Opsomming
Anna Maria van Schurman (1607-1678) was die eerste vroulike student in Nederland en het die reputasie van die geleerdste vrou van haar tyd verwerf. Van Schurman het 'n belangrijk oeuvre nagelaat, maar aangesien dit in tale geskryf is wat feitlik niemand meer ken nie, is sy minder bekend as was sy verdien.
Eerstens word die produksie- en publikasiegeskiedenis, die wije verspreiding en die resepsie van haar boek Opuscula Hebraea Graeca Latina et Gallica wat vir die eerste keer in 1648 en vir die laaste in 1749 verskyn het, bespreek. Vervolgens word daar vyf-en-twintig dokumente in Latyn, Grieks, Hebreeus en Frans (gedigte sowel as (akademiese) briewe) uit die Opuscula gekies wat Van Schurman se betrokkenheid by veral vrouevraagstukke van die tyd illustreer- byvoorbeeld by die studie van die vrou, by die stigting van de Universiteit van Utrecht in 1636, haar maagdelikheid en haar verhouding tot (geleerde en bevriende) vroulike tydgenote in vergelyking met manlike tydgenote. Van bogenoemde dokumente word telkens die oorspronkelike teks verskaf, sowel as 'n vertaling in Nederlands plus 'n histories kommentaar.
Die bestudering van die Opuscula Hebraea Graeca Latina et Gallica, prosaica et metrica, het gelei tot 'n beter beeld van Anna Maria van Schurman asook van die (nou meestal onbekende) vroue met wie sy gekorrespondeer het. Aan die hand van die Opuscula kan aangetoon word dat die reeds bekende Res Publica Litteraria, de Republiek van die Lettere 'n effens afwykende vroulike variant gehad het, naamlik 'n Vrouerepubliek van die Lettere, met Van Schurman as invloedryke middelpunt.
Verder kan aangetoon word hoe hierdie studie van belang is om die Renaissance beter en wyer te verstaan. Dit word naamlik toenemend besef dat die verskraling van literêre studies oor die Renaissance tot werke wat in die toenmalige landstale geskryf is, tot 'n verwronge beeld van dié periode kan lei. In baie lande was die meerderheid publikasies nog steeds in Latyn. Dit geld ook vir Van Schurman se werke. Haar kern-opus Opuscula Hebraea Graeca Latina et Gallica, prosaica et metrica is in Latyn (en Grieks en Hebreeus en Frans) geskryf.
Die oorgelewerde dokumente in Nederlands is nooit afsonderlik gepubliseer nie, behalwe postuum óf, tydens haar lewe, agter in werke deur mans geskryf. Deur haar Opuscula ook te vergelyk met haar (oorwegend vrome) Nederlandse werk kan aangetoond word dat die kerlike