3. ‘Daar kom die wa!’
a. Lied en Spel: -
'n Baje bekende speel-liedjie, wat gesing word bij 'n gewone ringdans, is die van die ‘vier-perde-wa’. Soos gewoonlik, is daar nie veel samehang in die woorde nie - natuurlik nie! Want kijk die vier-perde-wa, seker vol vrolike jong-kêrels en nooiens, die wa sonder naam, kom na 'n plesier-geleentheid: 'n swaaierij en draaierij! En daarmee het samehang, of laat ons sê, logiese konsekwensie tog maar bitter weinig uitstaande, nie waar nie?
Die ‘tiekie-draai’ kom bij die slot-koeplet; bij die herhaling daarvan word ‘vervat’ en andersom gedraai.