Vooys. Jaargang 12
(1993-1994)– [tijdschrift] Vooys– Auteursrechtelijk beschermd‘Ek mis myself steeds minder’
| |
[pagina 52]
| |
van die dood. In die openingsvers (‘Teëspraak’) word 'n konfrontasie met die werklikheid aangegaan. Die pynlike daarvan word juis uitgebuit as inspirasiebron vir die digproses: al digtend werp die digter 'n skans op teenGa naar eind2. die verganklikheid, sy dit dan tydelik. Terselfdertyd word die digterlike werksaamheid geïroniseer as 'n ‘woordegegogel’. Die slotvers, ‘Envoi’, handel eweneens oor die digproses, met name die ‘(s)oete, subtiele, verdagte rym’. Rymdwang is 'n kenmerkende procédé en tema by Eybers; haar bundel uit 1987 heet byvoorbeeld Rymdwang. Die selfopgelegde tirannie van die rym kan soms tot frustrasie lei, maar gee dikwels aanleiding tot 'n verrassende en onvoorsiene produk. Deur haar te hou aan 'n strenge vormdissipline, slaag die digteres in die meeste verse daarin om die emosionaliteit van die versinhoud te temper. Haar grootste wapen teen ontroering bly egter steeds die ironie: rymend op ‘goedgunstige rym’ sluit die vers (en daarmee die bundel) byvoorbeeld met: ‘ek suig dit die volgende dag uit my duim’! Respyt getuig van 'n nugtere aanvaarding van onvermydelikhede. Daar is dikwels sprake van 'n verlange na die dood, wat beskryf word as 'n begeerlike staat van “onherroeplike rus” en “gewiglose swewing”’Ga naar eind3.. Die dood hou geen verskrikking in nie; inteendeel. ‘Uitkoms’ en ‘Evolusie’ lui die veelseggende titels van twee verse waarin die dood bestempel word as onderskeiding wat die mens aan die einde van sy lewe behaal. Ook in die sleutelgedig ‘Samevatting’ word die dood voorgestel as die beloning waarna gestreef word. In skrille kontras met die positiewe konnotasies wat aan die dood geheg word, word die mens veral teen die einde van sy lewe gereduseer tot 'n patetiese figuur. Die liggaamlike en geestelike aftakeling weens ouderdom en siekte maak die inspanning van die daaglikse sleur bykans ondraaglik - die lewe verskraal tot 'n ‘slobbergang’, 'n ‘ontluisterende geskuifel’ wat verder bemoeilik word deur die ‘verstrooide begrip’ en ‘meedobberende kop’. Met tipiese selfironie slaag Eybers in ‘Nogmaals facialis’ daarin om die pynlike proses te relativeer tot die ‘kaperjolleGa naar eind4. van verval’ deur die potsierlikheid van die ouderdomsverskynsels en aftakeling deur siekte (hier: 'n beroerte) aan die kaak te stel. Terwyl die daaglikse bestaan inkrimp tot die noodsaaklike uitstappies om kruideniersware te koop, slaaploosheid en herinneringe aan die verlede, word die proses van teleskopering ook op 'n geestelike vlak voltrek. Vele van die verse weerspieël 'n sterk drang tot inkeer, anonimiteit en eenselwigheid wat algaande lei tot 'n verminderde sosiale interaksie en 'n afkeer van openbare blootstelling, ook as digter. Die gevoel van ontheemding in 'n vreemde land intensiveer inverse soosGa naar eind5. ‘Uitgewekene’ en ‘Buitestaander’ tot 'n allesomvattende buitestaanderskap wat ook die land van herkoms en die literêre wêreld insluit. Dit word uiteindelik 'n krampagtige refleks ‘om my nog inniger/ in te spin’. Hierdie besonder geslaagde kokon-beeld suggereer enersyds 'n drang na isolasie van die buitewêreld en andersyds'n instinktiewe vasklou aan die lewe as laaste verwysingsraamwerk. 'n Hoogtepunt uit hierdie bundel waarin die dood van digterby beskou word, is ‘Uitsig op die kade’. Dit is 'n intieme vers waarin daar met grasie afskeid geneem word van die lewe, 'n toonbeeld van beheersing wat vorm én inhoud betref:
Uitsig op die kade
Nouliks vertolkbaar wat hulle my vertel,
spreeus, eksters, meeue, eende, kraaie, al
die ywerige dagloners van die wal,
die reier so afgetrokke opgestel.
Ek mis myself steeds minder. Ek bedoel:
as steeds meer buitedinge my gaan boei
dan sintels van inwendige gevoel
tintel dit of ek selfafstotend groei.
Vermindering neem waarneembaar toe. Ek hoop
om te voldoen aan omgekeerde bloei
en leeg genoeg te loop om vol te loop
met wat vanuit hierbuite binnevloei.
Riëtte Botma |