Tirade. Jaargang 52 (nrs. 422-426)(2008)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 65] [p. 65] Elisabeth Eybers Die ontmoeting Ek wou al wat ek het vir jou bewaar: die jonkheid van my lyf, 'n hart wat bly en sterk is en gelate om te ly en oë wat weifelloos en helder staar. Deur al die jare was ek wys en vroom in stil afwagting, en jy was nie ver want bo ons hoofde was dieselfde ster en in ons harte was dieselfde droom. Ek het alreeds die gretigheid geweet van jou gelaat en dikwels het ek jou stem gehoor met ligte aarseling en klem... Toen was dit dat opeens die sagte kreet van welkom klankloos bly: met 'n gebaar van vae ontsteltenis staan ons voor mekaar. Vorige Volgende