Tirade. Jaargang 53 (nrs. 427-431)(2009)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 39] [p. 39] Fanie Olivier Gedichten En God as hy bestaan... neem haar na die soet soel dal van warm skaduwees van malse gras waar die sleutel in haar hand op alle deure pas die paar gebare om haar skielik duisend vlerke kry skitterend met betekenis verbind waar sy kan sluk van verbasing alles met ligte tred kan betree haar lyf soos altyd met oorgawe elke haar getel en op sy plek [sy weet, wees haar daarom ook nou seer welgesind en druk haar vas soos 'n ma haar nuwe kind] laat haar toe om tog in u son te lê net'n uur per dag tussen elf en twee gun haar'n huis om te bedryf 'n oond waarin sy kan bak en brou die tafel keurig gedek servette fyn gevou kristal waaruit die wyn sommerso vanself sal afloop in haar keel en laat haar onbesonne lag, o Here, laat haar weer lag en as dit by u mag ook onbedaarlik huil maar op my knieë veral o God, veral:laat woorde vir haar sin maak, oweral vir jou, my vrou 28/29 junie 2007 [pagina 40] [p. 40] jou dogter pak jou kaste leeg. weeg hier en daar iets teen haar lyf [haar neus is joune, besef ek weer]: sal ek dit later dadelik eien of het die grense reeds begin vervaag? staal mens jou teen herinnering se wei; is onthou om weg te hou, te weier, of te vier? hoekom sou sulke vrae soos 'n spreeu kom pik teen die vensters, soos uile in ons solder blaas? onnadenkend, stelselmatig word die een swart sak na die ander vol. ek pak dié koffers oulaas in die isuzu in: soos altyd, te veel, hoor ek jou sê. ek snak na jou asem, jy gryp aan my hart. [pagina 41] [p. 41] Krematorium op sy beste, so weet ons, reduseer 'n vers baie dinge, iets of iemand tot essensie: wat word, was vroeër was. en as is verbande hout, verbrande hart, verbrande oë, verbrande niere, verbrande gorrelpyp, verbrande tong, verbrande skouers en verbrande spiere; verbrande trekkies om jou mond, verbrande kuite, verbrande vingers deur my hare verbrande oorskulp, verbrande neus en longe verbrande spoeg, verbrande bloed in are verbrande lippe, plooie, klein gebare, verbrande uitgedorde brein; verbrande pyn en hartstog en verlange en plesier. die liggaam en die ander dinge disintegreer: ovum tot embrio tot jy en tot as: van stof is daar alleen ter sprake op papier as neerslag, oorskot en as raster vir die smart. Vorige Volgende