Tirade. Jaargang 4 (nrs. 37-48)(1960)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Wensbeentjie ‘Met alles afgepeusel tot die been, wat sit ons nog en beusel - nahongerig byeen?’ ‘Die diepste wens onuitgespreek, laat ons ten slotte mens teen mens span en ... breek.’ ‘Bekend of onbekend? Dis om 't ewe wie die kortste, wie die langste ent trek uit die lewe.’ ‘In spel as mens mekaar gekul, daarom nou ook: jý wens mý wens, ek joúe, word vervul.’ ‘Dis tyd vermors. Ons bly twee stuks: die mik verruk ... tot skerp bros splinters van geluk.’ d.j. opperman Vorige Volgende