Tirade. Jaargang 4 (nrs. 37-48)(1960)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Sondag van 'n kind My vader, moeder, broer en ek het rape uit die land getrek, hulle in die spruitjie skoongewas en saam gaan eet op klawergras. Later toe ons by 'n waenhuis kom was al die bure saamgedrom, en by die een vervalle hoek lees iemand vir ons uit 'n boek. Klip na klip word van die muur gerol tot by 'n lam met raapwit wol. d.j. opperman Vorige Volgende