Elisabeth Eybers
Ekologie
Wie die prullemand volprop van dag tot dag
vra hom nie af hoeveel bome verteer
Sy vreemde, papiervernielende vak
wat vir driekwart bestaan uit magteloos wag
en die ongerymdste gewrogte kreëer.
In feite verdien hy om skuiling van tak
en geritsel van blare wreed te ontbeer
want die handjievol humus wat hy sal verstrek
na sy heengaan kan nimmer sy skuldelas dek...
Dog die aarde,terwyl hy haar lof sing, gedoog die digter sowel as die ekoloog.
Uit de bundel Nuweling (Amsterdam en Kaapstad, 1994).