Tirade. Jaargang 3 (nrs. 25-36)(1959)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Pantograaf My kinderjare-van-vóór-tyd het ek benut om altijd weer met angstige opsetlikheid vreemde ontwerpe te traseer: die tokkelossie het verskyn in vae spatsels teen die muur, krom drake in die meubelgrein, kwaai Zoeloe-impi's in die vuur... Hòe tyd sy roede oor my hou, bly ek nog wars van wat verward en sinloos strengel, tuur ek nou diep in die kykkas van die hart, verwondert dat na elke hort, ná elke nuwe skommeling, die skerwe weer gerangskik word binne hul ingeperkte kring: deursigtig, wisselvallig, fyn, naïef en vereenvoudig soos heraldiese patrone, klein, kaleidoskopies eindeloos. Elisabeth Eybers Vorige Volgende