Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde. Jaargang 41
(1922)– [tijdschrift] Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 312]
| |
Naschrift.Ga naar voetnoot1)So langsamerhand kom daar toenadering tussen die opvattinge van Prof. Hesseling en my. Ek is bly om te sien dat Prof. H. bereid is om die geval van Eva te laat rus, en ek neem aan dat hy nie langer in die instruksie van van Goens 'n bestryding van destyds bestaande toestande sien nie. Minder belangrike puntjies, waaroor ons nog van mening verskil, spring ek oor met die oog op 'n werk oor die ontstaan van Afrikaans wat binnekort sal verskyn, en waarin dié kwessies uitvoeriger bespreek word as ek hier kan doen. Die kern van bowestaande betoog is die twyfel wat gewerp word op die betroubaarheid van van Riebeek se rapport: dat in 1662 alleen Hollands en Hottentots aan die Kaap gespreek is. Dit kom my voor dat Prof. H. hierdie metodies so bedenklike stap doen op onvoldoende gronde. Hy neem aan van dat Riebeek nie die ware toestand van sake weergee nie, maar die toestand soos sy superieure dit graag sou gesien het. Dit op grond van die kennis van Portugees by die Hottentottin Sara, die wetenskap van van Goens dat die aan te voere slawe gebroke Portugees sou ken, en die hawetaal. Oor Eva besit ons voldoende gegewens om met 'n groot mate van sekerheid te sê dat sy haar kennis van Portugees in die huis van die Kommandeur en van sy Oosterse slavinne moes opgedoen het (De Nieuwe Taalgids XVI, 124). Die verklaring lê voor die hand dat Sara haar kennis van Portugees op dieselfde manier moes verwerf het, moontlik in die huise van die sieketroosters Wijlant en van der Stael. Ons weet dat Wijlant probeer het om Hottentotjies ‘lesen en schriven te leeren’ en van hulle weer Hottentots te leer (Godée-Molsbergen, Jan van Riebeeck, p. 95 noot). Pieter van der Stael | |
[pagina 313]
| |
was slaweskoolmeester en het hard probeer om die Hottentotte godsdiens en beskawing te leer. Albei het voor 1658 Oosterse slavinne in huis gehad (Godée-Molsbergen, t.a.p., p. 102 en Koloniaal Archief, No. 3969, fol. 388). Alleen wanneer ons aanneem dat Eva en Sara op so 'n manier kennis van Portugees opgedoen het, kan verklaar word dat geen een van die lede van die ontdekkingsekspediesie van 1660 Portugees geken het nie, hoewel Danckert, die aanvoerder, ‘goet ingenieur ende geometricus’, ‘in Italien gereyst heeft ende Dorhagen ('n ander lid van die ekspediesie) de latijnse tale can’. Prof. H. se teenwerping (Tijdschrift XXXV, 284) dat hulle alleen maar Maleis-Portugees sou geken het en daarmee bij egte Portugese nie tereg kon nie, mis alle krag. Selfs wanneer ons vir ‘Maleis-Portugees’ lees ‘krom-Portugees’, dan vra ek: Waarom sou krom-Portugees reg van bestaan gehad het in 'n Hollandse kolonie en onbekend wees in 'n Portugese? En as Hollanders dit nodig gevind het om die lingua franca van die Ooste te ken, dan tog seker ook Portugese? Uit die instruksie van van Goens kan onmoontlik onweerspreeklik blyk dat hy geweet het dat die aan te voere slawe krom-Portugees sou praat, omdat hy dit nie kon geweet het nie, alleen maar voorsiening wou maak in geval dit so was. Immers, die besprekinge met Here Sewentien omtrent die slawehandel op die Weskus van Afrika was al jarelank, buiten van Goens om, aan die gang, en as moontlike plase van herkoms was genoem Arder, Angola, Kaap Negro, Guinea, Popo, St. Paul de Loanda, terwyl ook rekening gehou is met die buitmaak van 'n Portugese slaweskip (Leibbrandt, Precis (Letters Received 1649-1662) deel 1, p. 227, 267, 285, 291, deel 11, p. 5, 11, 31, 35 ens.). Sommige van dié plase was ‘onder het district van de West Indische Comp. gelegen’ (Godée-Molsbergen, t.a.p., p. 102), sodat daar geen sekerheid was dat die meestal in die binneland gebuite slawe in die hawe met Portugees in aanraking sou kom nie. En meen Prof. H. werklik dat slawe aan boord van so 'n slaweskip, waar hulle 'n paar | |
[pagina 314]
| |
maande as troppe vee op mekaar gepak was in bedompte, beslote ruimte, in die geleentheit was om meer as 'n paar woorde Portugees te leer? Na aankoms aan die Kaap blyk dan ook nêrens uit dat die slawe Portugees geken het nie. Inteendeel, die blanke het blykbaar alle moeite gehad om iets van hulle te verstaan, voordat hulle ‘met gebroocken duytse woorden (al geleert)’ iets kon duidelik maak (Dagverhaal, 111, p. 496, 531). Wat die hawetaal betref, sê Prof. Hesseling: ‘Ik voor mij geloof dat de Hollandsche schepen een bonte bemanning hadden’ ens. Ek kan alleen herhaal wat ek in Afrikaans en Maleis-Portugees (p. 14) bewys het. In 1691 was 80% van die dienaars van die O.I. Kompanjie Hollanders. In 1656 het Hollanders en Duitsers tesaam 91% van die besetting aan die Kaap uitgemaak, Hollanders alleen 77%. Ek vir my glo dat op 'n Hollandse skip, waarvan die bemanning vir 4/5 uit Hollanders bestaan het, en in 'n Hollandse kolonie, waarvan die bevolking vir 9/10 uit Hollanders en Duitsers saamgestel was, die spreektaal Hollands was. Hierteen val m.i. nie te redeneer nie. Die gronde waarop Prof. H. van Riebeek van offisiële onwaarheid beskuldig, kom my, na wat ek hier aangevoer het, onvoldoende voor. Maar my hoofbeswaar teen die objeksie van Prof. H. is die volgende: Van Riebeek se Memorie is nie opgestel om Here Sewentien te oortuig van sy goeie administrasie nie, maar om sy opvolger in te lig. Afgesien daarvan dat die onjuistheid van 'n mooigemaakte rapport deur die eersvolgende Kommissaris van die retoervloot moes opgemerk word, sou Wagenaer, die opvolger van van Riebeek, hom nie neergelê het by 'n offisiële rapport waarin wantoestande verswyg en verdraai word waarvan hy later rekenskap sou moet gee nie! Op grond bloot van hierdie oorweging moet die Memorie van van Riebeek as betroubaar aanvaar word, en daarom neem ek aan ‘dat die rol wat Portugees in sy tyd aan die Kaap gespeel het, van so geringe betekenis was, dat van Riebeek dit nie die moeite van die vermelding wêrd geag | |
[pagina 315]
| |
het nie’. Die resultate van my studie in De Nieuwe Taalgids meen ek in alle opsigte te moet handhaaf, veral ook omdat ek in die Memorie van van Riebeek sien, wel nie die letterlike en hele waarheid en niks as die waarheid nie, maar tog 'n voorstelling van sake wat beantwoord het aan die werklikheid in so 'n mate dat niemand dit as verdraaiing of verswyging kan voorstel nie. Hierdie opvatting word bevestig deur die res van die geskiedenis, soos ek hoop om elders aan te toon. Vir Prof. H. se opvatting van 'n gewelddadige taalwysiging tussen 1658 en 1685 het ek geen bewyse gevind nie, en ek meen nog dat die begin van die Afrikaanse taaltradiesie omstreeks 1700 val, en dat die taal van die kinders daarby 'n groot rol gespeel het.
Den Haag. d.b. bosman.Ga naar voetnoot1) |
|