in hul hande klap. Nog meer spesiaal dan ‘Aljare deur die bos’, is dit 'n kinderliedjie.