Nederland - Zuid-Afrika
‘Onze Taal’ heeft aan het Potchefstroomse Universiteitskollege een schenking van oude jaargangen gedaan, waarvoor de volgende dankbetuiging is binnengekomen:
‘Die schenking boeke wat u ons deur bemiddeling van die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereniging gestuur het, het ons in goeie orde bereik. ‘Die Raad en Senaat van die P.U.K. vir C.H.O. voel behoefte om u regtstreeks sy diepgevoelde dank te betuig vir hierdie waardevolle geskenk - waardevol deur die kommersiële waarde van die betrokke boeke, maar veral ook om die openbaring van simpatie wat daaruit spreek en om die morele steun wat dit vir ons beteken. Hierdie gebaar van u tref ons des te meer omdat ons besef in watter moeilike ekonomiese omstandighede Nederland verkeer na die oorlog, en ons sien daarin 'n openbaring van die diepe gevoel van verwantskap en vriendskap wat daar nog altijd tussen ons twee volke bestaan.
‘Ons het reëlings getref om sodra ook ander sendings wat nog onderweg is, ons bereik het, aan Hare Koninklijke Majesteit se Gevolmagtigde Minister te Pretoria, Sy Exsellensie Mnr. J. van den Berg, die geleentheid te skenk om al die boekeskenkinge vanuit Nederland by 'n openbare plegtigheid aan die P.U.K. vir C.H.O. te oorhandig namens die skenkers.
Verder kan ek u meedeel dat in elke boek 'n etiket aangebring word, waarop die naam van die skenker vermeld word. Sodra dit gereed is, stuur ons u ook nog weer 'n lys van werke wat deur u geskenk is.’