Tirade. Jaargang 4 (nrs. 37-48)(1960)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Fabel Onder misbredie in die reën uitgestrek, voer twee erdwurms 'n spits gesprek oor ‘ek’ en ‘jy’ en ‘my kontrei’, oor ‘hier was eerste my krot van klei.’ 'n Toevallige graaf het toevallig gesak, die twee erdwurms middeldeur gekap: Vier erdwurms ruk slymerig voort - die ‘ek's’ en die ‘jy's’ twyfel waar hulle hoort. In digter bredie by die herontmoet het elkeen beleef homself gegroet. d.j. opperman Vorige Volgende