Tirade. Jaargang 3 (nrs. 25-36)(1959)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Elisabeth, Eybers Oorsig Van kindsbeen af het ek die boos- heid van die vlees geraai, so wêreldwars en argeloos het Vader dit versmaai. Maar Moeder was 'n donker vrou met 'n stiletskerp gees: van onversoenbaarhede sou ek later nooit genees. My pastorale vader wis haarfyn hoe alles hoort, teen elke ydelheid en lis gewapen met die Woord. My moeder het gevit, gevra, geluister en gelees; sy kon soveel verdriet verdra, so ondeemoedig wees. Van háár het ek die snelle drif, die onrus en die skroom, van hóm die vreemde teëgif van 'n ontasbre droom. Deur brakkerige dieptes kon my wortel weerbaar dring, ook ék haal uit mistieke bron my soet versadiging: 'n liefde wat geen lessing bring, niks ledig of sondeer, maar eensaamheid en hunkering verruklik raffineer. Met aftreksels van skaduwee moet ek my daagliks voed: my vader was die dominee, my moeder vlees en bloed. Vorige Volgende