| |
| |
| |
Phil du Plessis
(*) Gebore uit huwelik van Karel Erasmus du Plessis en Hester Petronella van Rensburg in kraaminrigting Fouriesburg, Oos-Vrystaat naby die grens van die huidige Lesotho op 22/3/1944. Belangrikste skoolopleiding te Grey-Kollege, Bloemfontein, hoofstad van die eerstijds Republiek van de Oranje Vrijstaat. Ten tye van matrikulasie inwonend by Victor Pohl, sy viool-onderwyser en bekende skrywer van memoires en dierestories, Springbokskut en hengelaar; werk ook in Nederlands vertaal. Du Plessis was baie verlief op sy dogter Martli, sangeres wat in Wene as liedersangeres studeer het en romanskryfster in eie reg. Haar dood in Nov. 1967 was 'n persoonlike tragedie. Du Plessis was in hierdie tyd 'n ywerige violis, het in enige bereikbare amateur-orkes gespeel, en ook verskeie uitsendings oor Radio Suid-Afrika gemaak. Hierdie aktiwiteit het hy voortgeset in Pretoria, waar hy in 1968 sy studies in die geneeskunde voltooi. Het op skool begin poësie skryf en in 1965 vir die eerste keer in Sestiger verse publiseer. Daarna gedigte in Trek, De Arte, Worp, Tydskrif vir Letterkunde, Wurm, Ophir, Contrast, New Nation. Was medestigter van Wurm, waarvan hy in 1967 die redaksie saam met Mariè Blomerus van De Waal Venter oor neem. Sluit in 1968 aan by die redaksie van New Nation. Na kontak met Vlaamse digters publiseer hy werk in Labris, Yang, Argo en Artisjok. Musikale en literere kritiek verskyn in Die Transvaler en News/Check. Sien die taak van die skrywer as sosiale erosie, in sy kuns as die hantering van abstraksies, voorwerpe in woord. Sien die rol van engagement ewe sterk in konkrete sowel as liriek, die veld van betrokkenheid verskil net. Nou betrokke by die beeldende kunste, veral by die werk van Walter Battiss, saam met wie 'n film, Tauro-machia beplan word.
A Wie ‘Zuid-Afrika’ zegt denkt niet in de eerste plaats aan zon
| |
| |
of aan ‘Kaaps Fruit’, maar aan rassendiscriminatie. Hoe staat u tegenover het apartheidsprobleem?
P Ek kan sê dat ek apartheid basies steun as die beste manier om 'n primitiewe gemeenskap pynloos te lei na volwassenheid in 'n mededingende westerse atmosfeer. Ek sien apartheid egter merendeel in die sin van die respek vir nasionaliteit, eie gewoontes en die drang in die mens na eie gebied waar hy baas kan wees oor homself. Die regeringsbeleid, veral die gevolge daarvan in die sogenaamde petty apartheid vind ek natuurlik absurd en onnodiglik onmenslik. 'n Mens voel genoop om te sê dat die regering nie weet wat om met 'n basies goeie beleid te maak nie - maar nou ja, dat is politiek en politici weet miskien alte goed wat hulle doen in terme van manipulaties om die een of andere seksie te bevredig. Hier heers tog 'n wit demokrasie wat die wit regering moet eerbiedig. Heel belangrik differensiëer ek nie op grond van kleur nie, maar t.o.v. kultuurgroepe. Kleurlinge is ook Afrikaners.
A Wit-demokratie, zegt u, wat betekent dat? Is dat nog wel demokratie? Zo zou men ook kunnen spreken van vrouwen-demokratie (waarin alle mannen officiële pantoffelhelden zijn geworden).
P Natuurlik 'n wit demokrasie, of 'n demokrasie waar die wat nie van Europese afkoms is nie weinig rol in speel, behalwe in 'n raadgewende hoedanigheid. As jy wil, noem dit 'n oligargie wat besig is om gebiedsgewys aan die helote segging oor slegs hul eie sake toe te sê. Dit is 'n demokrasie soos die van Brittanje wat besig is om helote (Indiërs) in Indië maar nie in Brittanje nie regte te gee. Die feit dat Brittanje aan hierdie Indiërs Britse burgerskap gegee het was 'n geval van blatante heuning-om-die-mond-smeerdery. In Suid-Afrika gebeur dinge meer reguit. In die swart state sal daar later, in die Transkei soos in die res van Afrika, grootliks 'n swart demokrasie heers as daar op hierdie kontinent al ooit so-iets bestaan het. Orals verrys daar 'n karikatuur van Le Grande Charles. Die Naturelle in oorwegend wit besettingsgebiede word beskou as essensieel uitlanders alhoewel hierdie standpunt later sal moet verander en aan hulle meer as net lokale outoriteit gegee sal moet word.
| |
| |
A Schrijven Zuid-Afrikaanse auteurs veel over het apartheidsprobleem?
P Die apartheidsprobleem is in die Suid-Afrikaanse literatuur so oud soos die literatuur self. Die jongeres is intens bewus van die blanke se gevaarlike posisie hier en die angs aan die hele situasie eie, bv. D.P.M. Botes, van wie daar enkele gedigte in ‘Komma’ verskyn het.
A Oefenen die schrijvers druk of invloed uit op het apartheids-beleid?
P In die tydskrif ‘New Nation’ het Dr. P.G. du Plessis onlangs gesê: ‘Achievement can be a rather vague word. It means one thing to politicians, something else to literati, and something else again to businessmen. Moreover, determining literary achievement in non-literary fields is difficult. Weaker word generally has the greater influence: the yellow magazine is always more widely read than the best poetry. Thus literature's non-literary achievement, its moral, political and economic influence is usually small in its own times. Great literature makes its influence felt over many centuries.’
A Benaderen de Engels-schrijvende Zuid-Afrikaanse auteurs het apartheidsprobleem op een andere wijze?
P Die Engelse outeurs was indien enigiets nog meer prolifiek t.o.v. rassesituaties en moontlik 'n bietjie meer spesifiek. Alan Paton se simpatie met die droë lewe in 'n droë naturellegebied in sy romans is oorbekend. Sentimentalisering soos by Paton help egter nie veel nie, veral wanneer dit kom van die kant van die Engelse kapitaliste wat die arbeidsituasie die meeste hier uitgebuit het. 'n Beter boek as Paton sy ‘Cry, the beloved Country’ is F.A. Venter se ‘Swart Pelgrim’. Dit behandel presies dieselfde probleem. Die eerste is 'n sentimentele politieke pamflet, laasgenoemde 'n goeie kunswerk. Onder die Bantoes wat in Engels in die koerante en elders skryf is dit natuurlik 'n geliefkoosde onderwerp: bitterheid oor die verlore tradisies van slumwoonbuurte, apartheid, ens. Die ervarings van die ongesofistikeerde plattelander van 'n reservaat af is 'n geliefkoosde onderwerp, heimwee na die stat, daar is selfs ook al films van gemaak.
A Hoe is de positie van de gekleurde schrijver? Heeft hij publi- | |
| |
katiemogelijkheid
in door blanke geredigeerde tijdschriften, heeft hij contact met blanke auteurs?
P Die posisie van die eerlike gekleurde skrywer/digter/intellektueel is vandag in Suid-Afrika presies identies aan die posisie van die eerlike blanke skrywer/digert/intellektueel behalwe dat die blanke wette het wat hom beskerm, maar hy kan tog nie vir daardie wette verantwoordelik gehou word nie - hy het hulle nie gemaak nie. Kan jy die Russiese volk beskuldig van die misdade van die maghebbers in die Kremlin?
A Wat bedoelt u precies met ‘eerlik’?
P Eerlik is hy wat nie in sy werk doelbewus feite om politieke, en nie poëtiese gewin verdraai nie. Hierdie laasgenoemde is 'n algemene gebeurtenis. Dink maar aan die poëtiese hiperbool van Nasser se politieke toesprake. Die Jode sal hom dit nooit vergewe nie. Hier het ek met kleurling ook bedoel halfnaatjie en nie Bantoe nie. Die swart skrywers word deur die Afrikaanse skrywer nie as broeder aanvaar soos wat met Adam Small gebeur nie. Die swart skrywer moet versigtig wees om 'n eerlike haat teenoor die blanke te openbaar, veral as hy dit in kommunistiese of terroristiese term stel. As hy dan nog soos Mandela by baie gevaarlike terroriste-organisasies betrokke raak, land hy in die tronk vir ‘Openbare Veiligheid’. Daar is egter baie blankes hier wat sonder om gevaar te loop, baie simpatiek gesind was teenoor mense soos Can Themba. Ekself, Botes en andere.
A Ik zou nog even willen terugkomen op uw antwoord op mijn vraag over de positie van de gekleurde auteur, en wel waar u de verantwoordelijkheid voor die wetten ontkent. Voor mij, en ik sta met die houding niet alleen, is de blanke verantwoordelijk voor de onrechtvaardige wetten waarvan hij profiteert als hij er zich niet met alle middelen waarover hij beschikt tegen verzet. Wie lijdzaam toeziet hoe een misdaad begaan wordt is mee schuldig.
P Laat ek begin deur te sê: ons het vrede in Suid-Afrika. Geen rassebotsings nie. Waar elders het jy so 'n vrede tussen rasse? Die Vlaminge en die Wale? Die relletjes van Leuven? Die slagting in Nigerië? Amerika? Die Midde-Ooste? Een spreek- | |
| |
woord
sê: Hond vreet hond. 'n Ander uitdrukking sê: Survival of the fittest! Ek weier om vir myself 'n kollektiew skuldgevoel aan te skaf soos dit wat deesdae aan elk witman en Duitser toegesê word. Ek is nie verantwoordelik vir die Engelse se koloniale wreedhede nie; my grootouers aan moederskant het self daaronder gely. Is die Belge verantwoordelik vir die tragiek en chaos van die Kongo? Die Franse vir Algerië? Die jong Duitser van vandag kan baie onvriendelijk voel teenoor die Jode vir wat hulle alles oor Duitsland kwytraak: ek nie, my beste vriend is 'n Joodse musikus. Ek voel geenszins verantwoordelik vir die wette wat gemaak is voor ek mondig was nie. Al hierdie beteken nie dat ek myself nie gaan beweeg, en dit wel reeds doen, om onmenslikhede uit die huidige status quo te verwyder nie. Dat ek gedeeltelik saamstem met apartheid beteken nie dat sekere aspekte van die wantoepassing daarvan my nie hoogs ontstoke laat voel nie. Dan moet nie vergeet word dat blanke nie altyd voordeel trek uit die wette wat hy of sy voorgangers gemaak het nie. Die huidige beleid dui op groot finansiele opoffering aan die kant van die blanke. Dit is een van die hoofdbesware, en Bantoestans moet eers ekonomies moontlik gemaak word. Om verder te gaan, hoewel ek nie soos 'n politikus die statistieke by my het nie, glo ek dat die Suid-Afrikaner wat wit is, net soveel aan die swartes bestee as die Amerikaner. Die basiese fout in die Westerse beskawing en die Westers-beïnvloede Ooste lê vir my veel dieper, naamlik in die bedrog van 'n beskawing wat in die industriële samelewing probeer voorgee dat die setup self voldoende persoonlike vryheid tot gevolg het. In hierdie kompetitiegees wat in die verrotte wêreld heers is daar mense wat beskerming nodig het, hierdie noodsaak veroorsaak 'n groot skuldgevoel indien daartoe slegs oppervlakkige uitvoering aan gegee kan word, nog meer vererger deur die verwerping van bv. die neger van hierdie beskerming. Dit laat die ma skuldig voel oor haar melk omdat die kleintjie nie wil drink nie. Die vryheid tot verwerping, word nie erken nie. Dit is tog 'n eeue oue skrywerskwessie. Natuurlike agressie van die kant van die blanke kan nie bloot gekanaliseer word in ontwikkelingshulp nie: dit is 'n omkering van
| |
| |
die basiese begeerte. Hoe om hiervan ontslae te raak weet ek nie. Die negentiende eeuse koloniale moordenaars - wie was hulle? - en hul voorgangers het minder inhibisies en minder frustrasies gehad - nou is ons beskaafd in ons kolonialisme - dit wil sê ons negeer ons basiese agressie en gebiedslus. Hou die spul uitmekaar en betaal met geld en bloed daarvoor - dit werk beter. Vir indiwiduele gemeenskappe het Marcuse miskien 'n plan. Of dit wêreldwyd kan werk weet ek nie. Het die wêreld en die Belge en Nederlanders werklik so min uit die Kongo-fiasko geleer? Is hulle so toe?
A Vlamingen en Nederlanders, voor zover het geen politici zijn, hebben veel geleerd. Maar hoe staat de Afrikaner-intellectueel tegenover al deze problemen?
P Die Afrikaner-intellektueel is miskien versigter, maar ek waag dit om te sê dat baie min, bitter weinig van hulle die huidige Regering volledig ondersteun, indien enige.
A Hoe zou u de atmosfeer waarin u werkt, dus schrijft, kunnen omschrijven?
P Nouja, ek skryf presies wat ek wil, en publiseer in die tydskrifte waarmee ek kontak het, presies wat ek wil. Indien ek uit eie keuse hier nie publiseer nie, stuur ek dit Vlaanderen toe. Die mense wat kla van isolasie, bewerkstellig dit self. Ek kla nie. Restriksies hier is altyd van eie skepping. Die isolasie wat hier ontstaan tenopsigte van kulturele sanksies aan die kant van die regering en vyandige buitelanders soos Brink en Breytenbach, omseil men gewoonlik heel maklik. Daar is min wat ek nie te lees kry as ek wil nie.
A Progressief zijn, wat betekent dat in Zuid-Afrika?
P Poëties beteken dit dat jy nie rym en metrum gebruik nie, politieksgewys dat jy staan vir een man een stem. Die progressiewes sal die spreuk moet wysig, want vrouens het reeds lankal stemreg!
A Denkt u niet dat de speciale Zuid-Afrikaanse situatie tot gevolg heeft dat de begrippen ‘democratie’ en ‘dictatuur’, ‘elite’ en ‘massa’ bijvoorbeeld er een andere inhoud hebben gekregen dan in Europa en in de rest van de vrije wereld?
P Die begrippe het nie 'n ander betekenis gekry nie, wel die verwysingsveld soos dit in enige ander situasie gebeur.
| |
| |
Demokrasie was nog altyd 'n onding, en diktatuur ook. Die elite is altyd 'n self-isolasionistiese groepie wat die nadruk plaas op geld of iets anders, die massa dit waar geen skrywer aan behoor nie. 'n Land soos Suid-Afrika, met die aksent op groepering, maak van elke groep die elite en van die res die massa. Die grootste enkele minderheidsgroep hier is die blanke natuurlik, met die Zoeloe, Sotho, 'n nabye tweede in die ranglys, wil jy die blankes in Engels en Afrikaans verdeel win die Zoeloe natuurlik (3 miljoen).
A Reageert de Zuid-Afrikaanse schrijver in zijn creatief werk of via pamflet, dagbladartikels, voordrachten, enz. gemakkelijk op allerlei actuele gebeurtenissen in de wereld of werkt hij geïsoleerd?
P Die Suid-Afrikaanse skrywer reageer natuurlik in sy werk. Dit wat vir hom betekenisvol is kom in sy werk uit. Tog wil hy nie forseer word om sekere onderwerp te behandel nie. Daar is sommige wat die hele tyd in koerante skryf. Adam Small, die kleurling. André Brink. Reaksie is natuurlik nie moontlik vir mense wat in die tronk sit nie. Maar nou kry jy Afrikaanse skrywers soos die here André P. Brink en Breyten Breytenbach. In die onlangse eerste nommer van die nuwe letterkundige tydskriffie ‘Kol’ pleit hulle weer vir 'n apartheidsletterkunde, iets wat reeds ouer as dertig jaar in S.A. is. Hulle politieke benadering mag dus progressief wees; letterkundig is hulle benadering middeleeus. Dit is natuurlik maklik vir die geldskrywer Brink en die geldskilder Breytenbach om vrot eiers na die skrywers in S.A. te gooi - goeie ou spreekwoord sê mos: die beste - is dit die beste? - stuurlui staan aan wal. Hulle is nie leiers in die Afrikaanse gemeenskap nie. Dit is lekker om in die veilige Parys te sit en dikteer en jou as leier van die Afrikaner voor te doen. Moeiliker is dit egter om leier tussen jou mense te wees. Dit is nog mnr. Breytenbach en nog mnr. Brink. Lafaarde is hulle wat revolusies in S.A. wil bepleit, tot opstand aanmoedig en self in die veilige afstand ver van hier in Parys sit. Langafstand-projektiele kweek nie leiers nie, maar outomate, knoppiedrukkers. Mnr. Breytenbach verwys na Guevara - een van die kokke van die utopiekoek, sou Etienne Leroux sê - maar
| |
| |
weet hij dat die Kubaanse revolusionêr selfs sy vrou verlaat het om elders sy oortuiginge uit te leef? Hoekom doen mnr. Breytenbach dit nie? Broekskyter! Terloops, in onlangse koerantberigte het hy openlik gepleit vit die Kommunistiese terroriste wat S.A. uit die Noorde binnedring. Hy noem hulle vryheidsvegters, ‘ons vryheidsvegters’. Maar wie is hierdie ‘ons’? want hierdie selfde meneer Breytenbach, wat die Nederlandse so belieg, het reeds talle kere daarop gesinspeel dat hy aansoek gedoen het om 'n Franse burger te word! Is hierdie terroriste nou die vryheidsvegters van Frankrijk? Het mnr Breytenbach al aansoek om Franse burgerskap gedoen? Nee? Hoekom nie?
A Hoe ziet u de verdere evolutie van de situatie in uw land?
P Die wêreld kan natuurlik ontplof in 'n vlaag van swart-wit geweld soos in die USA, met veel ongemak aan overheidskant. Dat dit sal gebeur is egter hoogs te betwyfel. Heel moontlik kan die veiligheidspolisie en die weermag (landsverdediging) dit afweer. Ek sou enige verdere geweld egter betreur, of dit kom van die kant van die sg. ‘onderdruktes’ of die sg. ‘onderdrukkers’. Die uiteindelijke resultaat is gewoonlik, in hier die eeu presies die teenoorgestelde van wat verlang is. Ek onderskei nie tussen geweld nie. Kom geweld van ‘onderdruktes’ hier, het ek baie deeglike bewys van rede daarvoor nodig, en dit bestaan vir my, wat hier sit, nie. Die situasie hier gaan lank neem om vir die swartman 'n gelyke lewenswyse te verkry. Lewensstandaarde is geen barometer nie; al is dit hier veel hoër as elders, kry die mynwerkers hier min geld... niemand, en veral die kapistalistiese Amerika wil die goudprys opstoot nie. Tog glo ek dat dit moontlik is om die geweldige tempo van ontwikkeling wat nodig is, te bereik, en dat die versnelling bou sal word. Die owerhede moet slegs gereeld daaraan herinner word, en dit vind plaas, van Afrikanerkant. Die wat in die buiteland sit en skreeu vermag niks anders as irritasie nie en versterk die konserwatiewe element hier.
|
|