| |
| |
| |
Dichters onder het Zuiderkruis
Heimwee
'n Huis is iets wat teen 'n helling staan
deur son gekonfronteer aan elke kant.
Maar let op: sê jy huis in hierdie land
dan dui jy drie beknelde kamers aan.
Hier is geen op- of afwaartsneiging, geen
geleidelike hemelvaart, geen lig
behalwe diè uit draad en glas verdig.
Die eendersheid is redelik en gemeen.
Agter 'n grou en anonieme wal
hys die abrupte trap jou uit die straat
op na die sogenaamde huis en laat
jou later stiptelik in die straat terugval.
Nooit wesenlik, alleen kineties, mag
jou hartritmiek, jou ribbehok wat hyg
die dodelike waterpas ontstyg
terwyl jy knutsel aan 'n nuwe dag.
*
Navrae
Die aard van angs is dat dit tydelik kwel.
Verdriet, volgens 'n ou ballade, duur
twaalf maande en 'n dag, tot op die uur.
Die ritueel van rou is vasgestel.
Vreemd, van berou word nie so veel vertel.
Waar vind mens 'n betroubare gedig
om jou oor die vervaldag in te lig
van daardie individueler hel?
Slot
sy grypsug met geen sagte woord versoen.
haar saamstem deur geen helder handeling staaf.
En so volg woord op daad en daad op woord,
hul fladder en marsjeer noodlottig voort:
meedoënloos marsjeer die ruwe daad,
die sagte woord krys soos 'n honger raaf.
Nou het hul eindelik wat hul qil hê:
sy dade buk onder hul donker buit,
haar woorde sirkel weg in eensaamheid.
*
Afloop
As jy 3 maande lank kalenderloos
uit nooddruf vir die onbekende onbekende
die valbrug neerlaat, die beleëraar
se teer en tydelike triomf aanvaar,
daarna 3 afgemete weke lank
bevrore in die rigor mortis van ellende,
jou oë koppig op één kwas gerig,
kruisarmig uitgestrek lê op jou rug
en dan uit blinde wraaksug 3 dae lank
die gros van 50 vel prima gelinieerd
(Kantoorboekhandelaars Gebr. Winter)
soos 'n dik heipaal afsplits tot 'n splinter
bly alles hoe ookal nog ongedeerd.
| |
| |
Teenstellings
Van gister af roep Kokkewiet: Kom kyk
hoe heuningbekkies in hul groen en bruin
by elke blomskulp fladder, in my tuin
die boodskap bring dat koue verder wyk
die spitse op; maar onderwyl hul groet,
hul kelkies gretig ooprek om te luister
na wat die voëltjies in hul kelke fluister,
moet blomme ongemerk met nektar boet.
Kom kyk ook hoe die kerkhof, wyd omsoom
met bome, geurig in die geel son droom;
hoe elke graf se steen sy grou gesig,
omgloei en blakend, na die ooste rig,
- in rye soos gemeentelede wag
en bid om lewe in die jongste dag.
Maar elke Sondag roep die klokke: Kom,
kom almal, kom betree my skemer duister
en onderwyl jul bid en angstig fluister,
vergeet dat voorjaar buite bot en blom.
Kom uit die son, kom skuil in donker koelte,
en as die klokke ophou kerm en beier,
kom gelowiges se klaaglied wyer
op orreltone bewe uit hul swoelte;
en as die leraar op die stoel verskyn,
met hoë gloed verdeel sy brood en wyn,
bedui dat al wat lewe stoflik is,
vervlugtig soos die rookblou oggendmis,
- kom kyk dan hoe gebroke mense sit
soos rye kerkhofstene wat geboë bid.
Soul Erasmus Smit (ps. van Abel Coetzee)
Zuidafrikaans landschap (ets van Pierneef)
| |
| |
Die kiewiet en die krokodil
‘Luister, man, luister, kliek-kliekétie-kliek-kliek-kliek!
dis wat ek vrolik met my snawel op jou tande speel.
Want ek wil hê ook jy, ou krok, moet in my vreugde deel,
jy wat so nors en stug lyk en so bekaf, mankoliek.’
‘Laat my met rus, kiewiet. Ek wil hier soetjies lê en dink
- wyl ek my kos verteer - oor die ou lewe, hoe hy groei en bloei,
soos daardie rimpelende rivier verder, al verder vloei
om eindelik in die Dood se groot oop see stil weg te sink.
Ja, ek wil dink, diep dink... Ek het 'n grote taak op hande,’
‘En ek's die lente se herout! Luister hoe suiwer's my musiek,
my kiese keur-kadenza's, kliek-kliekétie-kliek-kliek-kliek!’
‘Klein bog, laat staan my kies! Denk jy ek't hare op my tande?
Ek wil die groot geheim deurskou tot by die sterrebane.
Verwyder jou, verdwyn! Jou ewige kliekétie-kliek-kliek-kliek
tel my kwaai op, gee my skoon tandpyn, maak my siek, siek, siek...’
‘Waarom dié lang gesig? Is dit 'n krokodil se trane?’
‘Dis van my diep, diep denke... Siel en gees en hart en hoof
moet almal één wees. Ja, ek weet die groot Herodotus
sê jy's my weldoener. Maar jy, verseg, laat my geen rus.
En hy's 'n joernalis en ek, wel, ek's 'n filosoof.
Ek streef na eenheid, ewewig...’
‘Hoe mooi my lied, hoe manjifiek!
Ek sing hom, speel hom, maak sing-sing speel-speel jou tande skoon.
En jy's my lier, my luit, klaroen, klinkende eksilifoon,
my baby grand, vleuelklavier, één skatkis van musiek!’
‘Ek peins hier oor die lewensin, die Waarom en die Hoe.
En jy, jy dink my tandestel's 'n slypsteen vir jou snawel.
Kry end, kaartman, skei uit, ek's sat van met jou redekawel!’
‘Maar jy's my tikmasjien en ek tik liefdesbriefies, billets-doux...’
‘Een liefdesbriefie nog, net één.
Hier kom ek, kom ek, aaits, skat van 'n krok, ou hartedief.
Hoe sing jou snare nou: “ek het jou lief, ek het jou lief!”’
‘Pasop of jy sal tande kners en lang lang trane ween.
Een kap, val Van die byl - en jy steek lepel in my dak.’
‘Ek kap hom uit! Ek kap hom uit! Tarara-boem-die-ei!
Waar sou jy 'n gevoeliger Appassionata kry?’
‘Waai, voëltjie, weg is jy! My ore is al lank 'n wrak.’
| |
| |
Luchtfoto van Kaapstad
‘Ek draf, ek dans, ek sing, ek speel, ek lag, lag in jou tande!’
‘Ik heb gezeg... kaplaks! Nou gaan jy dié gelag betaal.’
‘Help, help! O duisternis, o donker gat waarin ek dwaal,
verlore gans... van alle lig verstoke... O blinde wande,
yskoud en skerp en slymerig... helaas, wee my, waarheen,
waarheen my wend in dié stikdonkerte soos van die hel.
Hier spring slegs draketande op wat my wreed neer wil fel!’
‘Kliekétie-kliek-kliek-kliek, onthou jy nog? Wat het jy teen
my skone klawers skielik, kunstenaar, o virtuoos?’
‘Verlate in dié woesteny, alleen, alleen, alleen...’
‘Dis lente, man, die mooiste maand, en jy kla steen en been.
Sing, sanger, sing jou lied!’
‘O ingekerker, reddeloos...
O duisternis, verswelg my, groot groot stilte, eis my op...’
‘Jy's stil oplaas, goddank, lê met 'n bek vol tande daar.’
‘Ek sink... ek swyg... ek sterf...’
‘Ai, ai, kiewiet, hoe tries, hoe naar
vir een soos jy in wie die polsslag van die lente klop!’
| |
| |
‘...van smart... verdriet... ek stierf...’
‘Genugtig, Griet, nog is het einde niet,
jy praat nog, wek nog verre eggos in my holle kies!
Van waar dié krag? Help, help! Mon dieu... ek dog ek gaan nou nies.
Karnallie, ek moet kleur beken. Ek hou, man, van jou lied.
Net hou jou in, o hou jou in! Die maat, die heilige maat...
Ek weet die digter's van nature, ja, voor op die wa.
Maar raak hy te vermetel, vriend, kom hy homself te na.
Dis hubris, broer, wat ék en Aristoteles van praat.
Staan op, my Jonatjie, kyk ver, daarver, dié skrefie lig...
Hier kom die dag, die goue dag. En hy bring blydskap, hoop.
Nou jy jou bekkie sluit, rek ek my groot bek wawyd oop.
Toe vlieg, jy's vry. Onthou net, maat, die maat, die ewewig...’
Mistige dag
Al is ek skynbaar verydeld en bang
in hierdie wit onsekerheid gevang,
(Versigtig deur die ‘duister’ strate
loop vir knopkieries en slaggate;
vir die gedrogtelike swart dier
se poot in elke pilaar en muur)
is ek nog nie uit angs vir oë bloedbelope
deur 'n kroeg gevang en half besope
my nog veilig in hierdie spookvertrek,
want, glo ek, God, ver bokant my verstand
moet êrens in die dak U lampie brand.
De baai bij Hermanus, Kaap - Vissersboten worden uit de zee gesleept.
|
|